Dit is die einde van die maand. Ma se groot inkopietog lê voor. Sy moet 'n inkopielys saamstel van al die kruideniersware wat sy moet aankoop.
Opdrag 1
Hou 'n dinkskrum saam met jou ma en maak 'n lys van ten minste 20 verskillende items wat gereeld vir julle huishouding aangekoop moet word.
Watter van bogenoemde items word daagliks aangekoop?
Watter van bogenoemde items word weekliks aangekoop?
Watter van bogenoemde items word maandeliks aangekoop?
Waarom word sommige produkte daagliks of weekliks aangekoop, terwyl ander maandeliks aangekoop word? (Skryf soveel verklarings moontlik neer.)
LU 1.1 |
As jy moet dink aan die vervaardigingsproses waardeur elk van bogenoemde items op jou inkopielys moet gaan, sal jy besef dat dit baie verskil.
Opdrag 2
Sorteer jou kruideniersware onder een van die volgende opskrifte soos wat dit in die supermarkte aangedui word.
Geblikte produkte | Gevriesde produkte | Graan | Suiwel | Vars vrugte en groente | Skoonmaak-middels | Toilet-ware | Ander |
LU 1.1 |
Alle produkte het óf 'n dierlike, óf 'n plantaardige óf 'n minerale oorsprong. Dit is almal afkomstig van NATUURLIKE HULPBRONNE, dus grondstowwe wat deur die natuur voorsien word.
As ons na produkte soos vrugte en groente kyk, weet ons dat dit nie net in 'n vars en onverwerkte vorm in die supermark of kafee te kry is nie. ‘n Mens kry meer van vrugte en groente se voedingswaarde in as ons dit so vars moontlik eet. In ons daaglikse lewe het ons nie altyd die tyd om die vars produkte betyds te verwerk nie. Gelukkig kry ons deesdae die verwerkte vorms ook te koop. Dit is nou wel duurder en van die voedingswaarde het verlore gegaan, maar dit kan langer bewaar bly en ma hoef nou minder winkel toe te hardloop om vars vrugte en groente in die hande te kry. Sy kan daagliks ook gouer kos voorberei.
Opdrag 3
Dink aan soveel moontlik verwerkte vorms van vrugte en groente en skryf dit neer.
LU 3.1 |
Opdrag 4
Gaan na julle koskas by die huis. Kyk na die etikette van die ingemaakte (gepreserveerde) groente of vrugte. Vra jou ma se toestemming om 'n etiket of twee netjies van 'n blik af te haal en plak dit op ‘n los vel.
Beantwoord nou die volgende vrae oor die etikette.
Wat is die inhoud van die blik?
Wie is die produsent van die inhoud?
Wat is die graad van die inhoud?
Wat is die bestanddele waaruit die inhoud bestaan?
Hoe kan die orige inhoud bewaar word nadat die blik oopgemaak is?
Wat is die massa van die inhoud
met die vloeistof?
sonder die vloeistof?
Is die produk plaaslik of oorsee vervaardig? Motiveer jou antwoord
Wat is die energiewaarde van die inhoud per 100g?
Inligting soos "Best before April 2007" moet ook op die blikkie verskyn.
Wat beteken dit?
LU 3.1 |
Opdrag 5
a) Gaan kyk weer na die etikette op die blikke van plantaardige voedselsoorte.
Skryf die name van tien verskillende voedselsoorte neer en waar hulle vandaan kom.
LU 3.1 |
Opdrag 6
a) Gebruik meegaande kaart van Suid-Afrika en dui ten minste vyf verskillende plekke daarop aan waar sommige van jou voedselsoorte gemaak is. Maak gebruik van 'n atlas om die dorpe/stede te vind. Dui die naam met 'n rooi kringetjie aan met die naam in drukskrif daarby. Ontwerp ook jou eie sleutel, bv. om aan te dui watter voedselsoort by watter dorp/stad verwerk word.
b) Waarom is die inmaakfabriek vir groente of vrugte juis in die betrokke dorp of stad?
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Die Ekonomiese KringloopDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
1.1 beskryf die rol van huishoudings, sakeondernemings en die staat in die ekonomiese kringloop; |
1.4 verduidelik verskillende soorte belasting en hoe dit verbruikers en sakeondernemings affekteer. |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afvalprodukte. |
Ja, alle plantaardige voedselsoorte het hul reis na jou toe op 'n .................….. begin. Boere verskaf dus die GRONDSTOWWE afkomstig van die natuurlike hulpbron, nl. bome of plante, waarvan die uiteindelike produk vervaardig word. Die lug, water, land en minerale is ook voorbeelde van NATUURLIKE HULPBRONNE. Die grondstowwe word verskaf aan die VERVAARDIGER wat dit verwerk in FABRIEKE of NYWERHEDE. Dit is dus baie belangrik dat ons nie die natuur besoedel nie.
Dit is belangrik dat 'n boer sy grondstowwe teen 'n basiese prys verkoop wat hoog genoeg is om koste te dek en om 'n redelike wins te verdien, maar laag genoeg om sy goedere verkoop te kry. Vandag se regte prys kan môre heeltemal onvanpas wees as gevolg van veranderende marktoestande.
Die boer moet dus sy kostestrukture noukeurig ontleed sodat sy uitgawes, d.w.s. sy produksiekoste (lone vir werkers, kunsmis, water, vervoer na fabriek, ens.), nie sy inkomste oorskry nie.
Wat is kostestruktuur?
Dit is die beplanning om seker te maak dat die verkoopprys van 'n item alle koste insluit, asook voorsiening maak vir 'n wins. Dit is die enigste manier om sake te bedryf oor die lang termyn om nie bankrot te speel nie.
Agtergrond |
Daar is hoofsaaklik twee tipes boere, nl. kommersiële en bestaans-(selfonderhoudende) boere. 'n Kommersiële boer verkoop alles wat hy verbou en betaal die werkers wat die verskillende take vir hom verrig. Hy maak dus geld uit sy besigheid en voorsien ander mense van voedsel en goedere. Bestaansboere verbou slegs genoeg goedere en hou net genoeg diere aan om vir hom en sy gesin te sorg. Elke persoon op die plaas is verantwoordelik vir verskillende take en word nie noodwendig daarvoor betaal nie. |
Voltooi die volgende tabel om die verskil tussen bestaans- en kommersiële boerdery aan te dui.
Bestaansboerdery | Kommersiële boerdery |
| |
Voorsien kos aan ‘n groot aantal mense. | |
Verskaf werk aan baie mense. | |
| |
Voorsiening van water. | |
|
LU 2.1 |
Om goedere te maak, het 'n produsent materiale, arbeid, kapitaal (geld vir toerusting en geboue) en entrepeneurskap nodig. Dit is die vier faktore van produksie.
Wat is materiale?
Mense het materiale nodig om goedere te kan produseer. Dit kan GRONDSTOWWE (appels, eiers, minerale), semi-voltooide materiale (sy van 'n sywurm wat op 'n tol gedraai is, maar wat nog nie in tekstiel geweef is nie) of voltooide materiale (klaarverwerkte grondstowwe, om iets nuuts, bv. kledingstof, van te maak) wees.
Alle produsente benodig ook energie wat uit grondstowwe soos hout, steenkool, water, ens., verkry is.
Wat is arbeid?
Menslike arbeid is nodig om goedere te produseer of om dienste te kan lewer. Mense hoef nie net fisiek te werk nie, maar verstandelike arbeid word ook deur hoogsgeskoolde en opgeleide mense gelewer. Sommige produkte is ook arbeidsintensief (benodig baie mense), terwyl ander weer min arbeid benodig. Hierdie kennis en vaardighede van mense wat gebruik word om produkte te maak of dienste te lewer, word MENSLIKE HULPBRONNE genoem. Die vergoeding wat 'n werker in ruil vir sy arbeid ontvang, is 'n LOON of 'n SALARIS.
Wat is kapitaal?
Dit is die geld wat nodig is om geboue, toerusting, gereedskap en masjinerie te koop. 'n Produsent het kapitaal nodig om goedere te produseer of dienste te lewer. Die vergoeding wat die eienaar van die kapitaal ontvang van die mense wat dit gebruik, word RENTE genoem.
Wat is entrepreneurskap?
Goeie beplanning, bestuur, besluitneming en die bereidwilligheid om risiko's te neem, is eienskappe van 'n entrepreneur. Hy bring die materiale, kapitaal en arbeid bymekaar en verander dit in 'n besigheid. Die vergoeding wat 'n entrepreneur ontvang, word WINS genoem.
'n Tamatieboer lewer vars tamaties aan die plaaslike supermarkte, winkelsen kafees. Daar is verskillende mense en dinge betrokke by die verskaffing van die tamaties.
Plaas elkeen onder die korrekte faktor van produksie (tamaties, plaaswerkers, boer, banklening, verpakkers, stoor, trekker, sleepwa, plastieksakkies, sorteertafel.)
Materiale | Arbeid | Kapitaal | Entrepreneurskap |
LU 3.1 |
As die boer egter sy tamaties aan 'n fabriek lewer wat dit verwerk deur dit in te maak, sê ons dat die grondstof verander is in 'n finale produk. Die proses word PRODUKSIE genoem. Produksie is dus die omskepping van grondstowwe in nuttige goedere en/of dienste.
LU 2 |
Volhoubare Groei en OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink. |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
2.3 identifiseer stappe wat die staat kan doen om historiese wanbalanse en armoede reg te stel (bv. herverspreiding van hulpbronne, geslagsgelykheid, kapasiteitsbou, die herstel van menswaardigheid, die skep van geleenthede vir bemagtiging). |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afvalprodukte. |
Daar is hoofsaaklik drie soorte industrieë/nywerhede/bedrywe, nl. primêre, sekondêre en tersiêre industrieë.
Wat is primêre industrieë?
Dit is nywerhede wat betrokke is by die ontginning van grondstowwe uit die natuur.
Wat is sekondêre industrieë?
Dit is fabrieke wat produkte vervaardig, d.w.s. 'n nywerheid wat betrokke is by die omskepping van grondstowwe in goedere.
Wat is tersiêre industrieë?
Dit is die besighede wat die dienste lewer om die produkte aan die verbruiker te verskaf of die vervaardigde produkte na die verbruiker te vervoer (bemarking en verspreiding).
Sorteer die volgende industrieë onder die toepaslike hofie: banke, 'n inmaakfabriek, 'n koringplaas, 'n supermark, 'n haarsalon, 'n lekkergoedfabriek, visvangs, 'n eiendomsagent, 'n vrugteplaas, 'n beesplaas, denneplantasies, 'n groothandelaar, polisie, munisipaliteite, hospitale, skole.
Primêr | Sekondêr | Tersiêr |
LU 3.1 |
Omdat daar drie tipes industrieë is, kan ons ook sê dat 'n produk deur drie stadiums van produksie gaan. Alle produkte gaan deur die drie stadiums van produksie, naamlik
Dit word die PRODUKSIEKETTING genoem. By elke skakel in die ketting styg die prys. Wanneer jou ma dus 'n blik ingemaakte perskes koop, betaal sy vir die werk van die boer, die vervaardiger, die afleweraar, die groothandelaar en die winkelier.
Kyk na die onderstaande vloeikaart wat beskryf hoe tertappels gemaak word. Identifiseer die primêre, sekondêre en tersiêre stadiums van produksie.
Appels word in 'n appelboord op 'n plaas gepluk. | ||
Die appels word in die inmaakfabriekverwerk tot tertappels. | ||
Die blikke tertappels word na diegroothandelaar vervoer. | ||
Die kleinhandelaar koop ditby die groothandelaar. | ||
Hy vervoer dit na sy winkel. | ||
Hy verkoop dit aan die klante (verbruikers). |
LU 3.1 |
Gebruik prente uit ou tydskrifte en koerante en maak 'n plakkaat om die verskille tussen die primêre, sekondêre en tersiêre stadiums van produksie aan te dui. Plak dus prente van produkte wat in die verskillende stadiums verkry word.
LU 3.1 |
Vra jou opvoeder om te reël dat jul klas 'n plaaslike nywerheid besoek. Teken na afloop van die besoek 'n vloeidiagram met byskrifte van die PRODUKSIELYN waardeur die betrokke grondstowwe moes gaan om uiteindelik die finale produk te lewer.
LU 3.1 |
Die koste van produksie
Produsente het materiale, arbeid en kapitaal nodig om goedere te maak. Produksie kos dus geld, want daar moet vir elkeen van hierdie insette betaal word. Daar is hoofsaaklik twee kostes van produksie betrokke, nl. direkte en indirekte koste.
Wat is direkte koste? Dit is die materiale en arbeid wat nodig is om dinge te maak. Die direkte koste verander volgens die getal items wat produseer word.
Wat is indirekte koste? Dit is uitgawes soos advertensies en telefoonrekeninge wat nie direk aan die produksieproses gekoppel word nie. Sommige indirekte kostes is vaste bedrae wat maandeliks betaal moet word, bv. huur, rente, salarisse. Ander verskil van maand tot maand en hang af van die hoeveelheid elektrisiteit of water wat gebruik word en die hoeveelheid oproepe wat gemaak is.
Wanneer jy 'n produk wat jy gemaak het, wil verkoop, moet jy dit vir meer geld verkoop as wat dit jou gekos het om dit te maak. Voordat jy dus 'n produk maak, moet jy eers bereken wat dit sal kos. Dit is die PRODUKSIEKOSTE. Jy moet ook die produksiekoste uitwerk vir 'n diens wat jy wil lewer.
Aan die opvoeder: Laat die leerders die volgende opdrag in groepe doen.
Laat die groep 'n ander item kies.
Probleemstelling
Jy is 'n ywerige rugbyspeler wat elke Maandag en Woensdag saam met die res van die skool se seuns vir 'n uur lank oefen. Omdat dit 'n strawwe rugbyprogram is waaraan die afrigters julle blootstel en julle pootuit na elke oefening is, staan julle gewoonlik tou om net 'n slukkie water te kry by die twee krane by die rugbyveld. Jy het dadelik die moontlikheid raakgesien om met die afrigters se toestemming gevriesde lollies na die tyd aan die seuns te verkoop. Jy het hul mening getoets en die meeste van die spelers (±30) het gesê dat hulle jou ten minste een keer 'n week sal ondersteun. Nou moet jy aan die werk spring. Gelukkig het van jou maats aangebied om jou te help.
Besoek ten minste vyf verskillende groothandelaars/kleinhandelaars/supermarkte/ winkels wat lollies verkoop en voltooi dan die volgende tabel
Naam van Besigheid | Getal eenhede in 'n pak | Prys | Koste per eenheid(Eenheidskoste) |
(L.W. Elke lid van die groep kry 'n winkel om te besoek.)
By watter winkel gaan julle jul aankope doen en hoekom?
As julle 50% wins wil maak op elke item wat julle wil verkoop, hoeveel moet julle vir een item vra?
Hoeveel wins maak julle per item?
As jy besluit om weekliks 40 van die items aan te koop, hoeveel moet jy daarvoor betaal?
Hoeveel eenhede moet jy dus aankoop?
Wat is jou totale wins as jy weekliks 40 verkoop?
Hoe gaan jy die wins onder jou en jou maats verdeel?
Hoe gaan julle die items stoor as julle nie elke week alles verkoop nie?
Watter geld gaan julle gebruik om die eerste keer vir die aankope te betaal?
Watter geld gaan julle gebruik om elke week nuwe voorraad aan te koop?
LU 4.4 |
Uitdaging
Waarom probeer julle groep bogenoemde nie prakties uitvoer nie? Laat jou drome
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 3 |
BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afvalprodukte. |
LU 4 |
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel. |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word. |