Skip to main content

Full text of "Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 6"

See other formats


Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 

Graad 6 



By: 

Siyavula Uploaders 



Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 

Graad 6 



By: 

Siyavula Uploaders 



Online: 

< http://cnx.Org/content/colll012/l.l/ > 



CONNEXIONS 

Rice University, Houston, Texas 



This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under 

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/). 

Collection structure revised: September 8, 2009 

PDF generated: February 6, 2011 

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 61562. 



Table of Contents 



1 Kwartaal 1 

1.1 Skakels in die ekonomiese ketting 1 

1.2 Ek en my gesin 61525 

1.3 Ons land se wette en die ekonomie 61527 

2 Kwartaal 2 

2.1 Die produksielyn 61531 

2.2 Die vervaardiger of produsent 61534 

2.3 Primere, Sekondere en tertiere nywerhede 61537 

3 Kwartaal 3 

3.1 Wat is 'n sakeplan 61543 

3.2 Die besigheidskonsep 61544 

3.3 Hoe gaan die besigheid bedtyf word? 61548 

3.4 Die fmansies van 'n besigheid 61552 

4 Kwartaal 4 

4.1 Begin jou eie besigheid 61557 

Attributions 61562 



IV 



Chapter 1 

Kwartaal 1 



1.1 Skakels in die ekonomiese ketting 1 

1.1.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

1.1.2 Graad 6 

1.1.3 DIE EKONOMIESE SIKLUS 

1.1.4 Module 1 

1.1.5 SKAKELS IN DIE EKONOMIESE KETTING 

1.1.6 A.SKAKELS IN DIE KETTING 

Elke mens, van geboorte tot sterfte, vorm deel van 'n land se ekonomiese siklus. Almal begin by geboorte 
as afhanklikes en word weer afhanklik op hul oudag, maar vir die grootste deel van ons lewens word ons 
voorberei om 'n bydrae te kan maak tot die groei en stabiliteit van 'n land se ekonomie. Jy gaan nou stap 
vir stap deur die siklus geneem word en hopelik kry jy sommer baie duidelikheid oor wat jou spesifieke rol 
in Suid-Afrika se ekonomie is, en gaan wees. 

1. Die huisbewoner 

Dit is die fase waarin jy reeds sedert geboorte is. Dit is sekerlik die lekkerste en sorgvryste fase van almal, 
maar ook daardie fase wat almal so vinnig verby wens. Ons kan nie wag om eendag ons eerste salaris te 
verdien en uit te gee nie! 

Gedurende hierdie fase is jy 'n LEERDER. Vandat jy jou eerste geluid maak, wil almal jou die hele dag 
net leer. Wanneer jy nie op doelbewuste instruksies reageer nie, volg jy onbewustelik ander se voorbeeld na. 
Namate jy ouer word, ontwikkel jy 'n sterk wil van jou eie en stamp dikwels jou kop in die proses om te 
probeer bewys dat jou eie manier van doen BETER is as die voorgeskrewe en beproefde manier. 

ROLSPEL: Doen 'n rolspel van 'n tipiese situasie waar jy en jou ma/pa verskil oor die manier waarop jy 
jou sakgeld verdien/bestee. 

Gedurende hierdie fase van jou lewe is jy hoofsaaklik 'n verbruiker en lewer nie werklik 'n positiewe 
bydrae tot die land se ekonomie nie. Daar is wel sommige entrepreneurs wat reeds op 'n vroee ouderdom 
heel suksesvol fondse genereer. 

1. Die kursusganger 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24138/l.l/>. 



2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Dit is die fase wat gewoonlik net na jou formele skoolopleiding begin. Dit is wanneer jy gereed gemaak word 
vir die wereld van werk of die arbeidsmark. Jy word voorberei om jou loopbaan te begin. Soms studeer jy 
voltyds, maar dikwels word jy opgelei terwyl jy in die praktyk staan - wanneer jy reeds besig is met die werk 
wat jy graag wil doen. Jy bly hoofsaaklik 'n verbruiker en lewer meestal net 'n bydrae tot die ekonomiese 
siklus deur middel van deeltydse inkomstes. 

Baie mense weet reeds van 'n jong ouderdom af presies watter loopbaan hulle eendag wil volg. Ander 
ontdek eers hul ware talente nadat hulle aan die praktyk blootgestel is. Die opleiding vir loopbane verskil 
ook drasties van mekaar. Vir sommige loopbane moet jy 'n jarelange teoretiese kursus volg, terwyl ander 
weer 'n kombinasie van praktiese opleiding en teoretiese werk is. 

Dan is daar diegene wat bloot met die uitsonderlike talente wat hul ontvang het, besluit om hul eie 
besighede in 'n spesifieke veld te begin. So, byvoorbeeld, is mev. X baie goed met naaldwerk en maak sy die 
pragtigste kinderklere wat sy dan by vlooimarkte verkoop, terwyl mnr. Y die werkverrigting van 'n motor 
by sy pa geleer het en 'n baie suksesvolle werktuigkundige geword het. 

Arbeidsmark 

Dit is die fase waarna die meeste jongmense uitsien. Nou kan jy mos doen wat jy wil met die geld wat 
jy verdien. Nou hoef jy nie meer van jou ouers afhanklik te wees nie. 'n Eie motor, eerste blyplek, sorgvrye 
tye. . . 

Die verantwoordelikheid van 'n eie begroting wat moet klop, ruk die meeste egter terug na die werklikheid. 
Dit is harde werk en jou salaris strek nie naastenby so ver as wat jy gedink het nie. Saam daarmee kom 
boonop die verantwoordelikheid van 'n loopbaan. Indien jy wil vooruitgang maak in jou beroep, moet jy 
lang ure werk. 

1.1.6.1 Opdrag 

Besoek jou naaste biblioteek en vind bronne oor loopbaanbeskrywings. Maak nou 'n lys van moontlike 
loopbane waarin jy sou belangstel. Prioritiseer dit. 

Wanneer jy die arbeidsmark betree, is jy 'n volwaardige lid van die ekonomiese siklus en jou werkgewer 
(as jy vir iemand anders werk), of jou eie besigheid (as jy vir jouself werk), sal druk op jou uitoefen om 
resultate te lewer. 

Jy ontvang nie nou alleen 'n groter hap van die ekonomie in die vorm van 'n salaris/inkomste nie, maar 
jy ploeg ook 'n groter deel terug in die ekonomie in ruil vir produkte en dienste wat jy bekom en so vorm jy 
'n belangrike skakel in die ekonomiese siklus van jou land - en indirek van die wereldekonomie. Ja, net soos 
ons land 'n interne ekonomiese siklus het, vorm hy ook deel van die groter wereldekonomie. 

Posisie binne die arbeidsmark 

Die arbeidsmark kan gesien word as 'n leer waarop jy klim met elke verhoging, totdat jy uiteindelik die 
hoogste sport bereik het. 



Direkteur/Eienaar 



Senior bestuurder 



Afdelingsbestuurder 



Posvlak 1 werknemer 



Table 1.1 

Party werknemers verkies om nie in 'n bestuurshoedanigheid te funksioneer nie en word dan bloot binne 
hul eie posvlak bevorder en vergoed. 

Indien jy jou eie besigheid besit, staan jy in diens van jouself. Jy is dan die werkgewer en het moontlik 
mense wat vir jou werk - werknemers. 



Gesels met jou ouers en familielede wat reeds die arbeidsmark betree het en vind uit op watter posvlakke 
hul aangestel is. Stel vas of hul salarisse verband hou met die poste wat hulle beklee en stel vas hoeveel van 
hulle in hul eie diens staan. Doen verslag aan die klas. 



LU 1.1 





Table 1.2 

Belegger 

Die meeste aktiewe lede van die arbeidsmark doen op een of ander stadium 'n belegging of beleggings. 
Sodoende probeer hul nie slegs om hul geld te laat vermeerder nie, maar lewer hulle ook 'n verdere bydrae 
tot die ekonomiese siklus. 

Voorbeelde: 

• koop 'n erf en verkoop dit 'n jaar later teen 'n verhoogde prys; 

• koop aandele in 'n snelgroeiende maatskappy teen 'n relatiewe lae prys per aandeel en verkoop dit dan 
later teen 'n hoer prys; 

• neem 'n uitkeerpolis uit teen 'n bepaalde maandelikse bedrag; ens. 

Gesels met jou ouers en maak 'n lys van nog maniere oor hoe om geld te bele. 

1. Aftrede 

Met aftrede verlaat jy gewoonlik die arbeidsmark. Indien jy voorsiening gemaak het, behoort jy nou 'n 
maandelikse pensioen te ontvang wat genoeg behoort te wees om jou lewenstandaard te handhaaf. Afgetre- 
denes vervul steeds 'n dinamiese rol in die ontwikkeling van die land se ekonomie. Hierdie rol word oor die 
algemeen egter meer passief uitgeoefen, aangesien die meeste afgetredenes dit verkies om in hierdie fase 'n 
rustige bestaan te voer. Hulle word nou hoofsaaklik verbruikers wat nie meer 'n sterk investeringsrol in die 
ekonomiese siklus speel nie. 



1.1.7 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



Die Ekonomiese KringloopDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne 
die konteks van "die ekonomiese probleem" te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



continued on next page 



61525 



1.1 beskryf die rol van huishoudings, sakeondernemings en die staat in die ekonomiese kringloop; 



1.4 verduidelik verskillende soorte belasting en hoe dit verbruikers en sakeondernemings affekteer. 



Table 1.3 



LU 2 



Volhoubare Groei en OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en 
ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



2.3 identifiseer stappe wat die staat kan doen om historiese wanbalanse en armoede reg te stel (bv. 
herverspreiding van hulpbronne, geslagsgelykheid, kapasiteitsbou, die herstel van menswaardigheid, die 
skep van geleenthede vir bemagtiging). 



Table 1.4 

1.2 Ek en my gesin 2 

1.2.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

1.2.2 Graad 6 

1.2.3 DIE EKONOMIESE SIKLUS 

1.2.4 Module 2 

1.2.5 EK EN MY GESIN 

A. EK EN MY GESIN 

'n Gesin is 'n groepering van mense waarvan jy 'n lid is. Alle gesinne het nie dieselfde samestelling nie. 
Party bestaan uit 'n pa en ma met kinders, terwyl ander net 'n pa of 'n ma het. Sommiges sluit die grootouers 
ook in. Dit maak egter nie saak wat die samestelling is nie - almal werk saam ten einde in die ander se 
behoeftes te voorsien. Jou ouers genereer gewoonlik die inkomste ten einde vir alle dienste en produkte wat 
die gesin benodig, te kan betaal. 

Binne die gesin is daar ook 'n ekonomiese sisteem. Terwyl Pa, en soms Ma ook, die vernaamste voorsieners 
van die gesin se inkomste is, ontvang kinders dikwels van hulle ouers 'n bedrag sakgeld wat hulle dan op 'n 
oordeelkundige en verantwoordelike manier moet bestuur. Die sakgeld word ook soms aangevul met ander 
bedrae wat met verjaarsdae ontvang word. Dit spoor kinders dikwels aan om 'n spaarrekening by die bank 
te open. So word baie kinders dan reeds op 'n vroee ouderdom deel van die ekonomiese siklus. 

Die lede van 'n gesin probeer om die hoogste moontlike lewenstandaard volgens hul vermoe te handhaaf. 
Hulle werk om sodoende 'n inkomste te genereer om aan hul basiese behoeftes te voldoen. Hoe meer 'n 
huishouding verdien, hoe hoer sal hul lewenstandaard wees. 

B. WERK / INKOMSTE 

Mense verrig arbeid in ruil vir geld. Dit staan bekend as 'n inkomste. Die geld word dan weer gebruik 
om die nodige goedere en dienste te bekom ten einde te kan oorleef. Hoe meer geld verdien word, hoe groter 
kan die bydrae tot die ekonomiese siklus van die land wees en hoe beter kan die lewenskwaliteit van almal 
wees. 

Werkloosheid 

Almal het egter nie werk nie en sulke mense word as werkloos bestempel. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24140/l.l/>. 



61526 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Bespreek die volgende aspekte in verband met werkloosheid in julle groepe en maak 'n plakkaat ten einde 
julle standpunte duidelik uit te beeld. 

[U+F055] Ken jy enigiemand wat werkloos is? 

[U+F055] Hoe word daardie persoon se lewenstandaard en gemoedstoestand bei'nvloed deur die feit dat 
hy/sy werkloos is? 

[U+F055] Wil hy/sy graag werk? 

[U+F055] Is werkloosheid 'n probleem in ons land? 

[U+F055] Wat dink julle is die hoofoorsake van werkloosheid in SA? 

[U+F055] Wat doen die regering (plaaslik en nasionaal) aan die probleem? 

[U+F055] Watter ander voorstelle kan julle maak om hierdie probleem aan te spreek? 



LU 2.3 





Table 1.5 

Keuse van 'n loopbaan 

Hoe besluit jy watter loopbaan om te volg? Soms volg 'n seun of dogter bloot in die voetspore van hul 
ouers. Ander kere kies kinders loopbane wat verskil van dit wat hul ouers vir hulle in gedagte gehad het. 
Een van die belangrikste vereistes by die keuse van 'n loopbaan is dat jy moet geniet wat jy doen - veral as 
jy die broodwinner is, want dan moet jy vir 'n groot deel van jou lewe volhou met jou loopbaan terwyl 'n 
gesin van jou afhanklik is. 

Elke mens het spesifieke belangstellings en voorkeure en jy moet probeer om hierdie belangstellings met 
jou loopbaankeuse te versoen. Dit is 'n wenresep vir werkbevrediging! 

Gevallestudie: Ontmoet vir Jonathan de Wee 

Ontmoet vir Jonathan de Wee. Hy is 24 jaar oud en het naby Kaapstad grootgeword. Hy het graad 10 
geslaag aan die Hoerskool Excelsior in Belhar. 

Jonathan het grootgeword in 'n familie waar sy pa en sy neef bouers is en van kleins af het hy naweke 
en vakansietye op die boupersele deurgebring. Sy pa, Klaas de Wee, is 'n bouer van formaat, en sy neef, 
Gert Whites, het by Klaas geleer om te bou. Jonathan is baie lief vir die buitelewe en het reeds vroeg in sy 
lewe besluit dat 'n akademiese loopbaan horn nie veel interesseer nie. Sy pa het probeer om horn soveel as 
moontlik bouvaardighede te leer en kennis van die boubedryf te laat opdoen. Jonathan het aan die einde 
van graad 10 besluit om die skoolbanke vir sement, stene en 'n troffel te verruil. 

Hy vaar baie goed in sy werk en pak alreeds groot projekte op sy eie aan. Intussen nader sy pa aftrede 
en sal Jonathan binnekort die besigheid by hom oorneem. 

1,2,6 Assessering 



LU 2 



Volhoubare Groei en OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en 
ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



2.3 identifiseer stappe wat die staat kan doen om historiese wanbalanse en armoede reg te stel (bv. 
herverspreiding van hulpbronne, geslagsgelykheid, kapasiteitsbou, die herstel van menswaardigheid, die 
skep van geleenthede vir bemagtiging). 



Table 1.6 



61527 

1.3 Ons land se wette en die ekonomie 3 

1.3.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

1.3.2 Graad 6 

1.3.3 DIE EKONOMIESE SIKLUS 

1.3.4 Module 3 

1.3.5 ONS LAND SE WETTE EN DIE EKONOMIE 

Die regering se stel reels (wette) wat saamgestel word om die regte en pligte van elke landsburger te omskryf 
en te beskerm, sluit ook 'n begroting in wat uiteensit hoe die regering geld genereer en ook hoe dit spandeer 
gaan word. 

Belasting is een van 'n regering se belangrike bronne van inkomste. Daar is twee hoofkategoriee van 
belasting wat deur ons regering van sy inwoners verhaal word. 

Indirekte Belasting 

Voorbeelde hiervan is: 

BTW - Op byna alle goedere en dienste word belasting op toegevoegde waarde gehef. So sal jy, wanneer 

jy 'n nuwe kledingstuk koop, 14% meer as die oorspronklike prys betaal. Hierdie 14% gaan dan aan die 

regering. Dit is ook gewoonlik ingesluit by die prys, sodat die koper nie nog 'n berekening hoef te maak nie. 

Belasting op brandstof - 'n gedeelte van die bedrag wat jy vir brandstof per liter betaal, word aan 

die regering afgestaan. 




Figure 1.1 



1.3.5.1 Direkte belasting 

Alle mense in die arbeidsmark wat 'n inkomste verdien (in 2005 is dit R35 000 per jaar vir persone onder 
65 en R59 990 per jaar vir persone bo 65), is verplig om inkomstebelasting volgens die lopende betaalstelsel 
te betaal. Die persentasie hang af van die inkomste wat jy verdien en word volgens belastingskale bereken 
en word van maand tot maand van die salarisse afgetrek. Een keer per jaar moet almal wat 'n 'n sekere 
inkomste en hoer verdien, dan 'n stel vorms invul waarin hulle alle vorms van inkomste moet bevestig. Hul 
belasting word dan hiervolgens gekontroleer en uitstaande belasting word dan ingevorder. 

1.3.5.2 Opdrag 

Bereken die BTW op die volgende artikels : 
[U+F0A9] 'n fiets van R860 
[U+F0A9] 'n potlood van R4,95 
[U+F0A9] 'n witbrood van R4,50 
Vind uit of belasting op die volgende artikels gehef word en probeer dit verklaar: 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24148/l.l/>. 



61528 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



• bruinbrood; 

• piesangs; 

• volroommelk. 



LU 1.4 





Table 1.7 




Figure 1.2 



Ons vertrou dat jy nou ietwat meer weet oor jou spesifieke rol in die ekonomiese siklus en hoe die regering 
betrokke is by die hele ekonomiese proses. Met dit in gedagte, probeer jouself oor 10 jaar voorstel en skryf 
'n kort paragraaf oor jou moontlike loopbaankeuse en werkomstandighede soos wat jy dit sien tien jaar van 
vandag af. 

Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



Die Ekonomiese KringloopDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne 
die konteks van "die ekonomiese probleem" te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



1.1 beskryf die rol van huishoudings, sakeondernemings en die staat in die ekonomiese kringloop; 



1.4 verduidelik verskillende soorte belasting en hoe dit verbruikers en sakeondernemings affekteer. 



Table 1.8 



Chapter 2 

Kwartaal 2 



2.1 Die produksielyn 1 

2.1.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

2.1.2 Graad 6 

2.1.3 VAN BOOM TOT BLIK 

2.1.4 Module 4 

2.1.5 DIE PRODUKSIELYN 

2.1.5.1 Die Produksielyn 

Dit is die einde van die maand. Ma se groot inkopietog le voor. Sy moet 'n inkopielys saamstel van al die 
kruideniersware wat sy moet aankoop. 
Opdrag 1 

a) Hou 'n dinkskrum saam met jou ma en maak 'n lys van ten minste 20 verskillende items wat gereeld 
vir julle huishouding aangekoop moet word. 

b) Watter van bogenoemde items word daagliks aangekoop? 

a) Watter van bogenoemde items word weekliks aangekoop? 

a) Watter van bogenoemde items word maandeliks aangekoop? 

a) Waarom word sommige produkte daagliks of weekliks aangekoop, terwyl ander maandeliks aangekoop 
word? (Skryf soveel verklarings moontlik neer.) 



LU 1.1 





Table 2.1 



lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24152/l.l/>. 



61529 



61530 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



a) As jy moet dink aan die vervaardigingsproses waardeur elk van bogenoemde items op jou inkopielys 
moet gaan, sal jy besef dat dit baie verskil. 

Opdrag 2 

Sorteer jou kruideniersware onder een van die volgende opskrifte soos wat dit in die supermarkte aangedui 
word. 



Geblikte 
produkte 


Gevriesde 
produkte 


Graan 


Suiwel 


Vars 

vrugte en 
groente 


Skoonmaak- 
middels 


Toilet- 
ware 


Ander 



















































































Table 2.2 



LU 1.1 





Table 2.3 

Alle produkte het of 'n dierlike, of 'n plantaardige of 'n minerale oorsprong. Dit is almal afkomstig van 
NATUURLIKE HULPBRONNE, dus grondstowwe wat deur die natuur voorsien word. 

2.1.5.2 Plantaardige voedselsoorte 

As ons na produkte soos vrugte en groente kyk, weet ons dat dit nie net in 'n vars en onverwerkte vorm 
in die supermark of kafee te kry is nie. 'n Mens kry meer van vrugte en groente se voedingswaarde in as 
ons dit so vars moontlik eet. In ons daaglikse lewe het ons nie altyd die tyd om die vars produkte betyds 
te verwerk nie. Gelukkig kry ons deesdae die verwerkte vorms ook te koop. Dit is nou wel duurder en van 
die voedingswaarde het verlore gegaan, maar dit kan langer bewaar bly en ma hoef nou minder winkel toe 
te hardloop om vars vrugte en groente in die hande te kry. Sy kan daagliks ook gouer kos voorberei. 

Opdrag 3 

Dink aan soveel moontlik verwerkte vorms van vrugte en groente en skryf dit neer. 



LU3.1 



Table 2.4 



2.1.5.3 Waar kom jou voedsel vandaan? 

Opdrag 4 

• Gaan na julle koskas by die huis. Kyk na die etikette van die ingemaakte (gepreserveerde) groente of 
vrugte. Vra jou ma se toestemming om 'n etiket of twee netjies van 'n blik af te haal en plak dit op 'n 
los vel. 

• Beantwoord nou die volgende vrae oor die etikette. 



61531 



• Wat is die inhoud van die blik? 

• Wie is die produsent van die inhoud? 

• Wat is die graad van die inhoud? 

• Wat is die bestanddele waaruit die inhoud bestaan? 



• Hoe kan die orige inhoud bewaar word nadat die blik oopgemaak is? 

• Wat is die massa van die inhoud 

• met die vloeistof ? 

• sonder die vloeistof? 

• Is die produk plaaslik of oorsee vervaardig? Motiveer jou antwoord 

• Wat is die energiewaarde van die inhoud per lOOg? 

• Inligting soos "Best before April 2007" moet ook op die blikkie verskyn. 
Wat beteken dit? 



Table 2.5 

Opdrag 5 

a) Gaan kyk weer na die etikette op die blikke van plantaardige voedselsoorte. 

Skryf die name van tien verskillende voedselsoorte neer en waar hulle vandaan kom. 



LU3.1 





LU3.1 





Table 2.6 

Opdrag 6 

a) Gebruik meegaande kaart van Suid-Afrika en dui ten minste vyf verskillende plekke daarop aan waar 
sommige van jou voedselsoorte gemaak is. Maak gebruik van 'n atlas om die dorpe/stede te vind. Dui die 
naam met 'n rooi kringetjie aan met die naam in drukskrif daarby. Ontwerp ook jou eie sleutel, bv. om aan 
te dui watter voedselsoort by watter dorp/stad verwerk word. 

b) Waarom is die inmaakfabriek vir groente of vrugte juis in die betrokke dorp of stad? 

2,1,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



continued on next page 



61532 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



LU 1 



Die Ekonomiese KringloopDie leerder is in staat om kermis en begrip van die ekonomiese kringloop binne 
die konteks van "die ekonomiese probleem" te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



1.1 beskryf die rol van huishoudings, sakeondernemings en die staat in die ekonomiese kringloop; 



1.4 verduidelik verskillende soorte belasting en hoe dit verbruikers en sakeondernemings affekteer. 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIELE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat 
om kennis en die vermoe te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en fmansiele vaardighede toe te pas. 



Assesseringstandaarde (ASe) 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afval- 
produkte. 



Table 2.7 

2.2 Die vervaardiger of produsent 2 

2.2.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

2.2.2 Graad 6 

2.2.3 VAN BOOM TOT BLIK 

2.2.4 Module 5 

2.2.5 DIE VERVAARDIGER OF PRODUSENT 

Ja, alle plantaardige voedselsoorte het hul reis na jou toe op 'n begin. Boere verskaf dus 

die GRONDSTOWWE afkomstig van die natuurlike hulpbron, nl. borne of plante, waarvan die uiteindelike 
produk vervaardig word. Die lug, water, land en minerale is ook voorbeelde van NATUURLIKE HULP- 
BRONNE. Die grondstowwe word verskaf aan die VERVAARDIGER wat dit verwerk in FABRIEKE of 
NYWERHEDE. Dit is dus baie belangrik dat ons nie die natuur besoedel nie. 

Dit is belangrik dat 'n boer sy grondstowwe teen 'n basiese prys verkoop wat hoog genoeg is om koste 
te dek en om 'n redelike wins te verdien, maar laag genoeg om sy goedere verkoop te kry. Vandag se regte 
prys kan more heeltemal onvanpas wees as gevolg van veranderende marktoestande. 

Die boer moet dus sy kostestrukture noukeurig ontleed sodat sy uitgawes, d.w.s. sy produksiekoste (lone 
vir werkers, kunsmis, water, vervoer na fabriek, ens.), nie sy inkomste oorskry nie. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24156/l.l/>. 



61533 

Wat is kostestruktuur? 

Dit is die beplanning om seker te maak dat die verkoopprys van 'n item alle koste insluit, asook voorsiening 
maak vir 'n wins. Dit is die enigste manier om sake te bedryf oor die lang termyn om nie bankrot te speel 
nie. 



Agtergrond 



Daar is hoofsaaklik twee tipes boere, nl. kommersiele en bestaans-(selfonderhoudende) boere. 'n Kom- 
mersiele boer verkoop alles wat hy verbou en betaal die werkers wat die verskillende take vir hom verrig. 
Hy maak dus geld uit sy besigheid en voorsien ander mense van voedsel en goedere. Bestaansboere verbou 
slegs genoeg goedere en hou net genoeg diere aan om vir hom en sy gesin te sorg. Elke persoon op die 
plaas is verantwoordelik vir verskillende take en word nie noodwendig daarvoor betaal nie. 



Table 2.8 



2.2.6 Opdrag 1 

Voltooi die volgende tabel om die verskil tussen bestaans- en kommersiele boerdery aan te dui. 



Bestaansboerdery 


Kommersiele boerdery 


1. Plaas is klein. 






Voorsien kos aan 'n groot aantal mense. 




Verskaf werk aan baie mense. 


1. Hou produkte vir eie gebruik. 






Voorsiening van water. 


1. Gebruik primitiewe implemente. 





Table 2.9 



LU 2.1 





Table 2.10 

Om goedere te maak, het 'n produsent materiale, arbeid, kapitaal (geld vir toerusting en geboue) en 
entrepeneurskap nodig. Dit is die vier faktore van produksie. 

1. Wat is materiale? 

Mense het materiale nodig om goedere te kan produseer. Dit kan GRONDSTOWWE (appels, eiers, min- 
erale), semi-voltooide materiale (sy van 'n sywurm wat op 'n tol gedraai is, maar wat nog nie in tekstiel 
geweef is nie) of voltooide materiale (klaarverwerkte grondstowwe, om iets nuuts, bv. kledingstof, van te 
maak) wees. 

Alle produsente benodig ook energie wat uit grondstowwe soos hout, steenkool, water, ens., verkry is. 



61534 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



1. Wat is arbeid? 

Menslike arbeid is nodig om goedere te produseer of om dienste te kan lewer. Mense hoef nie net fisiek 
te werk nie, maar verstandelike arbeid word ook deur hoogsgeskoolde en opgeleide mense gelewer. Sommige 
produkte is ook arbeidsintensief (benodig baie mense), terwyl ander weer min arbeid benodig. Hierdie kennis 
en vaardighede van mense wat gebruik word om produkte te maak of dienste te lewer, word MENSLIKE 
HULPBRONNE genoem. Die vergoeding wat 'n werker in ruil vir sy arbeid ontvang, is 'n LOON of 'n 
SALARIS. 

1. Wat is kapitaal? 

Dit is die geld wat nodig is om geboue, toerusting, gereedskap en masjinerie te koop. 'n Produsent het 
kapitaal nodig om goedere te produseer of dienste te lewer. Die vergoeding wat die eienaar van die kapitaal 
ontvang van die mense wat dit gebruik, word RENTE genoem. 

1. Wat is entrepreneurskap? 

Goeie beplanning, bestuur, besluitneming en die bereidwilligheid om risiko's te neem, is eienskappe van 'n 
entrepreneur. Hy bring die materiale, kapitaal en arbeid bymekaar en verander dit in 'n besigheid. Die 
vergoeding wat 'n entrepreneur ontvang, word WINS genoem. 

2.2.7 Opdrag 2 

'n Tamatieboer lewer vars tamaties aan die plaaslike supermarkte, winkelsen kafees. Daar is verskillende 
mense en dinge betrokke by die verskaffmg van die tamaties. 

Plaas elkeen onder die korrekte faktor van produksie (tamaties, plaaswerkers, boer, banklening, 
verpakkers, stoor, trekker, sleepwa, plastieksakkies, sorteertafel.) 



Materiale 


Arbeid 


Kapitaal 


Entrepreneurskap 



















































Table 2.11 



LU3.1 





Table 2.12 

As die boer egter sy tamaties aan 'n fabriek lewer wat dit verwerk deur dit in te maak, se ons dat die 
grondstof verander is in 'n finale produk. Die proses word PRODUKSIE genoem. Produksie is dus die 
omskepping van grondstowwe in nuttige goedere en/of dienste. 



2.2.8 Assessering 



61535 

LU 2 

Volhoubare Groei en OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en 
ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



2.3 identifiseer stappe wat die staat kan doen om historiese wanbalanse en armoede reg te stel (bv. 
herverspreiding van hulpbronne, geslagsgelykheid, kapasiteitsbou, die herstel van menswaardigheid, die 
skep van geleenthede vir bemagtiging). 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIELE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat 
om kennis en die vermoe te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en finansiele vaardighede toe te pas. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afval- 
produkte. 



Table 2.13 

2.3 Primere, Sekondere en tertiere nywerhede 3 

2.3.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

2.3.2 Graad 6 

2.3.3 VAN BOOM TOT BLIK 

2.3.4 Module 6 

2.3.5 PRIMERE , SEKONDERE EN TERTIERE NYWERHEDE 

Daar is hoofsaaklik drie soorte industriee/nywerhede/bedrywe, nl. primere, sekondere en tersiere industriee. 

1. Wat is primere industriee? 

Dit is nywerhede wat betrokke is by die ontginning van grondstowwe uit die natuur. 

1. Wat is sekondere industriee? 

Dit is fabrieke wat produkte vervaardig, d.w.s. 'n nywerheid wat betrokke is by die omskepping van grond- 
stowwe in goedere. 

1. Wat is tersiere industriee? 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24161/l.l/>. 



61536 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Dit is die besighede wat die dienste lewer om die produkte aan die verbruiker te verskaf of die vervaardigde 
produkte na die verbruiker te vervoer (bemarking en verspreiding) . 

Sorteer die volgende industriee onder die toepaslike hofie: banke, 'n inmaakfabriek, 'n koringplaas, 'n 
supermark, 'n haarsalon, 'n lekkergoedfabriek, visvangs, 'n eiendomsagent, 'n vrugteplaas, 'n beesplaas, 
denneplantasies, 'n groothandelaar, polisie, munisipaliteite, hospitale, skole. 



Primer 


Sekonder 


Tersigr 



















































Table 2.14 



LU3.1 





Table 2.15 

Omdat daar drie tipes industriee is, kan ons ook se dat 'n produk deur drie stadiums van produksie gaan. 
Alle produkte gaan deur die drie stadiums van produksie, naamlik 

Dit word die PRODUKSIEKETTING genoem. By elke skakel in die ketting styg die prys. Wanneer jou 
ma dus 'n blik ingemaakte perskes koop, betaal sy vir die werk van die boer, die vervaardiger, die afieweraar, 
die groothandelaar en die winkelier. 

2.3.6 Opdrag 1 

Kyk na die onderstaande vloeikaart wat beskryf hoe tertappels gemaak word. Identifiseer die primere, 
sekondere en tersiere stadiums van produksie. 



Appels word in 'n appelboord op 'n plaas gepluk. 












Die appels word in die inmaakfabriekverwerk tot tertappels. 












Die blikke tertappels word na diegroothandelaar vervoer. 












Die kleinhandelaar koop ditby die groothandelaar. 












Hy vervoer dit na sy winkel. 












Hy verkoop dit aan die klante (verbruikers). 







61537 
Table 2.16 



LU3.1 



Table 2.17 

2.3.7 Opdrag 2: Groeptaak 

Gebruik prente uit ou tydskrifte en koerante en maak 'n plakkaat om die verskille tussen die primere, 
sekondere en tersiere stadiums van produksie aan te dui. Plak dus prente van produkte wat in die verskillende 
stadiums verkry word. 



LU3.1 



Table 2.18 



2.3.8 Opdrag 3 

Vra jou opvoeder om te reel dat Jul klas 'n plaaslike nywerheid besoek. Teken na afloop van die besoek 'n 
vloeidiagram met byskrifte van die PRODUKSIELYN waardeur die betrokke grondstowwe moes gaan om 
uiteindelik die finale produk te lewer. 



LU3.1 



Table 2.19 

1. Die koste van produksie 

Produsente het materiale, arbeid en kapitaal nodig om goedere te maak. Produksie kos dus geld, want daar 
moet vir elkeen van hierdie insette betaal word. Daar is hoofsaaklik twee kostes van produksie betrokke, nl. 
direkte en indirekte koste. 

Wat is direkte koste? Dit is die materiale en arbeid wat nodig is om dinge te maak. Die direkte koste 
verander volgens die getal items wat produseer word. 

Wat is indirekte koste? Dit is uitgawes soos advertensies en telefoonrekeninge wat nie direk aan die 
produksieproses gekoppel word nie. Sommige indirekte kostes is vaste bedrae wat maandeliks betaal moet 
word, bv. huur, rente, salarisse. Ander verskil van maand tot maand en hang af van die hoeveelheid 
elektrisiteit of water wat gebruik word en die hoeveelheid oproepe wat gemaak is. 

Wanneer jy 'n produk wat jy gemaak het, wil verkoop, moet jy dit vir meer geld verkoop as wat dit jou 
gekos het om dit te maak. Voordat jy dus 'n produk maak, moet jy eers bereken wat dit sal kos. Dit is die 
PRODUKSIEKOSTE. Jy moet ook die produksiekoste uitwerk vir 'n diens wat jy wil lewer. 

Aan die opvoeder: Laat die leerders die volgende opdrag in groepe doen. 

Laat die groep 'n ander item kies. 

1. Probleemstelling 

Jy is 'n ywerige rugbyspeler wat elke Maandag en Woensdag saam met die res van die skool se seuns vir 'n uur 
lank oefen. Omdat dit 'n strawwe rugbyprogram is waaraan die afrigters julle blootstel en julle pootuit na 
elke oefening is, staan julle gewoonlik tou om net 'n slukkie water te kry by die twee krane by die rugbyveld. 
Jy het dadelik die moontlikheid raakgesien om met die afrigters se toestemming gevriesde lollies na die tyd 
aan die seuns te verkoop. Jy het hul mening getoets en die meeste van die spelers (±30) het gese dat hulle 
jou ten minste een keer 'n week sal ondersteun. Nou moet jy aan die werk spring. Gelukkig het van jou 
maats aangebied om jou te help. 



61538 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



2.3.9 Opdrag 4 

Besoek ten minste vyf verskillende groothandelaars/kleinhandelaars/supermarkte/ winkels wat lollies 
verkoop en voltooi dan die volgende tabel 



Naam van Besigheid 


Getal eenhede in 'n pak 


Prys 


Koste per eenheid(Eenheidskoste) 











































Table 2.20 

(L.W. Elke lid van die groep kry 'n winkel om te besoek.) 

2.3.10 Opdrag 5 

By watter winkel gaan julle Jul aankope doen en hoekom? 

2.3.11 Opdrag 6 

As julle 50% wins wil maak op elke item wat julle wil verkoop, hoeveel moet julle vir een item vra? 
Hoeveel wins maak julle per item? 

2.3.12 Opdrag 7 

As jy besluit om weekliks 40 van die items aan te koop, hoeveel moet jy daarvoor betaal? 
Hoeveel eenhede moet jy dus aankoop? 

2.3.13 Opdrag 8 

a) Wat is jou totale wins as jy weekliks 40 verkoop? 

a) Hoe gaan jy die wins onder jou en jou maats verdeel? 

a) Hoe gaan julle die items stoor as julle nie elke week alles verkoop nie? 

a) Watter geld gaan julle gebruik om die eerste keer vir die aankope te betaal? 

a) Watter geld gaan julle gebruik om elke week nuwe voorraad aan te koop? 



LU 4.4 





Table 2.21 

1. Uitdaging 
Waarom probeer julle groep bogenoemde nie prakties uitvoer nie? Laat jou drome 

2.3.14 Assessering 



61539 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIELE KENNIS EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat 
om kermis en die vermoe te toon om verskeie bestuurs- verbruikers- en fmansiele vaardighede toe te pas. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



3.1 verstaan en neem deel aan die produksieproses, van grondstowwe tot eindprodukte, insluitend afval- 
produkte. 



LU 4 



ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, 
vaardighede en -houdings te ontwikkel. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



4.4 ontwikkel en implementeer 'n eenvoudige sakeplan vir 'n handels- of diensonderneming wat van die 
huis of die skool bedryf kan word. 

Table 2.22 



61540 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Chapter 3 

Kwartaal 3 



3.1 Wat is 'n sakeplan 1 

3.1.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

3.1.2 Graad 6 

3.1.3 DIE SAKEPLAN 

3.1.4 Module 7 

3.1.5 WAT IS 'N SAKEPLAN? 

Die Sakeplan 

"Plan your work and work your plan. If you fail to plan, you plan to fail." 

Ancient entrepreneurial truth 

Ja, dit is waar, daar is vandag baie suksesvolle besigheidsmense wat toevallig, sonder veel beplanning, 'n 
sukses van hul "ondernemings" gemaak het. As hulle dit kon doen, dan kan ons seker ook. 

Kom ons kyk na die eenvoudige voorbeeld van vleisbraai. Om sonder enige gereedskap vleis te braai, is 
seker moontlik, maar om dit met behulp van 'n rooster en braaiknyptang te doen, is darem veel makliker en 
minder pynlik. Deur die regte gereedskap te gebruik, verhoog ons net ons kanse op sukses. 

3.1.6 WAT IS 'N SAKEPLAN? 

Dit is 'n dokument wat deur 'n entrepreneur opgestel word om aan te dui wat die aard van die besigheid 
is en watter stappe gevolg gaan word ten einde 'n suksesvolle besigheid daarvan te maak. Dit is soos 'n 
handleiding of padkaart waarteen die entrepreneur hom/haarself voortdurend kan toets om te bepaal of 
hy/sy nog op die regte spoor is. Daar is veral drie redes waarom dit belangrik is vir enige voornemende 
sakepersoon om 'n deeglike sakeplan op te stel: 

• Dit gee die voornemende sakepersoon 'n aanduiding of hy/sy regtig by daardie spesifieke soort besigheid 
betrokke moet raak. 

• Die sakeplan behoort die gevaarsones aan te dui. 

• Dit dien as 'n deurlopende kontrole vir die entrepreneur of hy/sy nog op die regte spoor is. 

• Dit dien as 'n handige dokument vir buite-instansies, soos banke, om te bepaal of hulle by die besigheid 
betrokke wil/kan raak. 



lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24164/l.l/>. 



61541 



61542 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.1.7 WATTER INLIGTING BEHOORT DAAR IN 'N SAKEPLAN 
SAAMGEVAT TE WEES? 

'n Sakeplan behoort antwoorde op die volgende vrae te verskaf: 

• Wie sal belangstel om die produk/diens te koop? 

• Waarom sal hulle dit wil bekom? 

• Hoe gaan die produk/diens bevorder word? 

• Hoeveel gaan die bemarking kos? 

• Wie gaan die produk/diens aflewer/vervaardig en hoeveel gaan dit kos? 

• Hoe gaan die besigheid georganiseer en bestuur word? 

• Waar gaan die geld vandaan kom om die besigheid mee te begin? 

• Gaan die besigheid winsgewend wees? 



3.1.8 Assessering 



LU 4 



ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, 
vaardighede en -houdings te ontwikkel. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



4.2 identifiseer 'n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkooperasies, sport, 
vermaak, toerisme); 



4.3 ontwerp 'n reklameveldtog as promosie vir 'n produk wat winsgewend sal wees; 



4.4 ontwikkel en implementeer 'n eenvoudige sakeplan vir 'n handels- of diensonderneming wat van die 
huis of die skool bedryf kan word; 



4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in 'n eenvoudige sakeaktiwiteit gekom- 
bineer word. 



Table 3.1 

3.2 Die besigheidskonsep 2 

3.2.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

3.2.2 Graad 6 

3.2.3 DIE SAKEPLAN 

3.2.4 Module 8 

3.2.5 DIE BESIGHEIDSKONSEP 

3.2.6 DIE BESIGHEIDSKONSEP 

Selfs die beste entrepreneur in die wereld sal maar sukkel om sekere besighede in sekere omgewings suksesvol 
te bedryf. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24165/l.l/>. 



61543 

• n Naaldwerkwinkel in die middel van 'n industriele gebied sal beswaarlik suksesvol wees. 

• Sal dit raadsaam wees om 'n baie deftige restaurant langs die rioolwerke oop te maak? 

Dit is dus baie belangrik dat 'n entrepreneur sy/haar huiswerk baie deeglik sal doen voordat hy/sy begin, 
'n Goeie en deeglike sakeplan sal verseker dat hy/sy dit wel sal doen. So kan alle moontlike aspekte van die 
besigheid ondersoek word voordat enige geld daarin bele word. 

Die hoofrede waarom iemand in 'n besigheid betrokke raak, is om geld te maak. Maar om geld te kan 
maak, moet die kliente se tevredenheid gewaarborg word - soos ons reeds voorheen bespreek het. 'n Goeie 
sakeplan sal help om te bepaal of dit geslaagd sal wees, 'n Sakeplan moet aantoon waarom die besigheid sal 
slaag in die area waar dit beplan word en waarom die produk/diens wat aan potensiele kliente gelewer sal 
word, sal bevredig. Daar moet op die volgende vrae geantwoord kan word: 

• Wat gaan gedoen word? 

• Hoe gaan dit gedoen word? 

• Waar gaan dit gedoen word? 

• Hoe gaan die produk gestoor word? 

• Hoe gaan die diens/produk aan die kliente versprei word? 

• Hoe gaan die na-verkoopdiens gelewer word? 

• Het die produk 'n unieke, treffende naam en voorkoms? 

• Wie gaan die verbruikers of teikenmark wees? 

• Wat gaan gedoen word? 

Daar is hoofsaaklik vyf verskillende tipes (kategoriee) besighede waarin iemand betrokke kan raak: 

A. grondstowwe 

B. vervaardiging 

C. verspreiding 

D. verkope 

E. diens 

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde: 

aflewering van ballonne 

voorsiening van skoonheidsmiddels 

aflewering van skoonheidsmiddels 

bottelering van minerale/suiwer water 

teel van ongewone troeteldiere 

maak van besigheidskaartjies met foto's 

skoonskrif 

motorwas/poleer 

matskoonmaakdiens 

tydelike kinderoppasdiens 

handwerkbedryf 

platejoggie 

poppe en speelgoed maak 

eksklusiewe dagboeke, groetekaartjies 

kosaflewering 

tuindienste 

aankope, toedraai, versier en aflewering van geskenke 

kruieboerdery 

grasversorging 

swembadversorging 

babadoekaflewering 



61544 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



troeteldierversorging 

troeteldieroppasdiens 

maak van eie tuinkompos 

leesdiens vir bejaardes en blindes 

tweedehandse klerewinkel 

inkopiediens 

versiering/afronding van tuinklippe 

telefoonantwoorddiens 

vensterskoonmaakdiens 

kersvervaardiging 

ysvoorsiening 

konfyt 

kweek van plant jies 



Skryf uit hierdie lys van voorbeelde ten minste twee voorbeelde by elke kategorie van besigheid neer: 



Kategorie 


Voorbeeld 


A. Grondstof 




A. Vervaardiging 





Table 3.2 



A. Verspreiding 




A. Verkope 




A. Diens 





Table 3.3 



LU 4.2 





Table 3.4 



Entrepreneurs luister en soek gedurig na sake-idees wat hulle uit tydskrifte, koerante, gesprekke met 
vriende, ander besighede en bestaande dienste en produkte kry. 'n Ware entrepreneur soek idees om 
bestaande dienste en produkte te verbeter/verander ten einde die verbruikers tevrede te stel. Die pro- 
duk/diens waarmee 'n entrepreneur afskop, word dikwels met 'n beter idee/ander idee vervang namate die 
entrepreneur sy kliente se behoeftes leer ken. 



61545 

Onthou, 'n entrepreneur mag glo dat hy/sy 'n idee het, maar sal daar genoeg wins daaruit gemaak kan 
word om 'n bestaan te voer? Die entrepreneur moet eers die gepaste kliente vind en daarna hul behoeftes 
bevredig deur die geskikte diens/ produk te lewer. 

Hoe word dit gedoen? 

Voorbeeld: 

Marius wil met 'n motorwasbesigheid begin. Hy woon in 'n area waar baie mense nuwe motors besit en 
daagliks groot afstande afle. Die motors word uiteraard gou vuil en die eienaars het nie altyd die tyd om 
hul motors te was nie, al hou almal van 'n skoon motor. Daar het egter pas 'n nuwe vulstasie naby hulle 
oopgemaak met 'n outomatiese motorwasdiens. Indien 'n bestuurder by hierdie spesifieke vulstasie meer as 
R100 se brandstof ingooi, kan hy sy motor by die outomatiese wassery laat was vir slegs R8. Dit is in direkte 
kompetisie met Marius, want die diens word ook baie vinnig gelewer. 

Marius het uitgewerk dat, indien hy sy motorsjampoe, water en tyd in berekening bring, hy nie minder 
as RIO per was kan vra nie. Dit sal veroorsaak dat die kliente sal verkies om eerder by die vulstasie hul 
motors te laat was wanneer hulle brandstof ingooi. 

Miskien moet Marius net sy bemarking reg doen. Dalk moet hy konsentreer op aspekte waaraan die 
vulstasie geen aandag gee nie. Indien hy nie die vulstasie t.o.v. prys kan klop nie, wat dan van die kwaliteit 
van dienslewering en gerief vir die klient? 

Miskien moet Marius sy bemarking beplan rondom aspekte soos die volgende: 

• om die klient se motor by sy huis te was; 

• 'n deeglike skoonmaak van allooiwiele in te sluit; 

• die versekering te gee dat lugdrade nie beskadig sal word nie; 

• dat skoonmaak die stofsuig van die binneruim insluit; 

• dat slegs produkte van hoe gehalte gebruik word; 

• persoonlike en betroubare diens; 

• dat ruite met spesiale middels skoongemaak word; 

• geen lang toue nie; ens. 

Marius moet hierdie diens van horn met mening adverteer en op die voordele daarvan konsentreer. Hy moet 
egter ook bereid wees om slegs 'n basiese motorwas, sonder enige ekstras, aan te bied teen R5, sodat die 
kliente kan ervaar dat hy/sy nog steeds die reg het om 'n keuse uit te oefen. Marius moet ook bereid wees 
om voortdurend na sy kliente te luister om te verseker dat hy altyd een stap voor sy mededingers sal wees 
in 'n poging om die kliente tevrede te stel. 

3.2,7 Assessering 



LU 4 



ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, 
vaardighede en -houdings te ontwikkel. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



4.2 identifiseer 'n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkooperasies, sport, 
vermaak, toerisme); 



continued on next page 



61546 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



4.3 ontwerp 'n reklameveldtog as promosie vir 'n produk wat winsgewend sal wees; 



4.4 ontwikkel en implementeer 'n eenvoudige sakeplan vir 'n handels- of diensonderneming wat van die 
huis of die skool bedryf kan word; 



4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in 'n eenvoudige sakeaktiwiteit gekom- 
bineer word. 



Table 3.5 

3.3 Hoe gaan die besigheid bedtyf word? 3 

3.3.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

3.3.2 Graad 6 

3.3.3 DIE SAKEPLAN 

3.3.4 Module 9 

3.3.5 HOE GAAN DIE BESIGHEID BEDRYF WORD? 

• Hoe gaan die besigheid bedryf word? 

Duisende mense koop en verkoop produkte en dienste, maar almal se besighede word nie op dieselfde manier 
bedryf nie. Party verkoop vanuit 'n mobiele eenheid (roomysman) , ander verkoop vanuit 'n stalletjie langs 
die straat, of selfs op die sypaadjie, terwyl sommiges hul besighede vanuit hul eie huise bedryf. 

• Waar gaan die besigheid bedryf word? 

Dit is baie belangrik om die regte ligging vir 'n besigheid te vind. Baie entrepreneurs se konsepte misluk 
uit die staanspoor, bloot omdat hulle op die verkeerde ligging besluit het. 'n Onderneming moet so na as 
moontlik aan die kliente gelee wees, maar terselfdertyd moet die huur van die perseel nie te hoog wees nie. 
Beantwoord die volgende vrae nadat op die ligging van die besigheid besluit is: 



Wat gaan die adres van die besigheid wees? 

Is dit seker dat die plaaslike owerheid/inwoners sal toelaat dat die besigheid daar bedryf word? 

Waarom is daar op die betrokke ligging besluit? 

Hoe gaan die produk gestoor word? 



Dit sal afhang van die aard van die produk. Is dit bederfbaar of nie? Is dit groot/klein? 'n Stoor mag dalk 
benodig word. Dit is ook die moeite werd om te kyk of dit nie beter is om die produk direk aan die klient 
te lewer nie, eerder as om dit te stoor. 

Diens kan egter nie gestoor word nie. Wanneer 'n diens aan die klient gelewer word, word tyd gelewer 
en moet dit so aantreklik as moontlik gemaak word. Wanneer daardie tyd eers verby is, kan dit nie weer 
teruggekoop word nie. Daar moet daarna gestreef word om in elke moontlike tydgleuf besig te wees en 
sodoende inkomste te genereer. Daarom moet daar op spesiale aanbiedings gekonsentreer word gedurende 
die stil seisoen van die jaar. 

So kan die prys van 'n motorwas byvoorbeeld laer wees in die reenseisoen, omdat voertuie meer gereeld 
vuil word en motoreienaars dalk hul motors meer gereeld laat was. 

Probeer deur ondervinding bepaal watter tyd van die jaar die stil seisoen is en dan aanpassings te maak 
aan die diens wat gelewer word of aan die prys van die produk. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24167/l.l/>. 



61547 



Hoe gaan die diens/produk aan die klient versprei word? 



Wat sal dit verg om die produk vanaf die vervaardigingspunt/aankope tot by die klient te vervoer? Sal 
voertuie en ekstra personeel benodig word? Onthou, die produk moet in 'n goeie toestand by die klient 
aankom. Daarom is spoed belangrik. Dit moet beter en vinniger as die mededinger gedoen word. 

As daar byvoorbeeld besluit word om spesiale vetkoeke met maalvleisvulsels aan skoliere te verkoop, gaan 
dit tog nie by die skool voorberei word nie. Die pousetye sal vasgestel moet word en die vervaardigingskedule 
so opgestel word dat die vetkoeke vars en warm by die onderskeie skole aangebied word. 

In Suid Afrika veral, waar dienslewering dikwels baie swak is, is die spoed en betroubaarheid van die 
diens een van die faktore wat die deurslag kan gee in die sukses van jou besigheid. 

• Hoe gaan die na-verkoopdiens gelewer word? 

Gaan 'n diens aan die klient na die verkoop van 'n diens / produk gebied word en waar gaan hierdie diens 
gelewer word? Word die klient se huis besoek of word die diens vanuit die besigheid bedryf? Indien enige 
beloftes gemaak is of waarborge aan die klient gegee is, moet daarby gehou word. 

Onthou, die klient koop nie net 'n produk / diens nie. Die verhouding met die klient is deel van die diens 
/ produk. Baie entrepreneurs faal as dit by hierdie aspek van die besigheid kom. 

Die klient wil belangrik voel. 'n Betroubare klient kan besigheid se grootste bate word. Dus moet daar 
voortdurend gekonsentreer word op dit wat die kliente gelukkig hou. 

• Gaan die produk 'n unieke en treffende naam en voorkoms he? 

Die beste manier om die sukses van 'n besigheid te verseker, is om dit duidelik te laat uitstaan. Dit moet 
nie net nog 'n produk wees nie. Dit moet uitstaan tussen die massas met 'n unieke en treffende naam en 
logo. Probeer om die teikengroep te tref en probeer iets bied wat die kompetisie nog nie bied nie. 

Voorbeeld: 

Peter verdien 'n goeie inkomste deur die grasperke van die huiseienaars in sy onmiddellike omgewing 
te versorg. Hy onderskei homself van die ander soortgelyke besighede deur die kliente self te laat bepaal 
wanneer hulle gras meer/ minder aandag nodig het. Dan gaan hy verder deur nie net die gras en rande te 
sny nie, maar ook volgens behoefte die gras te voed met bemesting en dan die natmaak- en snyskedule by die 
groeitempo van die gras aan te pas. Peter gebruik voorts 'n roller- grasmasjien wat net die beste eindproduk 
lewer. Hy noem homself "Die grasperkkenner wat 'n saak het met gras" en maak dit sy werk om alles van 
alle verskillende soorte gras te weet. Hy sal ook die eienaars van raad bedien, indien daar grasperke of dele 
daarvan is wat as gevolg van 'n mikroklimaat nie goed op sekere plekke in die tuin aard nie. Voorts kan hy 
daarop roem dat sy tuine/grasperke voorwaar die mooiste in die omgewing is. 

• Wie is die kliente/verbruikers? 

Die kliente is die belangrikste deel van die besigheid. Sonder hulle is daar nie 'n besigheid nie. Dit is dus 
belangrik om uit te vind wie die kliente is lank voordat daar met die besigheid begin word. 

Dink nou aan persone wat as moontlike kliente beskou kan word en beantwoord die volgende vrae: 

• Kan die voorgenome kliente werklik die produk/diens bekostig? 

• Noem drie ander nabygelee entrepreneurs/besighede wat 'n soortgelyke diens/produk lewer: 

• Waarom sal die klient verkies om nie by hulle te koop nie? 

• Hoe gaan die moontlike kopers van die besigheid bewus raak? 



61548 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



LU 4.2 





Table 3.6 



• Watter kompetisie is daar? 

Elke besigheid het te doen met baie verskillende mededingers. Hierdie situasie van die een wat voortdurend 
kompetisie vir die ander een is, skep eintlik geleenthede vir die kreatiewe entrepreneur. Hy/sy moet die 
foute/swak punte van sy/haar mededingers soek en dit tot sy/haar voordeel gebruik. 

Mededingers is nie slegs daardie besighede wat dieselfde diens/produk lewer nie, maar ook ander besighede 
wat ander produkte/dienste lewer. So byvoorbeeld moet die een ruitwasonderneming nie net bedreig voel deur 
'n ander soortgelyke onderneming nie, maar ook deur fabrikate van ruitskoonmaakmiddels wat byvoorbeeld 
nie meer blinkvryf benodig nie, maar slegs aangewend en afgewas hoef te word. 

Onthou, die verbruiker is nie altyd op soek na laer pryse nie. Daar is ook ander faktore soos netheid, 
toeganklikheid, goeie bemarking en persoonlike diens wat vir die verbruiker aantreklik is. 

3.3.6 Opdrag 

• Sal die produk / diens gekoop word? 

Bestudeer die volgende vraelys en gebruik dit as riglyn om te help om op 'n werkbare onderneming te besluit. 
(i) Wat is die naam van die onderneming? 

Wat is die produk/diens? 

Hoekom wil jy dit bemark/verkoop? 

Wie is die kliente? 

Hoe spreek die produk / diens die kliente se behoeftes aan? 

Watter areas gaan bedien word? 

Wie is die mededingers? 

Hoekom sal mense die onderneming bo die van die mededingers verkies? 

Waar is die perseel? 

Wat is die positiewe eienskappe van die perseel? 

Wat is die swakpunte van die ligging? 

Hoekom is op daardie perseel besluit? 



61549 

Wat is die beoogde prys van die produk / diens? 

Hoe gaan die diens / produk aan die gemeenskap bekendgestel word? 

Hoe verskil die pryse van die van die mededingers? 

Hoekom verskil die pryse van die van die mededingers? 

Watter media gaan gebruik word om die onderneming aanvanklik bekend te stel? 

Watter boodskap behoort aan die kliente oorgedra te word? 

Is die produk seisoengebonde? 

Indien JA, wat gaan buite seisoen gedoen word? 

Is daar spesifieke regulasies i.v.m. die produk wat nagekom moet word? 

Hoe voel jou gesinslede oor jou planne? 



LU 4.2 




LU4.5 





Table 3.7 



3.3.7 Assessering 



LU 4 



ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, 
vaardighede en -houdings te ontwikkel. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



4.2 identifiseer 'n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkooperasies, sport, 
vermaak, toerisme); 



continued on next page 



61550 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



4.3 ontwerp 'n reklameveldtog as promosie vir 'n produk wat winsgewend sal wees; 



4.4 ontwikkel en implementeer 'n eenvoudige sakeplan vir 'n handels- of diensonderneming wat van die 
huis of die skool bedryf kan word; 



4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in 'n eenvoudige sakeaktiwiteit gekom- 
bineer word. 



Table 3.8 

3.4 Die finansies van 'n besigheid 4 

3.4.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

3.4.2 Graad 6 

3.4.3 DIE SAKEPLAN 

3.4.4 Module 10 

3.4.5 DIE FINANSIES VAN DIE BESIGHEID 

3.4.6 DIE FINANSIES VAN DIE BESIGHEID 

Hierdie is seker die belangrikste komponent van enige besigheid. Jy wil tog 'n besigheid begin sodat jy kan 
geld maak, reg? Die finansiele beplanning, indien dit deeglik gedoen is, behoort 'n baie goeie aanduiding te 
gee of daar wel geld gemaak gaan word. Daar is veral drie baie belangrike dinge in verband met finansies 
wat onthou moet word: 

• Jy moet weet hoeveel geld benodig gaan word om die besigheid mee te begin. Hoeveel daarvan kan 
jy self voorsien en hoeveel sal geleen moet word? Gaan daar rente betaal moet word op die geld wat 
geleen word, en hoeveel? 

• Jy moet weet of die besigheid 'n wins gaan toon of nie, m.a.w. gaan die totale inkomste hoer wees as die 
totale uitgawes? Probeer om ten minste vir 12 maande vooruit te projekteer (skat) op 'n maandelikse 
basis. 

• Jy moet weet of die geld vinnig genoeg sal inkom ten einde die uitgawes te betaal. Dit word die 
kontantvloei van die besigheid genoem. Kontantvloei is nie dieselfde as wins nie. Indien daar nie 
genoeg kontant is nie, hoe gaan die agterstand weer ingehaal word?. 

• Begingeld (aanvangskapitaal) 

Enige nuwe besigheid het geld nodig om te begin. Dit hoef nie noodwendig baie te wees nie. So, byvoorbeeld, 
sal Peter vir sy grassnybesigheid aan die begin slegs genoeg geld moet uitle vir 'n goeie grassnymasjien en 
randsnyer. 

Ander besighede weer, soos 'n motorhersteldiens, moet baie gespesialiseerde apparaat aankoop ten einde 
goeie diens te kan lewer. 

• Gaan die besigheid 'n wins toon? 

'n Besigheidsplan behoort baie duidelik te toon of die bestaande of voorgenome besigheid winsgewend is of 
gaan wees. Daar is geen sin daarin om 'n besigheid te begin wat nie geld gaan maak nie! 

In die besigheidsplan behoort winsvooruitskatting vir ten minste 12 maande vooruit gemaak te word. 

• Sal die besigheid genoeg kontant genereer? 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24166/l.l/>. 



61551 

Onthou, cms het mos reeds vroeer in die module genoem dat daar 'n verskil tussen kontantvloei en wins is 

Die besigheidsplan moet nie slegs aandui of dit 'n winsgewende besigheid gaan wees nie; dit moet ook 
aandui wat die kontantposisie gaan wees. Die kontantvloei van 'n besigheid is hoe die kontant binne 'n 
maand inkom en uitgaan uit die besigheid. 
Opdrag 

Kom ons bestudeer die volgende voorbeeld wat hierdie konsepte baie goed illustreer: 
Peter se grasversorgingsdiens het een addisionele werker wat R500 per maand verdien. Sy grassnyer het 
gebreek en die herstel en onderdeel kos horn R800, wat hy binne 60 dae moet betaal. Gedurende die spesifieke 
maand ontvang Peter R2500 vir al die grasperke wat hy versorg het. Hy ontvang egter betaling hiervoor eers 
op die derde dag van die volgende maand. Voorts moet hy R300 vir brandstof betaal. 
Kom ons kyk hoe die wins en kontantvloeisituasie aan die einde van die maand lyk: 



WINS 


KONTANTVLOEI 


Diensverkope 


R 


2 500,00 


Kontant in: 


R 


0,00 


Masj ienherstelwerk 


R 


800,00 








Bruto wins 


R 


1 700,00 


Kontant uit: 












Salaris 


R 


500,00 


Uitgawes 






Brandstof 


R 


300,00 


Salaris 


R 


500,00 








Brandstof 


R 


300,00 








Totale uitgawes 


R 


800,00 




















Netto wins:R 1 700,00 - R 800,00 = R 900,00 


KontantvloekKontant in - Kontant uit = R800,00 



Table 3.9 



Dus, al het die besigheid 'n wins van R900,00 vir die maand getoon, is daar steeds 'n tekort van R800,00 
aan die einde van daardie maand. Die besigheid toon 'n goeie wins, maar Peter het finansiering nodig om 
horn met sy kontantvloeiprobleem te help. 

Gebruik nou die volgende voorbeeld om 'n wins/kontantvloeitabel op te stel: 

Mnr. Alfa besit sy eie motorhersteldiens. Hy het twee werktuigkundiges wat vir horn werk. Hul salarisse 
is onderskeidelik Rl 800,00 en R2 600,00 per maand. Hy koop motoronderdele vir R2 100,00 wat hy binne 
90 dae moet betaal. Hy herstel 9 motors gedurende die maand en maak R10 400,00 daaruit. R3 200,00 
daarvan ontvang hy egter eers op die tiende dag van die volgende maand. 

Hy huur 'n werkswinkel teen R900,00 per maand en betaal vir 'n telefoon en elektrisiteit 'n bedrag van 
R450,00 per maand. 



61552 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



WINS 


KONTANTVLOEI 














































































































Netto wins: 


Kontantvloei: 



Table 3.10 

Baie winsgewende besighede sluit, bloot omdat hulle nie hulle kontantvloeiprobleme kan beheer nie. 'n 
Goeie sakeplan sal hierdie probleem duidelik uitwys sodat daar probeer kan word om dit te voorkom. 



LU 4.4 



Table 3.11 

3.4.7 SAMEVATTING 

'N GOEIE SAKEPLAN DEK HOOFSAAKLIK DRIE AREAS. 

(a) Die entrepreneur: 

Die sakeplan moet vir ons aandui wie die entrepreneur is en wat sy/haar ondervinding is. Dit sal duidelik 
aantoon op watter manier die entrepreneur by die besigheid betrokke is, byvoorbeeld as 'n alleeneienaar, 
vennoot of aandeelhouer. 

(a) Die besigheid: 

Die sakeplan moet die naam van die besigheid aandui, se waaroor die besigheid gaan (watter produk/diens 
dit aan die kliente lewer en hoe), waar dit gelee gaan wees en waarom die verbruiker by die produk/diens 
sal baat. 

Dit moet baie duidelik uitspel waarom die klient in die produk sal belangstel en waarom hy dit by jou 
en nie by jou kompetisie sal koop nie. Dit sal ook voldoende inligting oor die potensiele mark oordra. 

(a) Die fmansies: 

Hierdie afdeling van die sakeplan is baie belangrik. Die verskeidenheid fmansiele state sal aandui of daar 
genoeg geld is om die besigheid mee te begin, of dit winsgewend sal wees en of dit genoeg kontant sal genereer 
om dit van maand tot maand te dra. 

Nou is ons gereed om 'n eie sakeplan op te stel. Besluit solank op die aard van die besigheid, en in die 
volgende module sal julle genoeg leiding ontvang ten einde 'n baie volledige sakeplan op te stel. 



3.4.8 Assessering 



61553 

LU 4 

ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, - 
vaardighede en -houdings te ontwikkel. 

Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 

4.2 identifiseer 'n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkooperasies, sport, 
vermaak, toerisme); 

4.3 ontwerp 'n reklameveldtog as promosie vir 'n produk wat winsgewend sal wees; 

4.4 ontwikkel en implementeer 'n eenvoudige sakeplan vir 'n handels- of diensonderneming wat van die 
huis of die skool bedryf kan word; 

4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in 'n eenvoudige sakeaktiwiteit gekom- 
bineer word. 

Table 3.12 



61554 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Chapter 4 

Kwartaal 4 



4.1 Begin jou eie besigheid 1 

4.1.1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 

4.1.2 Graad 6 

4.1.3 'N EIE SAKEONDERNEMING 

4.1.4 Module 11 

4.1.5 BEGIN JOU EIE BESIGHEID 

1. Begin jou eie besigheid 

Sou jy graag eendag die baas wil wees van jou eie besigheid? 

Wat noem ons 'n persoon wat 'n sekere behoefte of begeerte raaksien, 'n blink idee kry om 'n produk 
of diens te lewer en dan 'n besigheid begin om daardie behoefte of begeerte te bevredig? 

'n E r. 

'n Entrepreneur omskep dus 'n behoefte wat hy gei'dentifiseer het in 'n besigheid. 

Die besigheid kan goedere of dienste wees wat gelewer word. 

Wat is goedere? 

Dit is produkte wat vervaardig moet word wat jy dan kan koop. 

Wat is dienste? 

Dit is mense wat 'n sekere werk vir jou doen en jy betaal hulle daarvoor. 

4.1.6 Aktiwiteit 1: 

4.1.7 Om tipiese besighede in my dorp/stad te identifiseer 

4.1.8 [LU 4.2] 

a) Voltooi die tabel deur die name neer te skryf van vyf besighede in jou dorp/stad wat goedere lewer en vyf 
besighede wat dienste lewer. 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24169/l.l/>. 



61555 



61556 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 





Goedere 






Dienste 


1 










2 










3 










4 










5 





















Table 4.1 

Daar is ook besighede wat handel dryf deur produkte te verkoop wat in fabrieke vervaardig is. 

b) Voltooi die tabel deur die name neer te skryf van drie besighede wat handel dryf in klerasie en voedsel. 





Klerasie 






Voedsel 


1 










2 










3 





















Table 4.2 

Winkels wat goedere verkoop, bedryf FORMELE handel, terwyl straathandelaars of smouse, vlooimarkte 
en kattebakverkopings, voorbeelde is van INFORMELE handel. 

4.1.9 Aktiwiteit 2: 

4.1.10 Om my eie potensiaal as entrepreneur te ontleed 

4.1.11 [LU 4.1] 

• Om 'n eie besigheid te kan begin, moet jy sekere persoonlikheidseienskappe he. Kom ons kyk of jy 
moontlik 'n entrepreneur is. Antwoord Ja, Nee of Miskien op elk van die volgende vrae deur 'n 
kruisie in die toepaslike kolom te maak: 



Nr. 


Eienskap 


Ja 


Miskien 


Nee 


A 


Ek hou daarvan 
om dinge op my eie 
te doen. 








continued on next page 



61557 



B 


Dis nooit vir my 
ouers nodig om vir 
my te se om met 
my huiswerk te be- 
gin nie. 








C 


Ek hou van mense 
oor die algemeen 
en wil graag met 
almal in vrede leef. 








D 


Ek hou daarvan 
om vir ander te se 
wat om te doen. 








E 


Ek kry dit reg om 
mense te oorreed 
om saam met my 
'n ding te doen. 








F 


Ek aanvaar mak- 
lik die skuld as iets 
verkeerd loop en 
ek verantwoordelik 
is daarvoor. 









Table 4.3 



Nr. 


Eienskap 


Ja 


Miskien 


Nee 


G 


Ek beplan my 
huiswerk deeg- 
lik voordat ek 
daarmee begin, 
sodat ek dit alles 
kan klaarkry. 








H 


Ek kom dikwels 
met voorstelle 
om iets anders 
te doen in my 
vriendekring. 








continued on next page 



61558 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



I 


As ek sukkel met 
'n huiswerkprob- 
leem, hou ek aan 
totdat ek dit 
regkry. Ek gooi 
nie gou tou op nie. 








J 


Ek kan vinnig 'n 
regte besluit neem. 








K 


My maats kan op 
my staatmaak, 
want ek probeer 
altyd eerlik wees. 








L 


Ek maak grappies 
en probeer positief 
bly as dinge sleg 
lyk. 








M 


Ek hou daarvan 
om te waag en vat 
maklik kanse. 









Table 4.4 

Tel jou hoeveelhede Ja's, Miskiene en Nee's en skryf dit onder neer. 
Interpretasie van antwoorde: 

• Ja:9-13!Jy het 'n kop vir besigheid. Laat jou drome waar word. 

• Ja : 5 - 8 Jy het die potensiaal, maar sal daaraan moet werk. 

• Ja : 1 - 4 Werk aan jou probleemareas. Wonderwerke gebeur nog, of probeer om saam met iemand 
anders wat jou aanvul, 'n besigheid te begin. 

Jy moet 'n sekere persoonlikheid he om 'n suksesvolle entrepreneur te kan word en jy moet ook jou sterk en 
swak punte ken. 

Die eerste stap voordat jy 'n besigheid wil begin, is om te beplan. Jy moet beplan watter produk jy 
wil lewer, waar jy die produk wil verkoop, hoeveel dit jou gaan kos, aan wie jy die produk wil lewer en 
hoe jy die geld in die hande gaan kry om jou besigheid te begin. 

Voordat jy kan begin beplan aan jou eie besigheid, is dit nodig om 'n geleentheid te identifiseer in jou 
onmiddellike omgewing, sodat jou besigheid darem 'n kans het om suksesvol te wees. 

2. Wanneer is 'n besigheid suksesvol? 

• Dit is wanneer dit meer geld inbring (inkomste) as wat dit uitgee (uitgawes). Dit maak dus 'n wins. 

• 'n Besigheid het gewoonlik baie meer verskillende uitgawes as inkomste, want die diens of goedere 
voorsien die enigste inkomste. 

• Voorbeelde van uitgawes as jy goedere verskaf, is BTW, huur, telefoonhuur, elektrisiteit, eiendomsbe- 
lasting, salarisse, die toerusting (masjiene), en die materiale waarvan die produkte gemaak moet word. 
Laasgenoemde word ook die bedryfskoste genoem. 

• Vir 'n besigheid om produktief te wees, het dit materiale, arbeid en kapitaal nodig. Dit is insette wat 
aan 'n besigheid verskaf word. Hierdie insette moet omgesit word in die uitsette, wat die produkte is 
wat verkoop word. 

• Die lewenstandaard van die inwoners van 'n land word in 'n groot mate bepaal deur hoe produktief 
die mense van die land is. Mense moet dinge kan produseer, sodat dit verbruik kan word om weer 
hul lewenstandaard te verhoog. Dit skep dan 'n vraag na die produkte, en dit skep natuurlik weer 



61559 

werk. As al die inwoners van 'n land dus 'n werk kan kry of vir hulself 'n werk kan skep, sal dit die 
lewenstandaard van al die mense verhoog. 



4,1,12 Assessering 



LU 4 



ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, 
vaardighede en -houdings te ontwikkel. 



Ons weet dit as die leerder die volgende doen : 



4.2 identifiseer 'n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkooperasies, sport, 
vermaak, toerisme); 



4.3 ontwerp 'n reklameveldtog as promosie vir 'n produk wat winsgewend sal wees; 



4.4 ontwikkel en implementeer 'n eenvoudige sakeplan vir 'n handels- of diensonderneming wat van die 
huis of die skool bedryf kan word; 



4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in 'n eenvoudige sakeaktiwiteit gekom- 
bineer word. 



Table 4.5 



61560 ATTRIBUTIONS 

Attributions 

Collection: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 6 

Edited by: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/colll012/l-l/ 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Skakels in die ekonomiese ketting" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24138/l-l/ 

Pages: 1-61525 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Ek en my gesin" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24140/Ll/ 

Pages: 61525-61526 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Ons land se wette en die ekonomie" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24148/Ll/ 

Pages: 61527-61529 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die produksielyn" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24152/Ll/ 

Pages: 61531-61534 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die vervaardiger of produsent" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24156/l-l/ 

Pages: 61534-61537 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Primere, Sekondere en tertiere nywerhede" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24161/l-l/ 

Pages: 61537-61541 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



ATTRIBUTIONS 61561 

Module: "Wat is 'n sakeplan" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24164/l-l/ 

Pages: 61543-61544 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Die besigheidskonsep" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24165/l-l/ 

Pages: 61544-61548 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Hoe gaan die besigheid bedtyf word?" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24167/l-l/ 

Pages: 61548-61552 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die finansies van 'n besigheid" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24166/l-l/ 

Pages: 61552-61555 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Begin jou eie besigheid" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24169/l-l/ 

Pages: 61557-61561 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



About Connexions 

Since 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials and 
make them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching and 
learning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors and 
lifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities. 

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12 
schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, including 
English, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is part 
of an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexions 
has partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed course 
materials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.