Deur hierdie aktiwiteit sal jy die wonderlike wêreld van dans ontdek en meer uitvind oor die historiese agtergrond van die danse van ouer mense.
Agtergrond: Sosiale Dans
Dans: die mees artistiese van sosiale tydverdrywe en die mees sosiale van artistiese tydverdrywe.
In alle gemeenskappe vorm dans ‘n integrale deel van mense se leefstyl. Dans is nie net ‘n weerspieëling van die lewe nie, maar ook ‘n basiese menslike uitdrukking van die lewe self.
Terwyl die aanvanklike motivering om te dans meeste van die tyd ‘n sosiale een is en die struikelblok om die dans te leer uit die weg geruim is, vind baie mense die musiek, die atmosfeer en die dans die geleentheid om ‘n nuwe persona aan te neem. In ‘n oomblik kan die danser geestelik en emosioneel weggevoer word na omtrent enige scenario van hulle keuse – ‘n Texas dansplaas, ‘n elegante gala-bal in Wene, ‘n Karibiese strandpartytjie, ‘n deftige dansete in London se Weseinde, ‘n agterstraatse kroeg in Buenos Aires, ‘n karnaval in Copacabana, ‘n klub in ou Havana, ‘n bulgeveg in Valencia, ‘n New York-nagklub of ‘n kafee in Parys!
Die musiek en die plek skep die atmosfeer, maar dit is die danser wat sy eie individualiteit deur middel van die taal van dans uitdruk.
Jy hoef nie ‘n goeie danser te wees om die dans, die musiek, die stemming, die atmosfeer en, natuurlik, die sosiale lewe te geniet nie. Dans is toeganklik vir almal, ongeag hulle ouderdom of vaardigheid.
Dans is ook ‘n wonderlike manier om fiks te bly – fisies sowel as geestelik, en die wonder van dans is dat dit soveel pret is om te doen!
Dui die kulture van die volgende danse aan.
Die Dans | Die Kultuur Van Dans |
Wals | |
Two-step | |
Lyndans | |
Volkspele | |
Tradisionele Afrika-dans | |
Foxtrot | |
Indiese danse | |
Rock ‘n Roll | |
Jive | |
Paso Doble | |
Lambada | |
Tango |
Navorsingsopdrag
Doen navorsing oor die bruilofsritueel van jou kultuur.
Fokus op die inhoud, doel en unieke eienskappe van die sosiale danse wat op troues gedans word.
Probeer om die volgende te vind om jou aanbieding te versterk:
- musiek
- rekwisiete
- kostuums
- grimering
- prente
video’s
Aanbiedingsvraelys:
1. Hoekom het jy hierdie spesifieke kultuur vir jou navorsing gekies?
2. Sal jy graag meer oor hierdie dans wil leer en dit ook kan dans?
3. Wat was die interessantste deel van jou navorsing? Waarom?
4. Het jy van die musiek of begeleiding gehou? Waarom?
5. Is daar ‘n ander kultuur se dans wat jy eerder sou wou navors? Waarom?
6. Wat is die ooreenkomste tussen die verskillende kulture in jou klas se danse?
7. Wat sê die bewegings van die dans vir jou oor die kultuur?
8. Beskryf die sekwens van die dans:
- Hoe begin dit?
- Wat gebeur volgende?
- Hoe eindig dit?
9. Watter bewegings is min of meer dieselfde as dié wat jy by jou klasmaats geleer het?
10. Is dans vandag dieselfde as die danse wat jy nagevors het? Hoe is hulle eenders of verskillend?
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele inhoude, doel en unieke eienskappe; |
In Modules 1 en 2 het jy al kennis gemaak met kunselemente soos lyn, vorm, toonwaardes, kleur en komposisie.In Module 3 sal daar meer gefokus word op tema, onderwerp en skaal van kunswerke by die huis, in die gemeenskap en in openbare plekke.
STAP 1
Aangesien ons in die alledaagse lewe omring word met ‘n verskeidenheid van kunsvoorwerpe, -beelde en -werke, is dit belangrik om al hierdie verskillende visuele kunsvorme te kan identifiseer.
Voltooi die volgende tabel:
Voorbeelde Van Kunswerke In Die Alledaagse Lewe
By my huis | In my gemeenskap | In openbare plekke |
STAP 2
Kyk nou weer na jou tabel en omkring al die items wat te make het met VERSIERING (om ‘mooi’ te lyk of dekoratief te wees) en onderstreep al daardie items wat ‘n DEFINITIEWE FUNKSIE het of vir iets spesifieks gebruik word. Sommige items sal aan albei voldoen en dus sowel omkring as onderstreep wees.
STAP 3
Kies nou in jou lys vyf van die onderstreepte kunswerk-items wat funksioneel is of gebruik word en groepeer hulle volgens die vyf temas hieronder (sorg dat jy minstens een uit elke kolom van jou tabel kies):
Bruikbare Kunswerke
TEMA | KUNSWERKE |
ADVERTENSIE/ REKLAME | |
INLIGTING | |
GEMAK | |
VERMAAK / ONTSPANNING | |
PERSOONLIKE GEBRUIK |
STAP 4
Laastens moet jy na die skaal van die kunswerke kyk, m.a.w. die grootte van die kunswerke. Maak ‘n lys van tien kunswerke, gekies vanuit jou eerste tabel, en rangskik hulle van die kleinste tot die grootste. (Nommer 1 sal die kleinste wees en nommer 10 die grootste):
Lys van kunswerke volgens skaal
Skaal van Klein tot Groot | Kunswerke | |
Kleinste | 1. | |
2. | ||
3. | ||
4. | ||
5. | ||
6. | ||
7. | ||
8. | ||
9. | ||
Grootste | 10. |
Skryf nou ‘n paragraaf van ongeveer 60 – 80 woorde in jou leerderjoernaal (of op los papier wat jy as bladsye na hierdie een kan invoeg) om te verklaar hoekom elkeen van die tien kunswerke wat jy gelys het op daardie spesifieke skaal gemaak is. (Kyk na die verband tussen die kunswerk en die grootte daarvan).
Bestudeer die illustrasie hieronder. Wys met kleurpastelle of waskryte en/of gekleurde bordkryte hoe jy die geїllustreerde omgewing sal verbeter of verfraai. Kyk weer na jou eerste tabel vir inspirasie.
Figure 3.1.
Figure 3.2.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele inhoude, doel en unieke eienskappe; |
DRAMA |
2.2 uitvind oor verskillende tipes drama in die land en verbande volgens oorsprong en ooreenkoms tussen party van hulle raaksien; |
MUSIEK |
2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek; |
2.4 m.b.v. ‘n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik word, verduidelik; |
VISUELE KUNSTE |
2.5 die hoofdoel en ontwerp-kwaliteite van kunswerke in die huis, die gemeenskap en openbare plekke identifiseer volgens tema, onderwerp en skaal. |
Musiek
Mense gebruik musiek om boodskappe uit te dra.
Jou situasie bepaal dikwels wat die lirieke en die boodskap sal wees.
Ons gaan luister na DRIE tipes musiek wat swaarkry uitbeeld en fokus op die geskiedenis daaragter, die boodskap van die lirieke en waarvoor die liedere gebruik word.
Figure 3.3.
Aktiwiteit 1:
Om werkliedere te ondersoek
[LU 2.4
Agtergrondinligting
Die lied waarna ons gaan luister, het sy ontstaan gehad by die goudmyne aan die Witwatersrand en kan geklassifiseer word as ‘n werklied.
Terwyl die mans gewerk het, het hulle gesing. Hierdie werkliedere het die mense gehelp om die verveling van die harde werk te vergeet. Terwyl hulle byvoorbeeld met die pikke gekap het, het hulle die liedere op die ritme van die gekap gesing. Die ritme van die lied en die werkaksie vorm ‘n eenheid.
STAP 1
Luister na die opname van “Shosholoza” en beeld die pik-kap-aksie saam met die opname uit. (Kap met die “pik” elke keer op die eerste polsslag).
Hier volg die woorde:
Shosholoza
Ku lezontaba
(Jy dwaal rond in daardie berge)
Stimela si qhamuka e South Africa
(Die trein is van Suid-Afrika)
Stimela si qhamuka e South Africa
(Die trein is van Suid-Afrika)
Let op die herhaling van die melodie en woorde!
STAP 2
Hierdie lied is ook ‘n voorbeeld van tradisionele musiek uit Afrika. Hier volg ‘n aantal kenmerke van die meeste tradisionele musiek uit Afrika.
Luister na die musiek en dui aan, in die blokkies, die kenmerke wat in hierdie lied teenwoordig is.
’n Groep mense neem deel. | |
Slegs mans neem deel. | |
Die sang is dikwels onbegeleid. | |
Roep-en-Antwoord: solis en groep wissel mekaar af. | |
Gesing vir spesifieke geleenthede, bv. troue, aanbidding. | |
Gaan gewoonlik gepaard met dans, beweging en/of handeklap. | |
Die musiek is mondelings oorgedra en niemand weet wie presies dit geskep het nie. Die woorde het ook mettertyd verander: van die woorde is vergeet en ander mense voeg hul eie woorde na willekeur by. | |
Die ritme van die musiek word dikwels bepaal deur die natuurlike spraakritme (bv. die neiging om die laaste lettergreep van ‘n woord uit te rek; daarom kry ons ritmepatrone wat eg aan Afrika is). | |
Dieselfde melodiese patrone word dikwels herhaal. | |
Dieselfde ritmiese patrone word dikwels herhaal. | |
Dieselfde woorde word dikwels herhaal. |
STAP 3
Luister hoe Ladysmith Black Mambazo die lied sing. Die woorde is soos volg:
Vers 1: | |
ShosolozaWork, work, working in the sunWe will work as oneShosolozaWork, work, working in the rain‘Til there’s sun again | |
Vers 2: | |
ShosolozaPush, push, pushing on and onThere’s much to be doneShosolozaPush, push, pushing in the sunWe will push as one |
Hierdie weergawe is gesing vir die Springbok-rugbyspan. Hoekom dink jy is dit ‘n goeie sportlied?
Tuiswerk: Vind uit omtrent nog kunstenaars wat ‘n opname van hierdie melodie gemaak het:
Skryf nou jou eie 3de vers – let op die herhalings.
STAP 4
Navorsing: -Dink aan ‘n werk wat vandag gedoen word en waarvoor jy ‘n werklied kan skryf.
- Waaroor dink jy sal moderne sangers sing? Hoekom is daar ‘n verskil?
‘n WERK VANDAG:
WAAROOR MODERNE SANGERS SING:
DIE VERSKIL:
Aktiwiteit 2:
Om “spirituals” te ondersoek
[LU 2.3, 2.4]
STAP 1
Agtergrondinligting
Spirituals het in Amerika onstaan. Jare gelede (voor 1865), gedurende die tydperk van slawerny, is mense vanaf Wes-Afrika se kus ingevoer om as slawe in die plantasies te werk. Terwyl die slawe gewerk het, het hulle werkliedere gesing wat gebaseer is op tradisionele volksmusiek uit Afrika. Hierdie liedere is gesing om hulle persoonlike gevoelens uit te druk en om mekaar op te beur.
Na werk het hulle in die kampe gesing. Hulle het gebruik gemaak van teksgedeeltes uit die Bybel en melodiebrokkies van gesange wat hulle buite die kerke (Westerse musiek) gehoor het. Hierdie “stukkies” musiek en teks het hulle gebruik om hul eie liedere (spirituals) van hoop en vertroue te skep.
Die eerste vorm van spirituals was “krete” (shouts) – ‘n oorlewing van ‘n primitiewe Afrika-dans. Dit het daaruit bestaan dat die mans en vrouens in ‘n kring staan en begin dans, handeklap en voetstamp; aanvanklik stadig en al hoe vinniger. Dieselfde musikale frase is oor en oor herhaal vir ure totdat almal in vervoering was. Dit het daartoe gelei dat vrouens neerval en skree en mans moeg uit die kring tree.
Die lirieke van spirituals is nou verbind met hul ‘skrywers’, die slawe. Terwyl werksliedere gebaseer is op die daaglikse lewe, is spirituals gebaseer op die boodskap van Die Bybel : “Jy kan gered word”. Hulle kon met Bybelse figure identifiseer, byvoorbeeld Josef (wat deur sy broers as slaaf verkoop is) en die Jode wat ook slawe in Egipte was. Hulle het geglo dat hulle gehelp sou word om vry te word, net soos wat die Here hierdie Bybelse figure gehelp het.
Die lirieke is dus hoofsaaklik gebaseer op ‘n verlange na vryheid en ‘n beter land. Woorde soos “home” en “Canaan’s land” kom herhaaldelik voor en is simbolies van hulle soeke na ‘n beter lewe in hierdie wêreld, sowel as in die hiernamaals.
Soos volksmusiek, is die komponiste van meeste van die “spirituals” onbekend, aangesien dit mondelings oorgedra word. Die woorde verskil van streek tot streek omdat mense, wanneer die woorde vergeet is, hul eie woorde na willekeur bygevoeg het.
Beantwoord die volgende vrae:
In watter land het spirituals ontstaan?
Waarvandaan is die slawe ingevoer om op die plantasies te werk?
Wat het die slawe gedoen om hulleself en ander te motiveer?
Waar het hulle in aanraking gekom met Westerse musiek?
Hoe is die eerste spirituals genoem?
Dink jy dis ‘n gepaste naam? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
Die woorde “home” en “Canaan” word dikwels in spirituals gebruik. Wat simboliseer dit?
Wat is die verskil tussen werkliedere en spirituals?
Noem twee komponeer-tegnieke wat in beide spirituals en werkliedere gebruik word.
Luister na die opname van “ Swing Low, Sweet Chariot ” en sing saam elke keer wanneer die woorde “ Coming for to carry me home” voorkom.
Swing low, sweet chariot
Coming for to carry me home
Swing low, sweet chariot
Coming for to carry me home
If you get there before I do
Coming for to carry me home
Tell all my friends, I’m coming too
Coming for to carry me home
Wat is die boodskap van die lied?
STAP 2
Spirituals is ‘n voorbeeld waar daar oorvleueling in musiek plaasvind: elemente uit Westerse sowel as Afrika-musiek word gekombineer.
Hier volg ‘n aantal kenmerke van die spirituals. Luister weer na die opname en dui met ‘n A of W aan of die kenmerk in die tabel:
tipies is van Afrika-musiek (A) of Westerse musiek (W);
in hierdie spesifieke lied () teenwoordig is.
KENMERK | WESTERS/AFRIKA | TEEN-WOORDIG |
‘n hele groep mense neem deel | ||
gaan gepaard met dans, beweging, handeklap | ||
roep-en-antwoord: die groep antwoord die leier | ||
die groep herhaal dikwels dieselfde woorde (frase) | ||
die leier sing dikwels lang teruggehoue frases | ||
die groep sing dikwels korter gesinkopeerde frases | ||
gaan gepaard met “moaning” en “groaning” | ||
sterk ritmies met sinkopasie | ||
melodieë afkomstig van gesange | ||
ritmiese patrone word oor en oor herhaal | ||
melodiese patrone word oor en oor herhaal | ||
gebaseer op pentatoniese toonleer |
STAP 3
Huiswerk en Navorsing
Vandag word die term ‘gospel’ gebruik vir hierdie tipe liedere.
Dink aan nog gospel-liedjies.
Waaroor dink jy sal moderne sangers sing in hul liedjies?
Hoekom is daar ‘n verskil?
Maak’n lys van gospel-sangers.
Aktiwiteit 3:
Om “blues” (spesifiek morna) te ondersoek
[LU 2.3, 2.4]
Lees die volgende. Watter gevoel ervaar jy?
“When I’m feeling blue..........” / Blou-Maandag: Neerslagtigheid of bedruktheid
Agtergrondinligting
Soos werkliedere en spirituals, is die “blues” ook ‘n vermenging van Afrika- en Westerse musiek.
Net soos hierdie twee genres, vertel die lirieke van die “blues” ook die gevoel, vrees en hoop van sangers, maar op ‘n meer persoonlike manier, aangesien slegs een sanger sing!
Solosang is dus ’n kenmerk, in teenstelling met die groepsang in werkliedere en spirituals.
Lees eers die storie omtrent Cesaria Evora.
Luister dan na ‘n opname van Cesaria Evora.
Gee dan jou opinie omtrent hierdie musiek.
“Cesaria Evora kom van die Kaap Verdiese eilande af en staan bekend as die “kaalvoet diva”. Die rede hiervoor is dat sy gewoonlik tussen optredes kaalvoet op die verhoog verskyn ter ondersteuning van die minder bevoorregte vrouens en kinders van haar land. Haar liedere spruit uit haar land se geskiedenis van isolasie, slawehandel en emigrasie: meer as die helfte van die mense in die land het reeds na ander lande verhuis.
Die woorde van die liedere is in Portugees-Kreools en die styl word “morna” genoem – ‘n tipe “blues”, aangesien dit ook die swaarkry van die lewe in musiek uitbeeld.”
Ten Slotte: Versamel inligting omtrent hierdie drie style en plak dit in jou leerderjoernaal. Dit kan in die vorm wees van CD-omslae, lirieke of prente en algemene inligting.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
MUSIEK |
2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek; |
2.4 m.b.v. ‘n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik word, verduidelik; |
Drama
Met hierdie aktiwiteit gaan ons die verskillende tipes drama ondersoek wat in Suid-Afrika voorkom. Dit gaan beslis ‘n avontuur wees wat jy sal geniet. Daar is ook ‘n praktiese aktiwiteit wat baie prettig gaan wees. Geniet dit!
Voordat ons op ons ontdekkingsreis gaan, kyk ons na die tipes drama wat ons in Suid-Afrika kan kry.
Drama-genres in Suid-Afrika (tipes drama)
Drama - ‘n hoogs emosionele en tragiese situasie
Storievertelling -vertelling van gebeure
Politieke protesteater -dramas geskep om te betoog teen onregverdigheid
Klug en komedie -humoristiese toneelstuk gebaseer op onwaarskynlike situasies
Musiekblyspele -sang, dans en drama in een opvoering
Pantomime -gebarespel opgevoer gedurende Kersfeestyd, gekarakteriseer deur klug, musiek, groot stelle en grappe
Genres:
Bespreek elkeen van hierdie genres in die klas.
Tuiswerk
Soek na afloop van die bespreking voorbeelde van elkeen van hierdie genres, asook name van toneelstukke, opvoerings, dramaturge, ens.
Kies drie genres – enige drie – en identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die drie, bv.:
Drama | Komedie | Musiekblyspel |
ernstigakteurs praat | snaaksakteurs loop in deure vas | ernstig en snaaksakteurs sing en dans |
Praktiese Werk
Selekteer drie genres wat julle graag wil ondersoek. Verdeel in groepe. Elke groep kry ‘n genre om mee te werk. Werk aan ‘n kort toneeltjie met die volgende reël:
‘n Kind gaan na die winkel om lekkers te koop, maar wanneer
hy/sy wil betaal, besef hy/sy skielik dat sy/haar beursie weg is…
Gebruik die volgende kriteria vir die toneeltjie:
elkeen in die groep moet ‘n rol in die toneel speel
die karakters moet ‘n motivering vir hulle aksies hê
dialoog is opsioneel
musiek, sang of dans kan gebruik word
rekwisiete kan gebruik word
gehoorsaam die eienskappe van die genre
die voorgeskrewe reël kan in die begin, middel of einde voorkom
daar moet ‘n klimaks/hoogtepunt wees
die toneeltjie moenie langer as vyf minute wees nie
Voer die tonele vir die res van die klas op.
Klasbespreking
Bespreek die volgende aspekte na die opvoerings:
Het die verskillende groepe aan die genre voldoen?
Kon julle die verskillende genres identifiseer met elke opvoering?
Hoe kan elke toneeltjie verbeter word?
Nabetragting
Voltooi die vraelys.
1. Watter deel van die aktiwiteit het jy die meeste geniet: die navorsing of die prakties? Waarom?
2. Watter tipe drama was vir jou die interessantste? Waarom?
3. Watter tipe drama het jy die meeste geniet om te sien? Waarom?
4. Van watter tipe drama sal jy meer wil weet? Waarom?
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele inhoude, doel en unieke eienskappe; |
DRAMA |
2.2 uitvind oor verskillende tipes drama in die land en verbande volgens oorsprong en ooreenkoms tussen party van hulle raaksien; |
MUSIEK |
2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek; |
2.4 m.b.v. ‘n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik word, verduidelik; |
VISUELE KUNSTE |
2.5 die hoofdoel en ontwerp-kwaliteite van kunswerke in die huis, die gemeenskap en openbare plekke identifiseer volgens tema, onderwerp en skaal. |
Voordat ons kan begin kreatief raak in ons dramaklas, moet jy eers goed opwarm om jou liggaam en stem voor te berei vir die opvoering.
Geniet die volgende oefeninge, want dit sal jou nie net help met die voorbereiding van jou “instrumente” nie, maar dis ook pret om te doen.
Ontspanning is fundamenteel vir die effektiewe gebruik van die liggaam, nie net in drama nie, maar ook om daaglikse roetines met maksimale doeltreffendheid te gebruik.
Ontspanningsoefening
Skouers
Strek die arms op so hoog soos jy kan.
Kyk op.
Laat val jou arms.
Herhaal vier keer.
Skud jou skouers.
Lig hulle op so hoog soos jy kan.
Hou vir ‘n oomblik.
Laat sak.
Herhaal vier keer.
Rol jou kop versigtig vier keer in die rondte – eers kloksgewys en dan anti-kloksgewys.
Stel jou voor dat ‘n sterk elastiese rek van jou kop, deur jou ruggraat tot by die laaste werwel in jou rug loop.
Stel jou voor die rek word getrek en dat dit jou kop versigtig lig en jou ruggraat reguit maak.
Laat jou kop en rug versigtig bons en opwaarts strek.
Laat jou kop na bo ‘dryf’ sonder hulp van jou skouers.
Gesig
Trek die snaaksste en afskuwelikste gesigte wat jy kan.
Strek en tuit jou lippe.
Bol jou wange.
Trek jou oë op skrefies en maak hulle dan wyd oop.
Frons en ontspan.
Beweeg jou kakebeen.
Skud jou kop.
Arms en hande
Swaai jou arms soos ‘n windmeul.
Beweeg jou arms soos ‘n voël wat vlieg.
Lig jou arms en laat sak asof jy in water is.
Skud jou hande en jou vingers.
Speel klavier met jou vingers.
Draai jou hande vanaf jou gewrigte, kloksgewys en dan anti-kloksgewys.
Bolyf
Asem in deur jou neus.
Asem uit deur jou mond, draai jou heupe in die rondte, eers links, dan regs.
Staan met jou voete effens uitmekaar en asem in.
Strek sover as wat jy kan en, laat sak jou bolyf vorentoe vanaf jou heupe soos jy uitasem, eers jou arms, kop, skouers en dan bors.
Laat jou rug vorentoe krul.
Laat hang jou kop vir ‘n oomblik.
Asem in en krul op.
Strek op soos ‘n kat.
Herhaal vier keer.
Enkels en Voete
Skud elke been.
Trek elke voet saam en ontspan.
Hardloop liggies op die plek op die balle van jou voete.
Staan op een been – lig die ander been effens – draai jou voet vanaf die enkel.
Ruil bene om.
Skop met elke been (soos ‘n voetbalspeler).
Bons liggies op die balle van jou voete.
Verander jou gewig van voet na voet.
Strek op en asem in.
Staan stil – haal gemaklik asem.
Goeie asemhaling is ‘n belangrike vereiste vir goeie stemprojeksie.
Asemhalingsoefening:
Staan gemaklik en regop met jou voete van mekaar af.
Plaas die agterkante van jou hande op jou lae-ribbes.
Maak seker dat jou skouers los is en nie gelig is nie.
Asem in, sonder ‘n geluid, vir ‘n telling van een-twee-drie.
Voel hoe die ribbes uitbeweeg en jou hande wegstoot.
Asem versigtig uit vir drie tellings.
Herhaal ses keer.
Resonansie is die geluid of klank wat die liggaam kan voortbring.
Jy is afhanklik van die resonansie-holtes vir die kwaliteit van die klank wat jy voortbring.
Die resonansie-holtes is die farinks (keel), die mond en die nasale en sinusholtes.
Asemhaling prikkel die stembande, en die klank kry resonansie in hierdie holtes.
Resonansie-oefening:
Staan regop – arms langs jou sye.
Asem natuurlik in en uit ‘n paar keer.
Asem dan vinnig in deur ‘n oop mond, projekteer jou klanke oor die kamer en sê hardop ‘een’; asem in: ‘een-twee’; asem in: ‘een-twee-drie’; en so aan tot by tien.
Toon is die kwaliteit van die klank wat jy maak, die kleur van die stem.
Toonoefening:
Sê die volgende reël met jou kakebeen toe, maar jou lippe oop:
Ek het ‘n man ontmoet met ‘n piesang in sy oor!
Die resultaat sal nasaal en wollerig klink.
Maak jou kakebeen oop en ontspanne.
Sê weer die reël.
Sê die reël in ‘n diep stem.
Dit sal grof klink, omdat jy jou ken afgetrek het en jou bors uitgesteek het.
Sê weer die reël terwyl jy jou neus toeknyp.
Dit sal ‘n komiese onherkenbare klank hê.
Artikulasie word bepaal deur die uitspreek van klinkers (vokale) en konsonante.
Die vokale is: a e i o u
Die konsonante is die res van die alfabet.
Oefeninge vir die kakebeen, lippe en tong:
Die Kakebeen
Beweeg jou kakebeen van kant tot kant, op en af, vorentoe en agtertoe.
Strek jou lippe wyd en tuit hulle.
Druk jou lippe sover na bo as moontlik en dan af.
Herhaal ses keer.
Die Tong
Steek jou tong uit en trek terug – herhaal ses keer.
Druk jou tong sover vorentoe as wat jy kan en draai dit in albei rigtings.
Probeer die tippie van jou neus met jou tong raak.
Probeer die punt van jou ken met jou tong raak.
Met jou lippe oop, druk jou tong uit en trek die kante van jou tong op – maak ‘n tuit met jou tong.
Herhaal ses keer.
Die Klanke
Herhaal hierdie klanke soveel keer as wat jy kan en sê dit duidelik en hoorbaar. Geniet dit!:
Hah Hoo Hah Hee Ha Hoo Hah Hee
Mah Nah Moo Noo May Nay Mee Nee
PahBah BahPah PahBah Bah Pah
KooGoo GooKoo KooGoo GooKoo
DayTay DayTay DayTay TayDay
Opwarming is nie net om die liggaam te ontspan en die liggaam en verbeelding te oefen nie, maar ook om selfvertoue op te doen en jou mede-leerders op dieselfde tyd beter te leer ken.
Opwarmingsoefening: Rooi, Blou, Geel
Sit in ‘n sirkel op stoele met ‘n ruimte tussen elke stoel.
Jou opvoeder sal elkeen van julle ‘n kleur gee – blou of rooi.
Vir die doel van hierdie oefening is presiese beweging, geen gesukkel en algehele STILTE noodsaaklik.
Op die bevel ROOI moet al die Rooies opstaan en op ‘n ander stoel gaan sit.
Op die bevel BLOU, moet die Bloues ‘n ander stoel vind.
Op die bevel GEEL, moet almal ‘n ander stoel vind.
Varieer die beweging van stadige aksie tot vinnige aksies.
Daar mag geen kontak wees nie.
Noudat jou liggaam goed opgewarm is en jou stem gereed is, gaan jy ‘n drama, gebaseer op ‘n storie uit Afrika, skep en opvoer. Jou opvoeder gaan vir jou die storie hardop voorlees.
Luister aandagtig en probeer die storie visualiseer, terwyl jy daarna luister.
Die Skilpad het al sy sout opgebruik en hy het sy kos sonder sout so smaakloos gevind, dat hy besluit het om sy broer te gaan vra of hy nie vir hom sout kan leen nie. Sy broer het baie gehad.
“Hoe gaan jy dit by jou huis kry?” het hy vir Skilpad gevra.
“As jy die sout in ‘n stuk baslap toedraai en vasmaak met tou, kan ek die tou oor my skouer gooi en die pakkie op die grond agter my aansleep,” sê Skilpad.
“ ‘n Wonderlike idee!” roep sy broer uit, en hulle draai die sout netjies toe.
Skilpad begin sy lang, stadige tog terug huis toe, met die bondel sout wat bom, bom, bom op die grond agter hom aansleep. Skielik, met ‘n ruk, kom hy tot stilstand en toe hy omdraai, sien hy dat ‘n groot akkedis op die pakkie sout gespring het en daar sit en hom aanstaar.
“Loop van my sout af!” roep Skilpad uit. “Hoe verwag jy van my om dit huis toe te sleep met jou daar bo-op?”
“Dis nie jou sout nie!” antwoord die akkedis. “Ek het met die pad afgeloop en toe sien ek die bondel daar lê, so dit behoort nou aan my.”
“Twak!” sê Skilpad. “Jy weet dit is myne, want ek hou dan die tou vas waarmee dit vasgebind is.”
Maar die akkedis hou aan dat hy die pakkie in die pad sien lê het en weier om af te klim, tensy Skilpad saam met hom na die oudstes van die stam gaan en die saak in die hof verhoor word.
Arme Skilpad moes instem en saam het hulle na die oudstes van die stam gegaan. Skilpad het eerste sy saak gestel en verduidelik dat sy arms en bene so kort is dat hy altyd pakkies agter hom moet sleep.
Die akkedis stel toe sy saak en sê dat hy die pakkie in die pad sien lê het. “As jy iets in die pad optel, behoort dit mos aan jou!” sê die akkedis.
Die ou mans het die saak ernstig bespreek vir ‘n lang tyd; maar baie van hulle was familie van die akkedis en het gedink dat hulle dalk ‘n deel van die sout kan kry, daarom het hulle uiteindelik besluit dat die pakkie in twee gedeel moet word, en dat elke dier die helfte moes kry. Skilpad was baie teleurgesteld, omdat hy geweet het dat dit eintlik sy sout was, maar hy het gesug en hulle die pakkie laat opdeel.
Die akkedis het onmiddellik die helfte gevat wat met die grootste deel van die lap bedek was, en vir arme Skilpad gelos met meeste van die sout versprei oor die grond. Skilpad het tevergeefs sy sout probeer bymekaar skraap. Sy hande was te klein en die lap was te klein om dit mee toe te maak. Uiteindelik het hy huis toe gegaan, met net ‘n klein hoeveelheid van sy deel, toegemaak in blare en die res van die lap, terwyl die oudstes van die stam die res opgeskraap het en geneem het na hulle vrouens.
Skilpad se vrou was baie teleurgesteld toe sy sien hoe min sout hy gebring het en toe hy haar die hele storie vertel het, was sy baie omgekrap oor die manier waarop hy behandel is. Die lang, stadige tog het hom moeg gemaak, en hy moes vir baie dae rus.
Maar hoewel Skilpad so stadig is, is hy ook baie slim en het hy uiteindelik aan ‘n plan gedink om die akkedis te uitoorlê. Hy groet toe sy vrou en durf die pad na die akkedis se huis met ‘n glinster in sy oog aan. Na ‘n lang tyd sien hy die akkedis wat besig is om ‘n maaltyd van vlieënde miere te geniet.
Stadig en stil bekruip Skilpad die akkedis van agter en plaas sy hande op die middel van die akkedis se lyf.
“Kyk wat het ek gekry!” roep Skilpad uit.
“Wat doen jy?” vra die verwilderde akkedis.
“Ek het rustig met die pad afgeloop toe ek iets sien wat daar lê,” verduidelik Skilpad. “Toe tel ek dit op en nou behoort dit aan my, net soos jy my sout opgetel het die ander dag.”
Die akkedis probeer homself los wikkel en beveel Skilpad om hom vry te laat, maar Skilpad dring daarop aan dat hulle hof toe gaan sodat die oudstes van die stam ‘n uitspraak kan gee.
Die ou mans het belangstellend na albei kante van die saak geluister, en toe sê een: “As ons regverdig moet wees, moet ons dieselfde uitspraak lewer soos met die sout.”
“Ja,” se die ander, en knik hulle wit koppe, “ons het die sak sout in twee gesny, daarom moet ons die akkedis ook in twee sny, en Skilpad kan die helfte kry.”
“Dit klink regverdig”, antwoord Skilpad, en voordat die akkedis kon ontsnap, het hy ‘n mes van een van die oudstes se gordel gegryp en die akkedis in die helfte deur gesny. Dit was die einde van die gulsige akkedis.
Nadat jou opvoeder die storie gelees het, volg die riglyne om jou toneelstukkie van “Die Skilpad en die Akkedis” te skryf.
Die volgende vorm kan jou dalk van hulp wees om jou drama te struktureer.
Die storielyn:
Die plekke/tonele waar die aksie plaasvind:
Die karakters:
Die rekwisiete:
1. Skryf van die toneelstuk
Volg die riglyne en skryf jou eie drama, gebaseer op hierdie storie.
Onthou om toneel aanwysings in te sluit.
Jy kan die dialoog van die storie gebruik of jou eie dialoog skep.
2. Die Opvoering
Jou opvoeder sal ‘n aantal toneelstukke kies wat deur julle geskryf is.
Die klas sal opgedeel word in groepe, afhangende van die aantal toneelstukke wat gekies is.
Vul die volgende portefeuljes in:
NAME | |
- karakters (rolle) | |
- regisseur | |
- rekwisietemeester | |
- verhoogassistente | |
- souffleur |
Oefen julle toneelstuk.
Voer jou toneelstuk op vir die res van die klas.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
1.1 demonstreer toenemende vaardighede en begrip van opwarming tydens liggaamsvoorbereiding, insluitend: |
|
|
1.2 improviseer en skep dansreekse wat die volgende gebruik: |
|
|
|
|
1.3 leer, interpreteer en voer danse uit die Suid-Afrikaanse kultuur bevoeg en in die gepaste styl op. |
DRAMA |
1.4 voer eenvoudige ontspannings-, asemhalings-, resonansie-, toonhoogte- en artikulasie-oefeninge uit wanneer die stem en liggaam opgewarm en afgekoel word; |
1.5 gebruik Afrikastories om drama te ontwikkel wat: |
|
|
|
|
Voordat jy enige van die aktiwiteite kan uitvoer, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefening sal verhoed dat jy gedurende die dansbewegings seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.
Voordat jy enige van die aktiwiteite kan uitvoer, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefeninge sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.
Voorbereiding - staan met jou voete ‘n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye. Onthou:
Dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word, te isoleer.
Korrekte liggaamslyne sal beserings verhoed.
Beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf.
Asemhalingsoefening
Asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op.
Strek jou ruggraat.
Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat jou arms geleidelik sak.
Herhaal asemhalingsoefening.
Staan met jou voete ‘n heupwydte van mekaar af, knieë effens gebuig, arms langs jou sye.
Kop- en nek-isolasies
Staan met jou voete ‘n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye.
Sak en lig jou kop, van kant tot kant (herhaal agt keer).
Maak halfsirkels met jou kop van regs na links, dan links na regs (herhaal agt keer):
moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie;
hou voete stewig op die vloer;
moenie jou knieë sluit nie.
Skouer-isolasies
Lig jou regterskouer, laat sak, lig dan jou linkerskouer, laat sak. (herhaal agt keer).
Draai regterskouer, dan linkerskouer. (herhaal agt keer).
Kombineer kop- en skoueroefeninge:
kop op, af, regs, links, draai
skouers op, af, draai
herhaal agt keer
Moenie die res van jou liggaam beweeg nie.
Probeer jou skouers so hoog as moontlik oplig sodat die strek effektief kan wees.
Moenie jou kop beweeg nie; kyk vorentoe.
Beweeg van kant tot kant op een plek.
Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek, terwyl jy nog steeds van kant tot kant beweeg op een plek (herhaal agt keer).
Hou beweging – laat sak jou arms – draai skouers om die beurt (herhaal agt keer).
Hou beweging – draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer).
Buig en maak knieë reguit – stoot boude uit – knieë en voete wys vorentoe (herhaal agt keer).
Stap op die plek op maat van die musiek vir agt tellings.
Stap vorentoe vir vier tellings.
Stap agtertoe vir vier tellings.
Herhaal agt keer.
Voeg armbewegings by die stapaksie:
arms reguit, op en af na die kant, voor, bo die kop
arms gebuig by die elmboog, opgelig op en af voor, na die kant en af
swaai arms vorentoe en agtertoe terwyl jy stap
maak sirkelbewegings met die arms.
Dyspieropwarming
Bly op een plek en lig jou knieë om die beurt op en af.
Herhaal agt keer.
Beweeg vorentoe terwyl jy jou knieë lig (vier keer).
Beweeg agtertoe terwyl jy jou knieë lig (vier keer).
Herhaal agt keer.
Voeg armbewegings by terwyl jy vorentoe en agtertoe beweeg.
Hampeesopwarming
Tree na die regterkant (kyk vorentoe), lig linkerbeen op agter jou, buig jou knie.
Tree na links (kyk vorentoe), lig jou regterbeen op agter jou, buig jou knie.
Herhaal agt keer.
Tree vorentoe terwyl jy jou been agtertoe oplig (vier keer).
Tree agtertoe (vier keer).
Voeg armbewegings by.
Rugopwarming
Buig jou knieë – voete en knieë vorentoe, boude uit, plaas jou hande op jou knieë, trek jou rug op (soos ‘n kat) en ontspan (herhaal agt keer).
Leun
Bly in vorige posisie – lig tone om die beurt – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).
Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).
Maak bene wyer oop – sit jou hande op jou heupe – voete en knieë wys na buite – leun van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer).
Leun na regs en hou strek vir vier tellings.
Leun na links en hou strek vir vier tellings.
Kom terug in pliè-posisie (knieë gebuig, knieë en voete na buite) – hande op heupe – buig en maak knieë reguit (herhaal agt keer).
Hou bene oop en knieë gebuig en lig jou voete om die beurt terwyl jy op een plek bly (herhaal agt keer).
Bring voete na mekaar toe en stap op die plek (agt tellings).
Stap op een plek met voete bymekaar en dan oop vir agt tellings
Stap op een plek – lig arms op en af (herhaal agt keer).
Stap op een plek – herhaal asemhalingsoefening.
Die opwarming moenie minder as drie minute en nie langer as vyf minute wees nie. Jy moet normaal regdeur hierdie oefening asemhaal.
“Gumboot”-danse was geskep in die goudmyne gedurende die Suid-Afrikaanse Apartheid-era. Die mynwerkers het rubberstewels in die myne gedra en ‘n uitbundige en baie fisiese dans ontwikkel gedurende hulle aftye, met invloede van Duitse volksdanse, tradisionele Zulu-bewegings en westerse invloede.
Die mynwerkers in die myne is verhoed om met mekaar te praat en dus het hulle ‘n unieke manier van kommunikasie ontwikkel deur hulle rubberstewels te slaan en hulle enkelkettings te ratel.
Die musiek:
Verwys na Graad 6 Module 4: Musiek.
Die kostuum:
Dra ‘n sweetpakbroek om jou bene te beskerm wanneer jy gedurende die dansbewegings teen jou bene klap.
Dra ‘n paar rubberstewels wat driekwart van jou been beskerm.
Dra twee of drie pare sokkies/kouse onder die stewels om jou enkels te beskerm.
Die postuur/liggaamshouding:
Effens gebuig – soos in ‘n sitposisie.
Die inleidende beweging:
Bolyf reguit en stil.
Bene swaai van kant tot kant.
Figure 3.4.
Die ‘vee’-beweging:
Neem een voet terug en vee die vloer met jou voet soos jy die been terug bring na die beginposisie.
Ruil bene om.
Figure 3.5.
Die ‘kantklap op die stewel’:
Lig een been effens van die vloer af op na die kant – buig knie effens – buig liggaam effens vorentoe.
Klap die kant van die stewel soos die been opkom.
Bring been af en maak liggaam reguit.
Figure 3.6.
Hierdie bewegings is die fundamentele dansbewegings .
Die aandag-sekwens
Hersien weer die fundamentele dansbewegings.
Fokus op die kantklap van die stewel.
Voer die aandag-sekwens uit en deel dit op in drie dele:
die regter-beweging
die regter-linker-beweging
die een-aandag! twee-aandag!-sekwens
Verwys na die danstranskripsie van die aandag-sekwens.
Herhaal die sekwens soveel keer as moontlik.
Transkripsie van die aandag-sekwens:
Stamp regtervoet op die grond.
Stamp linkervoet op die grond.
Regterhand klap die regterstewel – voet gelig van die grond af.
Stewels teenmekaar.
Klap hande voor die liggaam.
Regtervoet stamp op die grond.
Linkervoet stamp op die grond.
Altwee voete stamp op die grond.
Linkerhand slaan linkerstewel (voet op grond).
Regterhand slaan regterstewel (voet op grond).
Regterhand klap op regterstewel (voet gelig van grond af).
Linkerhand klap op die linkerstewel (voet gelig van die grond af).
Stewels saam.
Linker- en regterstewels beweeg na mekaar.
Regterhand klap, dan linkerhand klap op linkerstewel (voet van grond af).
Regterhand klap, dan linkerhand klap op regterstewel (voet gelig van grond af).
Linkerstewel skop regterstewel.
Regterstewel skop linkerstewel.
Linkerstewel swaai na regterstewel.
Regterstewel swaai na linkerstewel.
Regterstewel (gelig van die grond af) slaan op die binnekant met linkerhand.
Linkerstewel (gelig van die grond af) slaan op die binnekant met die regterhand.
Klap hande voor liggaam.
Regterhand beweeg op na voorkop – asof jy ‘n keppie vashou.
Regterhand af langs sy.
Herhaal sekwens.
Dit is belangrik om die spiere wat gedurende die oefeninge gebruik is te strek, anders sal jy stywe spiere vir die volgende drie dae ervaar.
Kies musiek met ‘n stadige tempo.
Lê op jou rug op die vloer – arms bo jou kop uitgestrek – bene reguit.
Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (hou strek vir agt tellings en ontspan).
Bring arms af na sye.
Buig jou knieë, maar hou jou voete op die vloer.
Bring een been na jou bolyf – trek die been met albei hande na jou bolyf toe – jou knie is nog steeds gebuig (hou vir agt tellings).
Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strek forseer nie) (hou vir agt tellings).
Ruil bene om.
Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande – lig jou kop en skouers effens (hou vir agt tellings).
Maak albei bene reguit – hande agter jou knieë –beweeg jou voete – trek jou reguit bene stadig na jou kop totdat jy die strek agter jou bene voel (hampees) – hou strek vir agt tellings.
Maak jou bene toe – hou bene reguit – beweeg jou voete – hou strek vir agt tellings.
Laat sak jou bene na links – hou jou bolyf en skouers op die vloer – arms uitgestrek na die kante.
Ruil om na regterkant.
Bring bene weer na middel – sit regop – knieë gebuig – hande op knieë – maak jou rug reguit – trek jou bolyf deur jou bene met jou hande op jou knieë.
Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig.
Krul stadig op – hou bene gebuig – en laat jou kop laaste opkom.
Skud alle ledemate.
Alle strekke moet vir agt tellings gehou word.
Die afkoel en strek moet nie korter as drie minute en nie langer as vyf minute wees nie.
Alle strekke moet stadig uitgevoer word om beserings te vermy.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
1.1 demonstreer toenemende vaardighede en begrip van opwarming tydens liggaamsvoorbereiding, insluitend: |
|
|
1.2 improviseer en skep dansreekse wat die volgende gebruik: |
|
|
|
|
1.3 leer, interpreteer en voer danse uit die Suid-Afrikaanse kultuur bevoeg en in die gepaste styl op. |
Visuele Kuns
Goeie dag! Ons hoop jy gaan die volgende program geniet – jy gaan daarna anders na huise en geboue kyk!
Aktiwiteit 1:
Om ruimte deur perspektief te verken
[LU 1.7]
Jy het al met kleur, lyn, toonwaardes, patroon, kunsvorme en ook skaal kennis gemaak.
In hierdie leereenheid sal daar op skaal en perspektief gefokus word. Ruimte en perspektief sal verder verken word in ‘n projek waar twee- en drie-dimensionaliteit gekombineer word.
‘Perspektief’ is ‘n metode om die gevoel van ruimte en afstand in ‘n prent te skep.
Jou opvoeder gaan jou help om die volgende te doen:
STAP 1
Kyk eers na die parallelle lyne in die klas. Kyk byvoorbeeld na die bo- en onderkante van die deur en die vensters. Die lyne waar die muur by die plafon en die vloer aansluit, is ook parallel. Dit beteken dat die afstand tussen die plafon en die vloer aan die een kant van die muur presies dieselfde as die afstand aan die ander kant is. Kyk na die prentjie van ‘n gebou hieronder en trek dan met die liniaal strepe op die grond, die onder- en bokante van die deur(e) en venster(s), die onderste deel van die dak en die boonste deel van die dak.
Figure 3.7.
STAP 2
Soek ‘n foto van ‘n huis of gebou wat vanuit ‘n skuinshoek gesien word. Huisagente se pamflette of die huisgids in die koerant kan hier van groot hulp wees. Plak die foto op ‘n bladsy. Trek weereens dieselfde lyne soos in Stap 1, maar trek die lyne verby die huis of gebou se einde. Wat gebeur met die lyne? Verleng nou die lyne tot hulle by een punt bymekaar kom. Dit mag dalk van die bladsy af gebeur.
Figure 3.8.
STAP 3
Teken eers die voorkant van ‘n huis in potlood. Trek dan horisontale en parallelle lyne deur die volgende dele van die huis: die bokant van die dak, die onderkant van die dak, die bo- en onderkante van die vensters en deur(e) en die onderkant van die muur op die grond. Die tekening mag slegs in lyn gedoen word. Trek nou ‘n vertikale lyn aan die kant van die huis en plaas ‘n kolletjie op elke plek waar die horisontale lyne met die vertikale lyn kruis.
Figure 3.9.
STAP 4
Neem ‘n ander bladsy en kopieer aan die regterkant van die bladsy die vertikale lyn met die kolletjies wat jy in die vorige stap gedoen het. Trek dan ‘n horisontale grondlyn aan die onderkant , waar die laagste kolletjie op die vertikale lyn lê, dwarsoor die bladsy. Maak aan die linkerkant van die bladsy ‘n kolletjie op daardie grondlyn. Hierdie kolletjie aan die linkerkant moet dan deur middel van sagte potloodlyne met die kolletjies op die vertikale lyn verbind word. Die res van die huis kan daarna deur middel van verdere vertikale lyne geteken word. Hierdie metode kan herhaal word om ‘n klomp huise langs mekaar, of selfs ‘n hele straat van huise, te skep.
Figure 3.10.
Aktiwiteit 2:
Om ‘n straat van huise in perspektief te skep
[LU 1.7]
Nou gaan jy meer huise in perspektief teken en dieselfde tegniek gebruik! Jou opvoeder sal weer help:
Stap 1
Trek ‘n horisontale lyn amper aan die onderkant van die papier, wat dwars gedraai is. Maak dan ‘n kolletjie min of meer in die middel van daardie lyn. Herhaal die proses in Stap 4 van die vorige aktiwiteit aan beide kante van die papier om sodoende ‘n straattoneel te skep. In die agtergrond kan jy lug met wolke, berge of bome inteken om die toneel te voltooi. Daarna moet jy dele van die huise aan die voorkant van jou tekening, naaste aan jou, toeplak met riffelkarton. Laastens kan jy pastelle, kryte, verf of ‘n kombinasie daarvan gebruik om kleur aan die prent te gee.
Figure 3.11.
Onthou dat warm kleure vorentoe kom en koue kleure agtertoe beweeg. Gebruik dus die warmer kleure voor en die koue kleure na agter om die gevoel van afstand nog verder te beklemtoon.
Hierdie straattoneel kan op groter skaal as agtergrond vir ‘n poppeteater dien of, op ‘n baie groot skaal, as agtergrond vir ‘n drama-opvoering.
Figure 3.12.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
VISUELE KUNSTE |
1.7 omskep visuele inligting in gestruktureerde komposisies op werklike of denkbeeldige Suid-Afrikaanse situasies wat individueel geselekteer is, deur gebruik te maak van beskikbare materiaal en gepaste tegnieke in sowel tweedimensionele as driedimensionele werk. |
Musiek
Aktiwiteit 1:
Om eenvoudige melodieë te lees
[LU 1.6]
Stap 1
Luister na gedeeltes van “I just can’t wait to be king” en “Can you feel the love tonight?“ uit “Lion King”.
Stap 2
Kan jy die volgende twee frases saamsing?
“ I’m gonna be a mighty king, so enemies beware!” en
“ Can you feel the love tonight, the peace the evening brings?”
Stap 3
Trek ‘n grafiek van die twee melodieë om styging en daling (toonhoogte) uit te beeld:
I’m gonna be a mighty king, so enemies beware! |
Can you feel the love tonight, the peace the evening brings? |
Stap 4
Figure 3.13.
Gee die lettername van die note op die lyne:
Gee die lettername van die note in die spasies:
Stap 5
Bestudeer die gegewe notasie en voer dan die opdragte uit:
(i) Teken grafieke van die gegewe notasie-voorbeelde.
Is daar enige ooreenkomste met die grafieke in STAP 3?
Stap 6
(ii) Kies die regte titel vir elke notasie-voorbeeld.
Stap 7
(iii) Voeg die lettername van die note by.
Figure 3.14.
TITEL:
Figure 3.15.
Grafiek | ||||
Lettername |
TITEL:
Figure 3.16.
Grafiek | ||||
Lettername |
Aktiwiteit 2:
Om handtegnieke vir trom te ondersoek
[LU 1.6]
Figure 3.17.
Speel op ‘n Djembe! As jy nie een tot jou beskikking het nie.............
Figure 3.18.
Hoe verkry ons klank op strykinstrumente?
Sodra ‘n mensdie strykstok oor die snaar trek (stryk), vibreer die snaar. Dit veroorsaak klank! Hoe langer die snaar is, hoe laer is die klank; hoe korter die snaar, hoe hoër is die klank.
Om die snare korter of langer te maak, druk die linkerhand op die snare.
Hoe verkry ons klank op ‘n blaasinstrument?
Sodra in die pyp geblaas word, vibreer die lug binne in die pyp. Dit veroorsaak klank!
Deur die gate oop of toe te maak, verander die toonhoogte.
Hoe langer die lugkolom, hoe laer is die klank; hoe korter die lugkolom, hoe hoër die klank.
Hoe verkry ons klank op ‘n trom?
Die lugkolom binne in die trom vibreer as op die tromvel gekap word.
Die toonhoogte word bepaal wáár jy op die tromkop kap:
- In die middel – laer basklank
- By die kant – hoër klank
Daar is heelwat tegnieke in die speel van handtromme. Dit wissel van area tot area, trom tot trom.
Ons gaan volstaan met die volgende twee moontlikhede:
- Met die volhand, oop en plat, (kap-aksie) in die middel van die tromkop: lae klank (“bass”)
- Met al die vingers aan die kant van die tromkop: hoë klank (“tone”).
Figure 3.19.
Handtegiek en Vingertegniek
Oefen die volgende moontlikhede:
R | L | r | l |
- Regterhand (plathand). - Middel van trom (lae klank). | - Linkerhand (plathand). - Middel van trom (lae klank). | - Regterhand (vingers). - Kant van tromkop (hoë klank). | - Linkerhand (vingers). - Kant van tromkop (hoë klank). |
Aktiwiteit 3:
Om eenvoudige ritme-patrone op trom te speel
[LU 1.6]
Figure 3.20.
Hoe klink ‘n mens se hartklop? (laaank-kort)
Aktiwiteit 4:
Om musikale frases te improviseer
[LU 1.6]
Stap 1 (inleidend)
Figure 3.21.
PATRONE
Kan jy die volgende ontsyfer EN speel?
1 | 2 | 3 | 4 | 1 | 2 | 3 | 4 |
R | R | ||||||
R | L | R | L | ||||
R | L | R | L | ||||
l | R | l | r | L | R | l | r |
l | l | r | L | l | r | ||
l | r | l | l | r | l | ||
l | R | l | R | ||||
R | l | r | l | R | l | r | l |
Probeer nou twee patrone kombineer:
1 | 2 | 3 | 4 | 1 | 2 | 3 | 4 |
R | L | l | r | l | |||
l | R | L | R | l | r | ||
l | r | l | R | L | |||
R | L | R | L | ||||
R | l | r | l | R | l | r | l |
R | l | R |
Lied van die Dobbelsteen:
Benodigdhede:
Figure 3.22.
Voorbereiding:
Verdeel in ses groepe: nommers 1 tot 6.
Elke groep skep ‘n ritme-patroon in vier maatslag (agt tellings in totaal).
Besluit watter handtegnieke julle gaan gebruik.
Besluit waar julle dinamiek gaan gebruik: hard of sag, crescendo (geleidelik harder) of diminuendo (geleidelik sagter).
OEFEN die patroon totdat julle dit ken! Tel hardop saam.
Die komposisie:
Juffrou (of leerders) gooi die dobbelsteen ‘n paar maal en skryf die volgorde van die nommers op die bord neer.
Die groepe speel nou in die volgorde wat deur die dobbelsteen bepaal is. Bv. 1 6 4 1 2 5 1 ens.
Hierdie tipe musiek is in werklikheid Kansmusiek, een van die genres van 20ste eeu se klassieke musiek. Daar word ook selfs beweer dat Mozart soms hierdie metode gebruik het!
Moenie tussenin stop nie! Tel nog steeds 1 – 2 – 3 – 4 – 1 – 2 – 3 – 4 – ens.
Om te eindig: Al die groepe speel saam hulle patrone twee maal. Luister na jou opvoeder – sy sal aandui hoe om geleidelik vinniger en harder te speel om sodoende op ‘n hoogtepunt te eindig. Almal eindig met hulle hande in die lug!
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
MUSIEK |
1.6 fokus op ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse musiekvorms; |
|
|
|
|