(navigation image)
Home American Libraries | Canadian Libraries | Universal Library | Community Texts | Project Gutenberg | Biodiversity Heritage Library | Children's Library | Additional Collections
Search: Advanced Search
Anonymous User (login or join us)
Upload
See other formats

Full text of "Kuns en Kultuur Graad 6"

Kuns en Kultuur Graad 6 



By: 

Siyavula Uploaders 



Kuns en Kultuur Graad 6 



By: 

Siyavula Uploaders 



Online: 

< http://cnx.0rg/content/colllOO6/l.l/ > 



CONNEXIONS 

Rice University, Houston, Texas 



This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under 

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/). 

Collection structure revised: September 8, 2009 

PDF generated: February 6, 2011 

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 83. 



Table of Contents 



1 Kwartaal 1 

1.1 Visuele kuns: Kleur 1 

1.2 Om 'n kanon te sing 3 

1.3 Om dialoog met 'n maat te ontwikkel 10 

1 .4 Opwarmings- en vaardigheidsbou 14 

2 Kwartaal 2 

2.1 Om rituele te identifiseer 17 

2.2 Om die belangrikheid van rituele te verduidelik 23 

2.3 Om 'n bepaalde ritueel na te vors 26 

2.4 Om maskers as artefakte vir rituele te skep 31 

3 Kwartaal 3 

3.1 Historoese agtergrond van die danse van ouer mense 41 

3.2 Om kunsvorme in die alledaagse lewe te klassifiseer 44 

3.3 Musiek wat swaarkry uitbeeld 48 

3.4 Verskillende tipes drama 53 

3.5 Kwartaal 4 56 

Attributions 83 



IV 



Chapter 1 

Kwartaal 1 

1.1 Visuele kuns: Kleur 1 

1.1.1 KUNS EN KULTUUR 

1.1.2 Graad 6 

1.1.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.1.4 Module 1 

1.1.5 VISUELE KUNS: KLEUR 

Aktiwiteit 1: (individueel) 

In die klaskamer is 'n klomp vrugte en/of groente neergesit. Jy moet nou 'n deel daarvan teken en dan 
verf. Eers moet ons 'n raampie maak sodat ons 'n deel kan selekteer wat 'n bevredigende komposisie sal 
uitmaak. 

Neem 'n stuk papier, vou dit in twee en knip of skeur: 




\T^Z 



i 




Figure 1.1 



Kyk nou deur die raampie en kies die gedeelte wat jy wil teken. Voordat jy begin teken, beantwoord eers 
die volgende vrae: 

Ek sien nie meer as drie groentes en/of vrugte binne my raampie nie. Waar of vals? 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24307/l.l/>. 



2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Die groente of vrug met die sterkste kleur is ongeveer in die middel van my raampie. Waar of vals? 
Die deel wat ek deur my raampie sien, is nie swaarder of ligter aan die een kant nie. Waar of vals? 

• Indien een of meer van hierdie stellings 'vals' is, verander dit na 'waar' deur die raampie effens te skuif. 

• Teken dan slegs daardie gedeelte op jou papier. 

• Kies nou enige geometriese vorm, soos byvoorbeeld 'n sirkel, 'n vierkant, 'n reghoek, ensovoorts, en 
teken dit bo-oor jou tekening. Jy gaan alles wat binne die geometriese vorm is in warm kleure verf en 
alles buite die geometriese vorm in koue kleure. Vra eers vir Juffrou of Meneer wat warm en koue/ 
koel kleure is. 

• Gebruik vervolgens die drie primere kleure, geel, rooi en blou, om die kleure van die groente en/of 
vrugte wat jy geteken het, te skilder. Moenie die wit en swart vergeet om die dele wat lig en donker 
is, aan te dui nie. Jy kan ook 'n primere kleur met 'n sekondere kleur meng om 'n tersiere kleur 
te kry. 

Aktiwiteit 2: (groepwerk/individueel) 

• In julle groepies gaan julle nou elkeen een groente- of vrugtesoort, wat eie aan Afrika is, van papier 
mache ('n mengsel van stysel of plakpapierlym en opgeskeurde stukkies koerantpapier) maak. 

• Gebruik die ronde vorm wat Juffrou of Meneer vir jou gevra het om klas toe te bring en plak 'n eerste 
laag van stukkies koerantpapier wat deur die stysel of lym getrek is, daarop. Onthou om die stukkies 
papier te laat oorvleuel! 

• Laat dit eers bietjie droog word en plak dan die tweede laag, ensovoorts. Bou so die vorm van die vrug 
of groentesoort - hulle is nooit heeltemal rond nie. Jy is dus besig om 'n drie-dimensionele voorwerp 
te skep. 'n Drie-dimensionele voorwerp is nie plat of twee-dimensioneel soos 'n stuk papier nie. 

• Wanneer die groente of vrugte droog is, kan dit geverf word. Nou kan julle as groep besluit hoe julle 
die groente/ vrugte wil rangskik in 'n houer soos 'n bak of iets dergeliks. Dit kan ook as rekwisiete vir 
die drama gebruik word. 



1.1.6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te 
toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. 



continued on next page 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.6 hieronder, die volgende toon: 



• samewerking met ander lede van 'n groep gedurende kunsaktiwiteite; 



• die vermoe om eie bydraes binne groepverband te lewer; 



aanvaarding van medeleerders; 



VISUELE KUNS (3.6) 



• hulpbronne en materiaalkeuse deel en die keuse van 'n onderwerp onderhandel vir 'n groepprojek 
met die klem op: 



• gesamentlike besluitneming; 

• aanbieding; 

• veiligheid; 

• die omgewing; 

• kulturele diversiteit; 



Table 1.1 

1.2 Om 'n kanon te sing 2 

1.2.1 KUNS EN KULTUUR 

1.2.2 Graad 6 

1.2.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.2.4 Module 2 

1.2.5 OM 'N KANON TE SING 
MUSIEK 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24308/l.l/>. 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



1.2.5.1 Aktiwiteit 1: 

1.2.5.2 Om 'n kanon te sing 

1.2.5.3 [LU 3.5] 

STAP 1 

• Hier volg die notasie van die kanon Viva la Musica. 



VIVALAMUSICA 




'J J ■' I J J j U I J "1 



Figure 1.2 



• Gee 'n grafiese voorstelling van die melodie van al drie frases: 



Frase 1 




Frase 2 




Frase 3 





Table 1.2 

STAP 2 
• Kies die regte beskrywing t.o.v. van die melodie: 



Frase 1 


Het 'n sprong 




Beweeg hoofsaaklik trapsgewys 




Frase 2 


Het 'n sprong 




Beweeg hoofsaaklik trapsgewys 




Frase 3 


Het 'n sprong 




Beweeg hoofsaaklik trapsgewys 





Table 1.3 



Kies die regte beskrywing t.o.v. van die ritme: 



Frase 1 


Voortstuwend 




Minder beweging en sinkopasie 




Herhaling van vorige frase 




Frase 2 


Voortstuwend 




Minder beweging en sinkopasie 




Herhaling van vorige frase 




Frase 3 


Voortstuwend 




Minder beweging en sinkopasie 




Herhaling van vorige frase 





Table 1.4 



STAPPE 3 en 4 



• Verdeel in groepe en volg Juffrou se instruksies. 

• Die klankkleur verander deurdat harmonie gevorm word. Dieselfde harmonie word deurgaans gebruik. 



Kies die woord wat die beste pas: 


HARMONIE 


RITME 


MELODIE 


Hoe lank of kort die note is 




Die wysie 




Die saamklink van note 





Table 1.5 

1.2.5.4 Aktiwiteit 2: 

1.2.5.5 Om 'n twee-stemmige lied te sing en warm en koue klanke te produseer 

1.2.5.6 [LU 3.5] 

1.2.5.7 STAP 1 

• Hier volg 'n tradisionele Zulu-kinderlied: Siyanibingelela (Ons groet julle). 

SIYANIBINGELELA 




Figure 1.3 



1.2.5.8 STAP 2 

• Verdeel in twee groepe (warm en koud) en volg Juffrou se instruksies om die lied twee-stemmig te kan 
sing. 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



1.2.5.9 STAP 3 



#pe Jilirik. 



v mm- J 



\ 



M 




0k xJ •• !-- : 




# at Uirik* 



WARM 



Figure 1.4 



• Probeer die volgende en luister goed na die verskil: 



KOUD 


WARM 



Table 1.6 



Klap met plat hande 


Klap met geronde hande 


Skud blikkie met klippies 


Plaas jou hand bo-op die blikkie en skud dan 


Slaan 'n hangende driehoek met 'n metaalstokkie 


Hou die driehoek in die hand en slaan dan met die 
stokkie daarop 


Klap jou tande op mekaar - oopmond 


Klap jou tande op mekaar - toemond 






Helder, skerp oopklanke 


Dowwe geslote klanke(meer resonant) 



Table 1.7 

Voeg nog voorbeelde by , m.a.w. twee verskillende klanke op dieselfde instrument. 
STAP 4 



• Volg Juffrou se instruksies en voer die lied uit met 'n "instrumentale" tussenspel. 



1.2.6 Aktiwiteit 3: 

1.2.7 Om twee verskillende liedere te kombineer en te sing as 'n twee-stemmige 
lied 

1.2.8 [LU 3.5] 

STAP 1 

• Hier volg twee liedere, een Afrikaans en een Engels! 




Figure 1.5 



JOHN BROWN 







Figure 1.6 



Die twee liedere se karakter verskil - albei klink verskillend. Hoekom? 
• My persoonlike opinie: (Kies geskikte beskrywing) 



Kleure 


meer ritmies 


meer melodies 


Kleure 


manlik 


vroulik 


John Brown 


meer ritmies 


meer melodies 


John Brown 


manlik 


vroulik 



Table 1.8 

STAP 2 

Verdeel in twee groepe bv. dogters (vroulik en melodies) en seuns(manlik en ritmies). 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

• Dogters sing Kleure en onmiddellik daarna volg seuns met John Brown. 

• Ons gaan nou die twee liedere kombineer. Lees ? op 'n fluisterstem deur in die twee groepe - volg die 
polsslag wat Juffrou aangee 



j n j i J J j J J n J 



Rooi en ge-el en pienk en groen Pers o - ran-je en 



l f r u u - i^ > u - p i f r u 

JohnBrown'sbo-dy lies a -mould 'ring in the grave John Brown'sbo-dy lies a 



tr 



.n n J j. 



blou 



Ek kan sing in kleu - re 



^cj* u" r r 'r — r — crtr 

mould -'ring in the grave John Brown's bo - dy lies a 



o .n j j ,» .n j j 



-He- 



sing in kleu - re 



sing in kieu - re ook. 

Ha— 



lj cj ' r r r r — rr 

mould-'ring in the grave, His soul is march - ing on. 



Figure 1.7 



STAP 3 

• Sing die lied twee-stemmig! Wanneer twee liedere saamgesing word kry ons 'n nuwe lied. Sekere 
elemente van die musiek moet egter dieselfde wees. 



KLBUP.E 


7 

• 


JOHN BBOWK 




Dieselfde maateoort 
Tel 4 






Pieseifde tempo 
Vmriig/stadig 






Pieselfde tconsoort 
Eindig op dieseifde noot 






Dieselfde riarmoriie 

Note klink goed aaam 





Figure 1.8 



1.2.8.1 STAP 4 

• Juffrou sal nou 'n begeleiding byvoeg. Kan jy hoor dat dieselfde akkoorde gebruik word, anders sal dit 
verkeerd klink! 



1.2.8.2 STAP 5 

• Sing nou ? op la-la of ander klanke. 



MusieK 

Het sy e\e taaO. 

Alle mense kan saamsinG. 

Musiek is 'n taal vir Suid-AfrikA 

Musiek is 'n taal vir die hele wereld in harmoniE! 



Figure 1.9 



STAP 6 

• Probeer die Skoollied of Nkosi Sikilel'i Africa en John Brown saam! 

Dit klink nie goed nie! 
Hoekom nie? 



. Voltooi die volgende kontrolelys: 


JA 


NEE 


Ek kan John Brown sing 






Ek kan Kleure sing 






Ek kan saam met my groep sing 






Ek kan die tempo hou 







Table 1.9 



1,2,9 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



continued on next page 



10 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te 
toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.6 hieronder, die volgende toon: 



• samewerking met ander lede van 'n groep gedurende kunsaktiwiteite; 



die vermoe om eie bydraes binne groepverband te lewer; 



aanvaarding van medeleerders; 



MUSIEK (3.5) 



• in 'n groep - kanons, ronde- en tweedelige liedjies vanuit minstens drie kulturele tradisies kan sing 
en/of speel; 



Table 1.10 

1.3 Om dialoog met 'n maat te ontwikkel 3 

1.3.1 KUNS EN KULTUUR 

1.3.2 Graad 6 

1.3.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.3.4 Module 3 

1.3.5 OM DIALOOG MET 'N MAAT TE ONTWIKKEL 
DRAMA 

1.3.5.1 Aktiwiteit 1: 

1.3.5.2 Om dialoog met 'n maat te ontwikkel 

1.3.5.3 [LU 3.4] 

DIALOOG 

Dialoog: tweespraak, samespraak tussen twee of meer persone 
Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24309/l.l/>. 



11 



1.3.5.4 Oefening 1 

Laat die leerders die volgende woorde voorstel en dan verbaal daarop reageer: 



lente 




oggend 




son 




berge 




bries 



Table 1.11 



• Neem kennis dat die stem spontaan sal opgaan. 

• Wat ook al verbind is met die opwaartse vloei van die lewe, van energie en verwondering, geesdrif of 
vervoering sal die stem laat opgaan. 

• Laat die leerders ander woorde en frases ondersoek wat die stem sal laat opgaan. 

• Laat die leerders die volgende woorde voorstel en dan verbaal daarop reageer: 



begraafplaas 




grafte 




gemors 




stilte 




dood 



Table 1.12 



• Wat ook al gebonde is aan die afname van energie, met ongevoeligheid en ontnugtering, sal laer gaan 
op die klankskaal. 

• Laat die leerders ander woorde en frases wat hulle stemme donker sal kleur, ondersoek. 

• Omstandighede in die lewe verander die voorkoms van dieselfde frase wat die klem na enige woord 
verskuif en dus 'n nuwe kleur aan die frase gee. 



1.3.5.5 Oefening 2 

• Bied aan die leerders 'n paar frases en laat hulle die frases op verskillende maniere interpreteer. 

Voorbeeld 

1.3.5.6 "Vanaand gaan ons wonderlike sang hoor" 

• Wanneer ons gelei word deur die betekenis van hierdie frase, sal ons die klem op sang plaas. 

• Stel jou voor dat hierdie frase gese word deur 'n entoesiastiese persoon wie se kamer vol prente van die 
Sanger hang. 

• Stel jou voor dat hierdie persoon oorloop van bewondering vir sy sangheld. 

• Stel jou voor hoe hierdie entoesias bogenoemde frase sal se - die klem sal dan op wonderlik val. 

• Stel jou voor dat hierdie frase deur 'n bejaarde professor gese word - vir horn is sang 'n ernstige en fyn 
kuns wat die kultuur en kennis van die kunste versinnebeeld. 

• Die professor praat met minagting oor baie bekende sangers. 

• Die professor sal die frase op 'n ander manier s§ as die entoesias - die klem sal val op sang. 

• Stel jou voor dat die frase gese word deur 'n persoon wat al jare probeer om konserte van hierdie Sanger 
by te woon - die klem sal val op vanaand. 



1.3.6 Dialoog 



• • Die dramaturg moet sy materiaal dramatiseer. 

• Dit moet tot aksie en gesprek getransformeer word. 



12 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1.3.6.1 Oefening 3 

• Laat die leerders 'n kort toneel skryf - een folio - oor 'n gesprek tussen twee mense. 

• Hulle kan self die karakters kies. 

• Groepeer die leerders in pare. 

• Laat die leerders die dialoog lees en dan daarop reageer. 

• Laat die leerders besluit watter dialoog die beste is. 

• Neem die 'wen-dialoog' en laat die leerders dit op verkillende maniere interpreteer - verskillende 
emosies, stemmings, ens. 



1.3.6.2 Aktiwiteit 2: 

1.3.6.3 Om 'n lei- en volgmimieksituasie aan te neem 

1.3.6.4 [LU 3.4] 

MIMIEK 



• 



• 



Mimiek is die tegniek om 'n idee of stemming of karakter uit te beeld deur slegs gebare en liggaams- 
beweging te gebuik sonder enige dialoog. 

Dit hang af van die akteur se vaardigheid hoe hy sy karakter en die omgewing skep deur die fisiese 
bewegings van sy hele liggaam. 



Oefening 4 



Groepeer die klas op in pare. 

Laat die leerders na mekaar kyk. 

Een leerder moet volg, die ander een moet lei. 

Gee verbale opdragte en laat die leerders die instruksies volg terwyl hulle na mekaar kyk, bv. "lig jou 

regterbeen", "vang 'n bal", "water val op jou kop", "maak jou gesig skoon", ens. 

Beplan die instruksies voor die tyd. 



1.3.6.5 Oefening 5 

• Gee die leerders vyf minute om 'n kort lei- en volg- mimieksituasie voor te berei. 

• Maak seker dat hulle begrip toon vir die bewegings wat hulle moet uitvoer. 

• Maak seker dat hulle gebruik maak van die voile omvang van die bewegings wat hulle kan uitvoer. 

• Maak seker dat die storie wat hulle uitbeeld, duidelik is. 

• Laat hulle die mimiek voor die res van die klas doen. 

• Laat die leerders hulle gunsteling mimiekpoging uit die klas kies. 

• Laat al die leerders die 'wen-mimiek' doen met die 'wen-paar' as die leiers en die res van die klas wat 
volg. 

Wenke: 

• Dit is belangrik om 'n klasstruktuur en -beheer tot stand te bring, veral as die klas groot is. 

• Probeer om 'n balans te handhaaf tussen gee en neem, konsentrasie en ontspanning, vryheid en beperk- 
ing. 



13 

• Stel duidelike doelwitte en reels voor. 

• Wees entoesiasties, besorgd en aanmoedigend. 

• Moet nie te veel praat nie. 

• Lei die leerders om te ontdek en wag vir die oomblik wanneer dit gebeur. 

• Reageer op die idees en gevoelens van die klas. 

• Moedig kreatiwiteit aan. 

• Jou opdragte moet kort en duidelik wees. 

• Wees goed voorbereid en aanpasbaar. 

• Beweeg heeltyd tussen die leerders en kyk of hulle die opdragte verstaan en of hulle aanmoediging 
nodig het. 

• Laat die klas altyd op 'n positiewe noot eindig. 

• Ondersteun die goeie en probeer foute ignoreer - terugvoering moet konstruktief wees - nie destruktief 
nie. 



1.3.7 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te 
toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.6 hieronder, die volgende toon: 



• samewerking met ander lede van 'n groep gedurende kunsaktiwiteite; 



• die vermoe om eie bydraes binne groepverband te lewer; 



• aanvaarding van medeleerders; 



DRAMA (3.3, 3.4) 



• gegewe stukkies dialoog saam met 'n maat uitbrei en ontwikkel en die vermoe toon om op 'n maat 
se idees te "voed" en daarop te reageer; 



continued on next page 



14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Table 1.13 

1.4 Opwarmings- en vaardigheidsbou 4 

1.4.1 KUNS EN KULTUUR 

1.4.2 Graad 6 

1.4.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.4.4 Module 4 

1.4.5 OPWARMINGS- EN VAARDIGHEIDSBOU 

DANS/BEWEGING 

Om aan te sluit by die ander dissiplines word daar gefokus op bewegingskwaliteite met die klem op 
Afrika-bewegings, -ritmes en -danse. 

Opwarmings- en vaardigheidsbou 

Opwarming 

• Opwarming behoort toenemend en getrou gedoen te word. Opwarming behoort die liggaam van be- 
serings te vrywaar, soepel te maak, in stand te hou en ook tegniese vaardigheid te ontwikkel. Beweg- 
ingskombinasies en bewegingsreekse behoort ingesluit te word. 

• Volg die opvoeder se leiding waar 'n reeks opwarmingsoefeninge aan jou voorgestel word. Onthou, 
herhaling van reekse en korrekte plasing van die liggaam is te alle tye van belang om die liggaam te 
kondisioneer, soepel te maak en vaardigheid te ontwikkel. 

• Jy sal ook die geleentheid kry om jou eie kombinasies en reekse te skep wat ontwerpelemente vir 
choreografie, soos vinnig, stadig, lig, vloeiend, rukkerig, hoog, laag en stil of rustig, sal insluit. 

• Dansopwarming en -oefeninge wat getrou en doelgerig uitgevoer word, kan ook jou liggaam voorberei 
en versterk vir jou gunsteling sport. 

Verken kwaliteit van beweging 

In die dinamika van energie is ons gemoeid met die kwaliteit van beweging. Die kwaliteit van beweging 
sluit die volgende in: 

• swaaiende - energie wat vrygelaat word met 'n pendulum kwaliteit wat op verskeie maniere uitgevoer 
kan word; 

• perkussiewe - energie word vrygelaat in sterk vinnige bewegings met krag- en stopbewegings, bv. karate 
of boks; 

• gedrae beweging is 'n volgehoue nie-eindigende beweging, bv. 'n arend wat sweef; 

• trilbeweging - 'n vinnige ritmiese ontlading van liggaamsenergie (bewe), bv. die gefladder van 'n 
voeltjie se vlerke; 

• swewende beweging (suspensie) kom voor waar die krag agter die beweging vir 'n kort oomblik staak, 
bv. daardie gevoel waar die liggaam momenteel "stilstaan" by die klimaks van 'n beweging; 

• opvouende beweging - 'n natuurlike val of algehele ineensinking na en saamsmelting met die vloer op 
'n ontspanne wyse 



This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24313/l.l/>. 



15 

Kies 'n primere kleur vir elk van die bewegingskwaliteite en skep jou eie kombinasie deur enige DRIE 
bewegingskwaliteite herhaaldelik te gebruik, soos 'n trilbeweging, swaai en suspensie. 

Kies 'n maat om mee saam te werk, memoriseer mekaar se bewegings en voer die bewegings gesamentlik 
uit. 

Refieksie (Skryf in jou dagboek of joernaal) 

Watter bewegingskwaliteit kan vergelyk word met die Afrika-instrument wat jy in die musiekklas gemaak 
het? 

Hoe kan kleur in beweging uitgebeeld word ? 

1.4.6 Aktiwiteit 1: 

1.4.7 Om verhoudings te verken deur dans 

1.4.8 [LU 3.1, 3.2] 

Verken beskrywende woorde deur beweging. Eksperimenteer met die volgende woorde deur skulpturele vorms 
te maak om die woord te verbeeld. Eksperimenteer en probeer verskeie vorms op verskillende vlakke. 



Beskrywende Woorde 



rus 



skaduwee dun donker swaar stilte 



plat hard sterk lig sag fyn hoekig rond grof 



groot 



Table 1.14 

• Kies een van die gegewe woorde en maak 'n skulpturele vorm om die woord te verbeeld. 

• Kies drie liggaams vorms: een na aan die vloer, een hoog en een op medium vlak. 

• Herhaal hierdie vorms om die beurt totdat die liggaam met gemak van die een vorm na die ander vorm 
vloeiend beweeg. 

• Las die vorms met bewegende aksies (lokomotories) soos 'n draai, 'n glybeweging of 'n sprong (bv. 'n 
vorm op hoe vlak: 'n draai; 'n vorm op lae vlak: rol; 'n vorm op middel vlak: 'n sprong. Herhaal dit 
verskeie kere.). 

• Kies drie kontrasterende woorde en maak drie verskillende vorms. Oefen nou hierdie drie vorms soos 
bo en skakel dit met bewegende aksies aanmekaar. Voeg nou al die liggaamsvorms saam. 

• Oefen en verfyn die bewegings met byvoeging van dinamiese aksies (bewegingskwaliteite) en varieer 
die spoed om kontraste te belig. Werk saam met 'n maat. Leer elkeen se bewegingsreeks vir mekaar 
en voer dit saam uit. 

Gebruik gepaste woordeskat om mekaar se danse te beskryf en te waardeer. 

1.4.9 Aktiwiteit 2: 

1.4.10 Om 'n eenvoudige tradisionele Afrika- of kultuurdans te kies 

1.4.11 [LU 3.1, 3.2] 

Kies 'n eenvoudige tradisionele Afrika- of kultuurdans wat in die gemeenskap gedans word. Vra 'n kundige 
(iemand uit die gemeenskap of 'n klasmaat) wat 'n dans ken om dit aan jou te leer. Oefen en voer die dans 
uit. 



1.4.12 Assessering 



16 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te 
toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.6 hieronder, die volgende toon: 



samewerking met ander lede van 'n groep gedurende kunsaktiwiteite; 



• die vermoe om eie bydraes binne groepverband te lewer; 



• aanvaarding van medeleerders; 



DANS (3.1, 3.2) 



kooperatief saam met maats werk om dansreekse te improviseer en saam te stel; 



• op ondersteunende en konstruktiewe wyse menings deel met ander leerders oor danse uit verskillende 
kulture. 



Table 1.15 



Chapter 2 

Kwartaal 2 



2.1 Om rituele te identifiseer 1 

2.1.1 KUNS EN KULTUUR 

2.1.2 Graad 6 

2.1.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.1.4 Module 5 

2.1.5 OM RITUELE TE IDENTIFISEER 
MUSIEK 

2.1.6 Aktiwiteit 1: 

2.1.7 Om rituele te identifiseer 

2.1.8 [LU 4.4] 

2Alle kulture in die wereld het een of ander vorm van geloof wat deur godsdienstige rituele beoefen word. 

Kies 'n spesifieke ritueel uit jou godsdiensbeoefening, vul dit hier onder in en beantwoord dan die vrae. 
Daarna kan 'n opname gedoen word om te bepaal watter elemente gewoonlik betrokke is by een of ander 
vorm van 'n ritueel van godsdienstige aard. 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24336/l.l/>. 



17 



18 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



RITUEEL: 


JA 


NEE 


KlasmeerderheidJa/Nee 


Is daar musiek by betrokke? 








Is daar beweging by betrokke? 








Is daar dans by betrokke? 








Is daar sang by betrokke? 








Is die woorde van die sang belangrik? 








Is die sang hoofsaaklik solo? 








Is die sang hoofsaaklik samesang? 








Is daar ander elemente wat bydra tot die atmosfeer? (kerse) 








Is daar iets wat almal deel? (bv. brood, wyn) 








Is daar simbole by betrokke? (bv. water) 








Dink jy 'n ritueel kan op sy eie uitgevoer word? 









Table 2.1 

2.1.9 Aktiwiteit 2: 

2.1.10 Om die simboliek in rituele identifiseer 

2.1.11 [LU 4.4] 

Wat is simboliek? 

In rituele speel simboliek 'n belangrike rol. 

• Dink aan die groet-ritueel. 

• Die hande skud is net 'n simbool. Dit skep letterlik 'n band tussen die twee mense en simboliseer 
(dui op, beteken) vriendskap. 

• Nog 'n voorbeeld waar water as simboliek gebruik word is die Hatsiatsia (Uitgespreek: Hat-cha-cha) 

De Hatsiatsia is 'n ritueel uit Ghana wat op die eerste Sondag van elke maand gehou word. Mense staan in 
'n kring met 'n emmer geseende water in die middel. Hulle dans dan stadig om die emmer en elkeen kry 'n 
kans om sy hande in die emmer te steek en dan sy gesig af te vee. Die water word as simbool gebruik 
om die argumente die afgelope maand met vriende en familie "weg te was" (vergewe en vergeet). Die musiek 
word op metaalklokke gespeel. 

1. Wat is die simboliek van water in jou geloof /godsdiens? 

1. Hoekom dink jy is die woorde van die sang belangrik in 'n ritueel? 



1. Wat dink jy is die simboliek van die samesang in 'n ritueel? 



19 

2.1.12 Aktiwiteit 3: 

2.1.13 Om die funksie van musiek in rituele te ondersoek 

2.1.14 [LU 4.4] 

MUSIEK EN SIMBOLIEK 

Musiek speel 'n belangrike rol in rituele. Spesifieke musiek word dikwels geassosieer met sekere rituele. 

• Luister na die musiekvoorbeelde. 

• Besluit dan met watter van die onderstaande rituele jy dit sou verbind. 

• Teken enige simbool wat jy met hierdie rituele sou assosieer. 



Skoolbyeenkoms 


Troue 


Nasionale vakansiedag 


Sport byeenkoms 



Table 2.2 

Voorbeeld 1 
Voorbeeld 2 
Voorbeeld 3 
Voorbeeld 4 

• Die funksie van Musiek in rituele 

• Almal sing en/of dans saam. 'n BAND word gevorm 

• Die woorde van die lied wat ons sing dra 'n BOODSKAP uit. 

• Terwyl ons sing ervaar almal EMOSIES: vrolik, hartseer, trots, opgewondenheid. 

• Die lied skep 'n spesifieke ATMOSFEER: feestelik, spokerig. 

Ondersoek die musiek 

• 'n Sportritueel 

Voltooi nou die volgende t.o.v. die musiek in 'n sportritueel, bv. in 'n wedstryd tussen Suid-Afrika en 
Engeland: 

• Watter band word gevorm? 

• Watter boodskap word uitgedra? 

• Watter emosies word ervaar? 

• Watter tipe atmosfeer word geskep? 

• 'n Skoolritueel 

Voltooi nou die volgende t.o.v. die musiek in 'n skoolritueel: 

• Watter band word gevorm? 



Watter boodskap word uitgedra? 



20 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



• Watter emosies word ervaar? 
Watter tipe atmosfeer word geskep? 

• 'n Godsdiensritueel 

Stap 1 

Lees die volgende, eers in Afrikaans en dan in Xhosa: 



Patroon 1 


Patroon 2 


A - men ons loof en prys U naam 


A- men 


A -men 




• M 


■ ^^^ 


A- men See -yah-koo -doo -mee -saah 


A- men 


Ba - who 



Figure 2.1 



Stap 2 

Verdeel in groepe en voer die opdragte uit wat Juffrou van julle vra. 

Kies die korrekte term: 



• Herhaling / nabootsing / vraag-en-antwoord is wanneer dieselfde patroon deur dieselfde stem herhaal 
word. 

• Herhaling / nabootsing / vraag-en-antwoord is wanneer dieselfde patroon deur 'n ander stem herhaal 
word. 

• Herhaling / nabootsing / vraag-en-antwoord is wanneer twee stemme verskillende patrone gebruik om 
mekaar op te volg. 

Stap 3 

MASITHI staan ook bekend as "Die Groot Amen". 

Stephen Molefe ('n onderwyser) het hierdie Xhosa-lied gekomponeer. 

Aan die einde van die erediens is daar gewoonlik 'n dankseggingsgebed. As slot van die dankseggingsgebed 
sluit die res van die gemeentelede by die prediker aan met hierdie lied. Die betekenis van die woorde is "Kom 
ons se: Amen, Ons prys U". 

Stap 4 

Sing die lied! 



21 



masithi 



EH 

J' J J' n i j i i .1 .'' i h m m 

A -men Si- ya-ku -du- mi - sa* (Ma - si - thi) A -men Ba-wo 



Si - ya - ku - du - 



Figure 2.2 



Stap 5 

Voltooi die volgende deur die korrekte woorde te kies: 



atmosfeer 


vraag-en-antwoord 


boodskap 


band 


herhaling 


dankbaarheid 



Table 2.3 

1. Die gemeentelede sing saam met die prediker die slotsang. Daar is dus 'n 
tussen die al gemeentelede en die prediker. 



1. Die woorde dra 'n uit, nl. "Ons prys U" (geloof) 

2. 'n Gewyde word geskep. 

3. Die emosie wat ervaar word is die van . 

4. Kenmerke van hierdie lied: en 



2.1.15 Aktiwiteit 4: 

2.1.16 Om 'n ritueel te skep en uit te voer 

2.1.17 [LU 4.4] 

Skep nou julle eie ritueel! Skryf oor die volgende nadat jou groep 'n finale besluit oor die volgende aspekte 
geneem het. 

• Spesifieke geleentheid 

• Simbool en simboliek daaragter 

• Beweging 

• Sang en woorde 

• Begeleiding 

• Ander 



2.1.18 Assessering 



22 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en om 'n verskei- 
denheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.4) 



musiek wat die simboliek van rituele kan navors, skep en aanbied. 



DRAMA (4.2 - 4.3) 



• 'n kulturele ritueel (religieuse seremonie of sosiale viering) dramatiseer en die gebruik van drama- 
elemente (bv. patroon, repetisie, sekwens) demonstreer; en 



• die belangrikheid van hierdie ritueel aan die deelnemers kan verduidelik. 



DANS (4.1) 



'n sang-en-dansritueel kan navors, probeer en verduidelik (bv. slangdans, rietjiedans, stokdans) deur 
te verwys na die doel en struktuur - patrone, herhaling en sekwens; en 



VISUELE KUNS (4.5 - 4.6) 



die gebruik van verskeie artefakte in kulturele rituele kan demonstreer en beskryf; en 



continued on next page 



23 



• muurskilderye in eie gemeenskap as 'n vorm van kommunikasie kan navors met die klem op die 
beoogde boodskap, teikengroep, tegnieke, gepaste materiale, tekens en simbole. 



Table 2.4 

2.2 Om die belangrikheid van rituele te verduidelik 2 

2.2.1 KUNS EN KULTUUR 

2.2.2 Graad 6 

2.2.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.2.4 Module 6 

2.2.5 OM DIE BELANGRIKHEID VAN RITUELE TE VERDUIDELIK 

DRAMA 

In hierdie module gaan ons kyk na die ritueel, en dan meer spesifiek, die huwelikseremonie. 

2.2.5.1 Aktiwiteit 1: 

2.2.5.2 Om die belangrikheid van rituele te verduidelik 

2.2.5.3 [LU 4.3] 
NAVORSING 

2.2.5.4 Oefening 1: Projek 



• 



Doen navorsing oor 'n ritueel van jou keuse nadat jou opvoeder die agtergrond gegee het. 
Bied 'n geskrewe-, visuele- of modelinge-projek oor jou gekose ritueel aan. 
Die navorsingsprojek kan die volgende insluit: 



prente, foto's, tekeninge 

• video's 

• kostuums 
rekwisiete (items met betrekking tot die tema) 
demonstrasies 
musiek 

Geskrewe projekte moet ingehandig en uitgestal word. 
Mondelinge en visuele projekte moet aan die klas gebied word. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24381/l.l/>. 



24 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

2.2.5.5 Aktiwiteit 2: 

2.2.5.6 Om 'n kulturele ritueel te dramatiseer 

2.2.5.7 [LU 4.3] 

DIE TROUE 

Baie van die waardes en interpretasies van verskillende kulture word voorgestel in die huwelikseremonie. 
Die gebeure by 'n troue word bepaal deur geloof en kultuur. 

Oefening 2: Navorsing 

• Vors 'n huwelikseremonie van 'n spesifieke kultuur na. 



• 



Hierdie navorsingsprojek moet die volgende insluit: 



• geloof van die kultuur wat nagevors word 

• tradisies 

• musiek, liedere 

• dans 

• kostuums (trourokke, ens.) 

• simboliese elemente 

• kos 



• die seremonie (gee van ringe, breek van glase, ens.) 

• voorbeelde van trougeskenke (indien enige) 

• omgewings (kerke, tempels, moskees, ens.) 

• die ritueel 

• aspekte van die kultuur 

• die verskillende rolle van die mense betrokke (mans, vrouens, kinders, oumense, ens. 

• bied jou projek vir die klas aan - in groepe, in pare of individueel 



Verskillende huwelikseremonies om na te vors: 

• Indies 

• Joods 

• Afrika 

• Christelik 

• Japannees 

• Grieks 

Oefening 3: Dramatisering 



Kies twee huweliksrituele uit die aanbiedings wat jy graag sal wil dramatiseer. 
Verdeel die klas in twee groepe - elke groep moet 'n verskillende ritueel dramatiseer. 
Elke leerder in die klas moet betrokke wees by die dramatisering en 'n rol verpersoonlik: 



• bruid en bruidegom 

• die gevolg (blommemeisies, strooijonkers, strooimeisies, ens.) 

• familielede 

• gaste 
persoon wat die seremonie lei (priester, rabbi, imam, ens.) 

• musikante 

• sangers 



• 



25 

• fotograaf 

• Elke ritueel moet die volgende insluit: 

• kostuums 

• rekwisiete 

• musiek en sang 

• dans 

• seremonie 

• gebeure voor en na die seremonie 

• optog 

• Repeteer die dramatisering van die huweliksritueel. 

• Voer die rituele op. 



2,2,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en om 'n verskei- 
denheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.4) 



musiek wat die simboliek van rituele kan navors, skep en aanbied. 



DRAMA (4.2 - 4.3) 



• 'n kulturele ritueel (religieuse seremonie of sosiale viering) dramatiseer en die gebruik van drama- 
elemente (bv. patroon, repetisie, sekwens) demonstreer; en 



continued on next page 



26 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



die belangrikheid van hierdie ritueel aan die deelnemers kan verduidelik. 



Table 2.5 

2.3 Om 'n bepaalde ritueel na te vors 3 

2.3.1 KUNS EN KULTUUR 

2.3.2 Graad 6 

2.3.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.3.4 Module 7 

2.3.5 OM 'N BEPAALDE RITUEEL NA TE VORS 
Dans 

• Dans is een van die oudste vorms van uitdrukking en kommunikasie. Dans is gebruik vir 'n verskei- 
denheid van redes, vanaf die vroegste tye deur middel van rituele, soos oorlogsdanse, geestelike danse 
en om die lewe te verheerlik, soos troues, geboortes en kronings. Belangrike gebeure in die geskiedenis 
word deur dans uitgebeeld. Die waardes, gelowe en tradisies van kulture word weerspieel in danse en 
van generasie tot generasie oorgedra. Dans is gedurig besig om te ontwikkel en verander met nuwe 
invloede van die gemeenskap en individuele kunstenaars. 

• In hierdie module word jy gelei om 'n verskeidenheid vorms van kommunikasie en uitdrukking in dans 
te analiseer en te gebruik in jou eie danse en jy sal in staat wees om dansrituele na te vors, uit te toets 
en te verduidelik. 

2.3.6 Aktiwiteit 1: 

2.3.7 Om 'n bepaalde ritueel na te vorsen die bewegings met musiekbegeleiding 
te demonstreer 

2.3.8 [LU 4.1] 

• 'n Ritueel is die voorgeskrewe of vasgestelde vorm van 'n godsdienstige of ander seremonie en sluit in 
algemene of saamgestelde voorgeskrewe vorms wat verduidelik kan word as stereotipe aktiwiteite en 
enige formele aktiwiteit, instelling of prosedure wat deurentyd gevolg word in godsdienstige, sosiale of 
ander rituele. 

Voorbeeld: Reendanse, oorlogsdanse, troues, begrafnisse,bediening van die nagmaal, doopplegtighede, ens. 

• Oefening 

Vors 'n huweliksritueel na en demonstreer die bewegings betrokke by die geselekteerde ritueel. Gepaste 
musiek kan gekies word om jou dans te begelei. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24382/l.l/>. 



27 

2.3.9 Aktiwiteit 2: 

2.3.10 Om vir rituele dansoefeninge op te warm 

2.3.11 [LU 4.1] 

• Voordat jy kan begin om jou dans te skep, moet jou liggaam goed opgewarm word om beserings te 
voorkom en jou voor te berei op die aktiwiteite wat gaan volg. 

• Die opwarming kan met musiek gedoen word. Kies musiek waarmee jy gemaklik voel en wat nie te 
vinnig is nie. 



• 



• 



• 



• 



• Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye. 

• Asem in deur jou neus, lig jou arms bo jou kop. 

• Asem uit deur jou mond, laat sak jou arms en buig jou kniee terselfdertyd. 
Herhaal vier keer. 

Beweeg van kant tot kant op een plek. 

Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek terwyl jy nog steeds van kant tot kant 
beweeg op een plek (herhaal agt keer). 

Hou beweging - laat sak jou arms - draai skouers om die beurt (herhaal agt keer). 

• ou beweging - draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer) . 

Buig en maak kniee reguit - stoot boude uit - kniee en voete wys vorentoe (herhaal agt keer). 

Buig kniee - kniee en voete wys vorentoe - boude uit - sit hande op kniee - trek rug op (soos 'n kat) 
en ontspan) (herhaal agt keer). 

Bly in vorige posisie - lig tone alternatiewelik - hou hakke op die vloer (herhaal agt keer). 

Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer). 

Maak bene wyer oop - sit jou hande op jou heupe - voete en kniee wys na buite - strek van kant tot 

kant - hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer). 



• 



Strek ("lunge") na regs en hou strek vir vier tellings. 

• Strek na links en hou strek vir vier tellings. 

• Kom terug in plie - posisie (kniee gebuig, kniee en voete wys na buite) - hande op heupe - buig en 
maak kniee reguit (herhaal agt keer). 

• Hou bene oop en kniee gebuig en lig jou voete om die beurt terwyl jy op een plek bly (herhaal agt 
keer) . 

• Bring voete na mekaar toe en loop op die plek (agt tellings). 

• Loop op een plek met voete bymekaar en dan oop vir agt tellings. 

• Loop op een plek - lig arms op en af (herhaal agt keer) . 

• Loop op een plek - herhaal asemhalingsoefening. 

• Die opwarming moet nie minder as drie minute en nie langer as vyf minute duur nie. 

• Jy moet regdeur hierdie oefening normaal asemhaal. 



28 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

2.3.12 Aktiwiteit 3: 

2.3.13 Om wedersydse vertroue met 'n dansmaat te bewerkstellig 

2.3.14 [LU 4.1] 

• Om jou in staat te stel om jou dans suksesvol uit te voer moet jy vertroue bewerkstellig tussen jouself 
en jou maat. 

Jou maat moet dieselfde lengte as jy wees. 

[U+F034] Kyk na jou maat - hou albei hande vas - sit julle voete so na as moontlik aan mekaar en trek 
terug met jou gewig. 

[U+F034] Hou hierdie posisie vir 'n ruk. 

[U+F034] Staan langs jou maat en kyk na voor - hou een hand vas - sit julle voete so naby aan mekaar 
as moontlik en trek van mekaar af weg. 

[U+F034] Verander hande terwyl julle na agter draai. 

[U+F034] Staan met jou rug na jou maat - val agtertoe en laat jou maat toe om jou te vang - neem 
beurte. 

[U+F034] Kombineer hierdie oefeninge en vorm 'n sekwens. 

[U+F034] Ondersoek eenvoudige armbewegings. 

[U+F034] Ondersoek draaibewegings. 

• Nota: Hierdie oefening moet gedoen word sonder om jou stem te gebruik omdat jy moet konsentreer 
op balans en tydsberekening. 

2.3.15 Aktiwiteit 4: 

2.3.16 Om 'n HUWELIKSDANS te verduidelik en te demonstreer 

2.3.17 [LU 4.1] 

• Die vorige vertrouensoefening dien as voorbereiding vir die Huweliksdans. Hierdie dans word in pare 
gedoen. 

Gebruik die inligting oor 'n huweliksritueel wat jy nagevors het, en doen die volgende: 

[U+F034] Demonstreer jou huweliksritueel aan die res van die klas. 

[U+F034] Kies een dans van al die danse wat in die klas gedoen is. 

[U+F034] Beweeg in lyne en sirkels soos in 'n optog. 

[U+F034] Werk met oop- en toebewegings, swaaibewegings en draaibewegings om samehorigheid voor te 
stel. 

[U+F034] Werk aan motiewe gebaseer op buig, lig, reik, sak, hurk, oop, toe, draai, kniel, gesamentlike 
beweging, lei en volg. 

[U+F034] Deel idees en bou aan 'n seremoniele huweliksdans gebaseer op stadige, bewegingspatrone, 
duidelike liggaamsvorms en vergrote en oordrewe gebare. 

[U+F034] Kies ritualistiese musiekstukke met definitiewe ritmes van verskeie kulture. 

[U+F034] Bespreek die verskille in geestelike uitdrukking. 

[U+F034] Ondersoek die emosies betrokke in 'n huwelikseremonie. 

[U+F034] Ondersoek kostuums en rekwisiete betrokke by 'n huwelikseremonie. 



29 

2.3.18 Aktiwiteit 5: 

2.3.19 Om na dansoefeninge op die regte manier af te koel en te strek 

2.3.20 [LU 4.1] 

• Dit is belangrik om die spiere wat gebruik is gedurende die oefeninge te strek, anders sal jy "stywe" 
spiere vir die volgende drie dae ervaar. 

Kies musiek met 'n stadige tempo. 

[U+F034] Le op jou rug op die vloer - arms bo jou kop uitgestrek - bene reguit. 

[U+F034] Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (behou strek vir agt tellings 
en ontspan). 

[U+F034] Bring arms af na sye. 

[U+F034] Buig jou kniee, maar hou jou voete op die vloer. 

[U+F034] Bring een been na jou bolyf - trek die been met albei hande na jou bolyf toe - jou knie is nog 
steeds gebuig (behou vir agt tellings). 

[U+F034] Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strek forseer nie). 
Behou vir agt tellings. 

[U+F034] Ruil bene om. 

[U+F034] Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande - lig jou kop en 
skouers effens. (behou vir agt tellings). 

[U+F034] Laat sak jou bene na links - hou jou bolyf en skouers op die vloer - arms uitgestrek na die 
kante. 

[U+F034] Ruil om na regterkant. 

[U+F034] Bring bene weer na middel - sit regop - kniee gebuig - hande op kniee - maak jou rug reguit 
- trek jou bolyf deur jou bene met jou hande op jou kniee. 

[U+F034] Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig. 

[U+F034] Krul stadig op - hou bene gebuig - kop kom laaste op. 

[U+F034] Skud alle beweeglike liggaamsdele. 

• Alle strekke moet vir agt tellings gehou word. 

• Die afkoel en strek moet nie korter as drie minute ennie langer as vyf minute wees nie. 

• Alle strekke moet stadig uitgevoer word om beserings te voorkom. 

2.3.21 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en om 'n verskei- 
denheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



continued on next page 



30 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.4) 



• musiek wat die simboliek van rituele kan navors, skep en aanbied. 



DRAMA (4.2 - 4.3) 



• 'n kulturele ritueel (religieuse seremonie of sosiale viering) dramatiseer en die gebruik van drama- 
elemente (bv. patroon, repetisie, sekwens) demonstreer; en 



die belangrikheid van hierdie ritueel aan die deelnemers kan verduidelik. 



DANS (4.1) 



• 'n sang-en-dansritueel kan navors, probeer en verduidelik (bv. slangdans, rietjiedans, stokdans) deur 
te verwys na die doel en struktuur - patrone, herhaling en sekwens; en 



VISUELE KUNS (4.5 - 4.6) 



• die gebruik van verskeie artefakte in kulturele rituele kan demonstreer en beskryf; en 



• muurskilderye in eie gemeenskap as 'n vorm van kommunikasie kan navors met die klem op die 
beoogde boodskap, teikengroep, tegnieke, gepaste materiale, tekens en simbole. 



Table 2.6 



31 

2.4 Om maskers as artefakte vir rituele te skep 4 

2.4.1 KUNS EN KULTUUR 

2.4.2 Graad 6 

2.4.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.4.4 Module 8 

2.4.5 DIE GEBRUIK VAN ARTEFAKTE BY KULTURELE RITUELE 
Visuele Kuns 

2.4.6 Aktiwiteit 1: 

2.4.7 Om 'n oorsig te kan gee oor die gebruik van artefakte by kulturele rituele 
(individueel) 

2.4.8 [LU 4.5] 

Julie het reeds in Musiek, Drama en Dans kennis gemaak met rituele en seremonies. Vanaf die vroegste 
tye is daar van kunsvoorwerpe of artefakte gebruik gemaak gedurende rituele. Artefakte is voorwerpe wat 
deur die mens gemaak is, soos byvoorbeeld wapens, gereedskap, kleding, juweliersware, maskers en houers 
vir kos, water, ensovoorts. Artefakte verskaf belangrike leidrade tot die ontrafeling van die menslike evolusie, 
ekologiese toestande, asook prehistoriese beskawings. Van die oudste artefakte is ruwe klipimplemente wat 
tot drie miljoen jaar terugdateer. 

Artefakte is dus mensgemaakte voorwerpe wat in die verlede gemaak is, maar in die hede behoue gebly 
het en kan as verteenwoordigend van sekere kulture gesien word. Reeds 50 000 jaar gelede is hierdie vorm 
van kuns gebruik tydens rituele en seremonies waar daar byvoorbeeld vir die geeste gevra is vir suksesvolle 
jagtogte. Wat ons vandag as antieke artefakte beskou, was vir daardie kulture alledaagse gebruiksvoorwerpe 
vir oorlewing en is beslis nie beskou as antiek of 'n vorm van kuns nie. 

Vandag kommunikeer die mens, bewustelik of onbewustelik, deur middel van simbole. Selfs wanneer ons 
taal gebruik, hou 'n woord byvoorbeeld nie direk verband met die voorwerp of idee wat dit verteenwoordig 
nie, maar is eerder 'n simbool daarvan. Net so is rituele onskeibaar van enige kultuur. Basies is 'n ritueel 
'n opvoering, beplan of 'n improvisasie, wat die alledaagse lewe in 'n ander konteks verplaas. Die krag van 
so 'n ritueel le in die herhaling daarvan. Wanneer 'n ritueel bewustelik beplan word, word dit 'n seremonie 
genoem. Seremonies oorbrug alle kulturele en etniese grense. Dink byvoorbeeld aan 'n massa mense van 
verskillende kultuurgroepe wat opstaan wanneer die volkslied gespeel word. Die idee van seremonies kom 
bykans in alle kulture en lande voor en word dikwels as 'sosiale drama' beskryf. 

Sommige rituele het oor die jare heen deel geword van kulture en kom in alle gemeenskappe voor as 'n 
herbevestiging van sosiale waardes. Die vier fokuspunte in elkeen se lewe, ongeag van die gemeenskap of 
kultuurgroep, is GEBOORTE - PUBERTEIT - HUWELIK - DOOD. 

Beantwoord die volgende vrae oor bogenoemde gebeurtenisse binne julle eie gemeenskap asook TWEE 
ander gemeenskappe. 

Vraelys: 



Gebeurtenis 



Betrokkegemeenskap Artefaktegebruik 



continued on next page 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24386/l.l/>. 



32 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



GEBOORTE 


1. 




2. 




3. 




PUBERTEIT 


1. 




2. 




3. 




HUWELIK 


1. 




2. 




3. 




DOOD 


1. 




2. 




3. 





Table 2.7 



2.4.9 Aktiwiteit 2: 

2.4.10 Om MASKERS AS ARTEFAKTE vir rituele te kan skep(individueel) 

2.4.11 [LU 4.5] 

Kyk mooi na die verskillende tipes maskers hieronder en bespreek dan die ooreenkomste en verskille tussen 
die onderskeie maskers en enige ander voorbeelde van maskers waaraan julle kan dink of wat julle al gesien 
het. 

Besluit vir watter een van die bogenoemde rituele julle 'n masker wil maak. (Hierdie maskers kan ook 
vir die Drama-opvoering gebruik word.) 



33 




Figure 2.3 



Julie moet ook ten minste twee ander artefakte vir dieselfde ritueel kan beskryf en demonstreer. 
MAAK VAN 'N MASKER 
Stap 1 

Neem 'n stuk sagte karton, groot genoeg om jou kop te pas, en vou dit om sodat die twee ente vasgekram 
kan word. 



34 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.4 



Stap 2 

Pas die ronde stuk karton oor jou kop en maak merkies waar jou oe en mond gelee is. Verwyder die 
karton en skeur gaatjies groot genoeg vir die oe om deur te kan sien en vir die mond om deur asem te haal 
en te praat. 



35 




Figure 2.5 



Stap 3 

Heg 'n neus (toiletrolletjie of enige ander geskikte kartonhouertjie) aan die voorkant van die masker 
en begin byvoorbeeld wenkbroue, ore, lippe, tande, hare en/of 'n baard bylas. Maak gebruik van ander 
afvalmateriale soos wol, gare, knope en botteldoppies. 



36 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.6 



Stap 4 

Gebruik nou waskryte of pastelle om kleur aan die masker te gee deur die oe en mond te omlyn. Probeer 
ook om kleurvolle patrone vir versiering op die masker te gebruik. 



37 




Figure 2.7 



2.4.12 Aktiwiteit 3: 

2.4.13 Om MUURSKILDERYE na te vors en om self een te ontwerp (individueel) 

2.4.14 [LU 4.6] 

As inleiding tot hierdie aktiwiteit moet julle eers in julle eie omgewing gaan kyk na MUURSKILDERYE as 
'n vorm van kommunikasie. Gedurende hierdie navorsing moet jy kyk na: 

[U+F034] Die beoogde boodskap (wat probeer die muurskildery se of kommunikeer?) ; 

[U+F034] Teikengroep (op wie is die muurskildery gemik - jongmense, ouer mense, vrouens, mans, 'n 
sekere kulturele groep, ens?); 

[U+F034] Tegnieke (hoe en waarmee is die muurskildery gemaak?); 

[U+F034] Gepaste materiale (is die materiale geskik vir 'n muur?); 

[U+F034] Tekens (enige herkenbare tekens?); 

[U+F034] Simbole (enige simbole verwant aan die onderwerp of kultuur?). 

Wanneer julle van die huis af skool toe gaan of terug, sal julle graffiti op 'n verskeidenheid plekke sien. 
As julle nie voorbeelde van muurskilderye kry nie, kan julle ook graffiti volgens die punte hierbo ontleed. 
Probeer om die verskille tussen goeie en vandalistiese graffiti raak te sien. 

Na bespreking van 'n paar voorbeelde van muurskilderye in die klas, moet elkeen 'n ontwerp vir 'n 
muurskildery-paneel op papier skep. Kies eers saam met Juffrou of Meneer 'n spesifieke tema, soos byvoor- 
beeld die werk van 'n bekende kunstenaar, VIGS of omgewingsbewaring, bekende artefakte of selfs rituele 
en seremonies. 

Wanneer julle elkeen 'n ontwerp op papier geteken het, sal julle onderwyser vir elkeen 'n blok buite die 
klaskamer gee. Nou kan julle met gekleurde bordkryte julle ontwerpe binne die sementvierkantjie teken. 



38 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

2,4,15 Assessering 



39 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en om 'n verskei- 
denheid vorme van konimunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



VISUELE KUNS (4.5 - 4.6) 



die gebruik van verskeie artefakte in kulturele rituele kan demonstreer en beskryf; en 



• muurskilderye in eie gemeenskap as 'n vorm van konimunikasie kan navors met die klem op die 
beoogde boodskap, teikengroep, tegnieke, gepaste materiale, tekens en simbole. 



Table 2.8 



40 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Chapter 3 

Kwartaal 3 



3.1 Historoese agtergrond van die danse van ouer mense 1 

3.1.1 KUNS EN KULTUUR 

3.1.2 Graad 6 

3.1.3 KRITIES EN KREATIEWE REFLEKSIE 

3.1.4 Module 9 

3.1.5 HISTORIESE AGTERGROND VAN DANSE VAN OUER MENSE 

3.1.6 Dans 

Deur hierdie aktiwiteit sal jy die wonderlike wereld van dans ontdek en meer uitvind oor die historiese 
agtergrond van die danse van ouer mense. 

3.1.6.1 Aktiwiteit 1: 

3.1.6.2 Om navorsing te doen oor danse soos gedoen deur vorige geslagte DIE TROUE 

3.1.6.3 [LU 2.1] 

Agtergrond: Sosiale Dans 

Dans: die mees artistiese van sosiale tydverdrywe en die mees sosiale van artistiese tydverdrywe. 

In alle gemeenskappe vorm dans 'n integrale deel van mense se leefstyl. Dans is nie net 'n weerspieeling 
van die lewe nie, maar ook 'n basiese menslike uitdrukking van die lewe self. 

Terwyl die aanvanklike motivering om te dans meeste van die tyd 'n sosiale een is en die struikelblok om 
die dans te leer uit die weg geruim is, vind baie mense die musiek, die atmosfeer en die dans die geleentheid 
om 'n nuwe persona aan te neem. In 'n oomblik kan die danser geestelik en emosioneel weggevoer word 
na omtrent enige scenario van hulle keuse - 'n Texas dansplaas, 'n elegante gala-bal in Wene, 'n Karibiese 
strandpartytjie, 'n deftige dansete in London se Weseinde, 'n agterstraatse kroeg in Buenos Aires, 'n karnaval 
in Copacabana, 'n klub in ou Havana, 'n bulgeveg in Valencia, 'n New York-nagklub of 'n kafee in Parys! 

Die musiek en die plek skep die atmosfeer, maar dit is die danser wat sy eie individualiteit deur middel 
van die taal van dans uitdruk. 

Jy hoef nie 'n goeie danser te wees om die dans, die musiek, die stemming, die atmosfeer en, natuurlik, 
die sosiale lewe te geniet nie. Dans is toeganklik vir almal, ongeag hulle ouderdom of vaardigheid. 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24389/l.l/>. 



41 



42 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Dans is ook 'n wonderlike manier om fiks te bly 
dit soveel pret is om te doen! 

Dui die kulture van die volgende danse aan. 



fisies sowel as geestelik, en die wonder van dans is dat 



Die Dans 


Die Kultuur Van Dans 


Wals 




Two-step 




Lyndans 




Volkspele 




Tradisionele Afrika-dans 




Foxtrot 




Indiese danse 




Rock 'n Roll 




Jive 




Paso Doble 




Lambada 




Tango 





Table 3.1 



Navorsingsopdrag 

• Doen navorsing oor die bruilofsritueel van jou kultuur. 

• Fokus op die inhoud, doel en unieke eienskappe van die sosiale danse wat op troues gedans word. 

• Probeer om die volgende te vind om jou aanbieding te versterk: 

- musiek 

- rekwisiete 

- kostuums 

- grimering 

- prente 

• video's 

Aanbiedingsvraelys: 

1. Hoekom het jy hierdie spesifieke kultuur vir jou navorsing gekies? 

2. Sal jy graag meer oor hierdie dans wil leer en dit ook kan dans? 

3. Wat was die interessantste deel van jou navorsing? Waarom? 

4. Het jy van die musiek of begeleiding gehou? Waarom? 

5. Is daar 'n ander kultuur se dans wat jy eerder sou wou navors? Waarom? 

6. Wat is die ooreenkomste tussen die verskillende kulture in jou klas se danse? 

7. Wat se die bewegings van die dans vir jou oor die kultuur? 

8. Beskryf die sekwens van die dans: 

- Hoe begin dit? 

- Wat gebeur volgende? 

- Hoe eindig dit? 

9. Watter bewegings is min of meer dieselfde as die wat jy by jou klasmaats geleer het? 

10. Is dans vandag dieselfde as die danse wat jy nagevors het? Hoe is hulle eenders of verskillend? 



43 

3.1.7 Assessering 



44 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte 
en style van die verlede en die hede te refiekteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele 
inhoude, doel en unieke eienskappe; 



Table 3.2 

3.2 Om kunsvorme in die alledaagse lewe te klassifiseer 2 

3.2.1 KUNS EN KULTUUR 

3.2.2 Graad 6 

3.2.3 KRITIESE EN KREATIEWE DENKE 

3.2.4 Module 10 

3.2.5 OM KUNSVORME IN DIE ALLEDAAGSE LEWE TE IDENTIFISEER 

3.2.6 Visuele Kuns 

3.2.6.1 Aktiwiteit 1: 

3.2.6.2 Om verskeie kunsvorme in die alledaagse lewe te identifiseer en te klassifiseer 

3.2.6.3 [LU 2.5] 

• In Modules 1 en 2 het jy al kennis gemaak met kunselemente soos lyn, vorm, toonwaardes, kleur en 
komposisie.In Module 3 sal daar meer gefokus word op tenia, onderwerp en skaal van kunswerke 
by die huis, in die gemeenskap en in openbare plekke. 

STAP 1 

Aangesien ons in die alledaagse lewe omring word met 'n verskeidenheid van kunsvoorwerpe, -beelde en 
-werke, is dit belangrik om al hierdie verskillende visuele kunsvorme te kan identifiseer. 

Voltooi die volgende tabel: 

Voorbeelde Van Kunswerke In Die Alledaagse Lewe 



By my huis 



In my gemeenskap 



In openbare plekke 



Table 3.3 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24408/l.l/>. 



45 

STAP 2 

Kyk nou weer na jou tabel en omkring al die items wat te make het met VERSIERING (om 'mooi' te 
lyk of dekoratief te wees) en onderstreep al daardie items wat 'n DEFINITIEWE FUNKSIE het of vir iets 
spesifieks gebruik word. Sommige items sal aan albei voldoen en dus sowel omkring as onderstreep wees. 

STAP 3 

Kies nou in jou lys vyf van die onderstreepte kunswerk-items wat funksioneel is of gebruik word en 
groepeer hulle volgens die vyf temas hieronder (sorg dat jy minstens een uit elke kolom van jou tabel kies): 

Bruikbare Kunswerke 



TEMA 


KUNSWERKE 


ADVERTENSIE/ REKLAME 








INLIGTING 








GEMAK 








VERMAAK / ONTSPANNING 








PERSOONLIKE GEBRUIK 





Table 3.4 

STAP 4 

Laastens moet jy na die skaal van die kunswerke kyk, m.a.w. die grootte van die kunswerke. Maak 'n 
lys van tien kunswerke, gekies vanuit jou eerste tabel, en rangskik hulle van die kleinste tot die grootste. 
(Nommer 1 sal die kleinste wees en nommer 10 die grootste): 

Lys van kunswerke volgens skaal 



Skaal van Klein tot Groot 




Kunswerke 


Kleinste 


1. 






2. 






3. 






4. 






5. 






6. 






7. 






8. 






9. 




Grootste 


10. 





Table 3.5 



46 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



• Skryf nou 'n paragraaf van ongeveer 60 - 80 woorde in jou leerderjoernaal (of op los papier wat jy as 
bladsye na hierdie een kan invoeg) om te verklaar hoekom elkeen van die tien kunswerke wat jy gelys 
het op daardie spesifieke skaal gemaak is. (Kyk na die verband tussen die kunswerk en die grootte 
daarvan) . 



3.2.6.4 Aktiwiteit 2: 

3.2.6.5 Om 'n omgewing te verbeter en te verfraai 

3.2.6.6 [LU 2.5] 

• Bestudeer die illustrasie hieronder. Wys met kleurpastelle of waskryte en/of gekleurde bordkryte hoe 
jy die gellustreerde omgewing sal verbeter of verfraai. Kyk weer na jou eerste tabel vir inspirasie. 




Figure 3.1 



47 




Figure 3.2 



3.2,7 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



continued on next page 



48 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



LU 2 



REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte 
en style van die verlede en die hede te refiekteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele 
inhoude, doel en unieke eienskappe; 



DRAMA 



2.2 uitvind oor verskillende tipes drama in die land en verbande volgens oorsprong en ooreenkoms tussen 
party van hulle raaksien; 



MUSIEK 



2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek; 



2.4 m.b.v. 'n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit 
watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik 
word, verduidelik; 



VISUELE KUNSTE 



2.5 die hoofdoel en ontwerp-kwaliteite van kunswerke in die huis, die gemeenskap en openbare plekke 
identifiseer volgens tema, onderwerp en skaal. 



Table 3.6 

3.3 Musiek wat swaarkry uitbeeld 3 

3.3.1 KUNS EN KULTUUR 

3.3.2 Graad 6 

3.3.3 KRITIESE EN KREATIEWE REFLEKSIE 

3.3.4 Module 11 

3.3.5 MUSIEK WAT SWAARKRY UITBEELD 
Musiek 

• Mense gebruik musiek om boodskappe uit te dra. 

• Jou situasie bepaal dikwels wat die lirieke en die boodskap sal wees. 

• Ons gaan luister na DRIE tipes musiek wat swaarkry uitbeeld en fokus op die geskiedenis daaragter, 
die boodskap van die lirieke en waarvoor die liedere gebruik word. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m25971/l.l/>. 



49 



■^ "Wer^fiedties" 7\ 



Ml 

CO 

\ 

Ik 



"Spirituals" 
"(Bfues" 



J 



•^3/aH\ v 



Figure 3.3 



Aktiwiteit 1: 

Om werkliedere te ondersoek 

[LU 2.4 

Agtergrondinligting 

Die lied waarna ons gaan luister, het sy ontstaan gehad by die goudmyne aan die Witwatersrand en kan 
geklassifiseer word as 'n werklied. 

Terwyl die mans gewerk het, het hulle gesing. Hierdie werkliedere het die mense gehelp om die verveling 
van die harde werk te vergeet. Terwyl hulle byvoorbeeld met die pikke gekap het, het hulle die liedere op 
die ritme van die gekap gesing. Die ritme van die lied en die werkaksie vorm 'n eenheid. 

STAP 1 

Luister na die opname van "Shosholoza" en beeld die pik-kap-aksie saam met die opname uit. (Kap met 
die "pik" elke keer op die eerste polsslag). 

Hier volg die woorde: 

Shosholoza 

Ku lezontaba 

(Jy dwaal rond in daardie berge) 

Stimela si qhamuka e South Africa 

(Die trein is van Suid-Afrika) 

3.3.5.1 Wen u ya baleka 

3.3.5.1.1 Ku lezontaba 

3.3.5.1.2 (Jy verdwyn of hardloop weg) 

Stimela si qhamuka e South Africa 

(Die trein is van Suid-Afrika) 

Let op die herhaling van die melodie en woorde! 

STAP 2 

Hierdie lied is ook 'n voorbeeld van tradisionele musiek uit Afrika. Hier volg 'n aantal kenmerke van die 
meeste tradisionele musiek uit Afrika. 



Luister na die musiek en dui aan, in die blokkies, die kenmerke wat in hierdie lied teenwoordig is. 



50 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 





'n Groep mense neem deel. 




Slegs mans neem deel. 




Die sang is dikwels onbegeleid. 




Roep-en-Antwoord: solis en groep wissel mekaar 
af. 




Gesing vir spesifieke geleenthede, bv. troue, 
aanbidding. 




Gaan gewoonlik gepaard met dans, beweging 

en/of handeklap. 




Die musiek is mondelings oorgedra en niemand 
weet wie presies dit geskep het nie. Die woorde het 
ook mettertyd verander: van die woorde is vergeet 
en ander mense voeg hul eie woorde na willekeur 
by- 




Die ritme van die musiek word dikwels bepaal deur 
die natuurlike spraakritme (bv. die neiging om die 
laaste lettergreep van 'n woord uit te rek; daarom 
kry ons ritmepatrone wat eg aan Afrika is). 




Dieselfde melodiese patrone word dikwels her- 
haal. 




Dieselfde ritmiese patrone word dikwels herhaal. 




Dieselfde woorde word dikwels herhaal. 



Table 3.7 

STAP 3 

Luister hoe Ladysmith Black Mambazo die lied sing. Die woorde is soos volg: 



Vers 1: 




ShosolozaWork, work, working in the sunWe will 
work as oneShosolozaWork, work, working in the 
rain'Til there's sun again 




Vers 2: 


ShosolozaPush, push, pushing on and onThere's much to be doneShosolozaPush, push, pushing in the 
sunWe will push as one 



Table 3.8 



Hierdie weergawe is gesing vir die Springbok-rugbyspan. Hoekom dink jy is dit 'n goeie sportlied? 

Tuiswerk: Vind uit omtrent nog kunstenaars wat 'n opname van hierdie melodie gemaak het: 

Skryf nou jou eie 3de vers - let op die herhalings. 

STAP 4 

Navorsing: -Dink aan 'n werk wat vandag gedoen word en waarvoor jy 'n werklied kan skryf. 

- Waaroor dink jy sal moderne sangers sing? Hoekom is daar 'n verskil? 

'n WERK VANDAG: 

WAAROOR MODERNE SANGERS SING: 



51 

DIE VERSKIL: 

Aktiwiteit 2: 

Om "spirituals" te ondersoek 

[LU 2.3, 2.4] 

STAP 1 

Agtergrondinligting 

Spirituals het in Amerika onstaan. Jare gelede (voor 1865), gedurende die tydperk van slawerny, is mense 
vanaf Wes-Afrika se kus ingevoer om as slawe in die plantasies te werk. Terwyl die slawe gewerk het, het 
hulle werkliedere gesing wat gebaseer is op tradisionele volksmusiek uit Afrika. Hierdie liedere is gesing om 
hulle persoonlike gevoelens uit te druk en om mekaar op te beur. 

Na werk het hulle in die kampe gesing. Hulle het gebruik gemaak van teksgedeeltes uit die Bybel en 
melodiebrokkies van gesange wat hulle buite die kerke (Westerse musiek) gehoor het. Hierdie "stukkies" 
musiek en teks het hulle gebruik om hul eie liedere (spirituals) van hoop en vertroue te skep. 

Die eerste vorm van spirituals was "krete" (shouts) - 'n oorlewing van 'n primitiewe Afrika-dans. Dit 
het daaruit bestaan dat die mans en vrouens in 'n kring staan en begin dans, handeklap en voetstamp; 
aanvanklik stadig en al hoe vinniger. Dieselfde musikale frase is oor en oor herhaal vir ure totdat almal in 
vervoering was. Dit het daartoe gelei dat vrouens neerval en skree en mans moeg uit die kring tree. 

Die lirieke van spirituals is nou verbind met hul 'skrywers', die slawe. Terwyl werksliedere gebaseer is op 
die daaglikse lewe, is spirituals gebaseer op die boodskap van Die Bybel : "Jy kan gered word". Hulle kon 
met Bybelse figure identifiseer, byvoorbeeld Josef (wat deur sy broers as slaaf verkoop is) en die Jode wat 
ook slawe in Egipte was. Hulle het geglo dat hulle gehelp sou word om vry te word, net soos wat die Here 
hierdie Bybelse figure gehelp het. 

Die lirieke is dus hoofsaaklik gebaseer op 'n verlange na vryheid en 'n beter land. Woorde soos "home" 
en "Canaan's land" kom herhaaldelik voor en is simbolies van hulle soeke na 'n beter lewe in hierdie wereld, 
sowel as in die hiernamaals. 

Soos volksmusiek, is die komponiste van meeste van die "spirituals" onbekend, aangesien dit mondelings 
oorgedra word. Die woorde verskil van streek tot streek omdat mense, wanneer die woorde vergeet is, hul 
eie woorde na willekeur bygevoeg het. 

Beantwoord die volgende vrae: 

In watter land het spirituals ontstaan? 

Waarvandaan is die slawe ingevoer om op die plantasies te werk? 

Wat het die slawe gedoen om hulleself en ander te motiveer? 

Waar het hulle in aanraking gekom met Westerse musiek? 

Hoe is die eerste spirituals genoem? 

Dink jy dis 'n gepaste naam? Gee 'n rede vir jou antwoord. 

Die woorde "home" en "Canaan" word dikwels in spirituals gebruik. Wat simboliseer dit? 

Wat is die verskil tussen werkliedere en spirituals? 

Noem twee komponeer-tegnieke wat in beide spirituals en werkliedere gebruik word. 

Luister na die opname van " Swing Low, Sweet Chariot " en sing saam elke keer wanneer die 
woorde " Coming for to carry me home" voorkom. 

Swing low, sweet chariot 

Coming for to carry me home 

Swing low, sweet chariot 

Coming for to carry me home 

If you get there before I do 

Coming for to carry me home 

Tell all my friends, I'm coming too 

Coming for to carry me home 

Wat is die boodskap van die lied? 

STAP 2 



52 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Spirituals is 'n voorbeeld waar daar oorvleueling in musiek plaasvind: elemente uit Westerse sowel as 
Afrika-musiek word gekombineer. 

Hier volg 'n aantal kenmerke van die spirituals. Luister weer na die opname en dui met 'n A of W aan 
of die kenmerk in die tabel: 

tipies is van Afrika-musiek (A) of Westerse musiek (W); 

in hierdie spesifieke lied ( [U+F034] ) teenwoordig is. 



KENMERK 


WESTERS/AFRIKA 


TEEN-WOORDIG 


'n hele groep mense neem deel 






gaan gepaard met dans, beweging, handeklap 






roep-en-antwoord: die groep antwoord die leier 






die groep herhaal dikwels dieselfde woorde (frase) 






die leier sing dikwels lang teruggehoue frases 






die groep sing dikwels korter gesinkopeerde frases 






gaan gepaard met "moaning" en "groaning" 






sterk ritmies met sinkopasie 






melodiee afkomstig van gesange 






ritmiese patrone word oor en oor herhaal 






melodiese patrone word oor en oor herhaal 






gebaseer op pentatoniese toonleer 







Table 3.9 

STAP 3 

Huiswerk en Navorsing 

• Vandag word die term 'gospel' gebruik vir hierdie tipe liedere. 

Dink aan nog gospei-liedjies. 

Waaroor dink jy sal moderne sangers sing in hul liedjies? 

Hoekom is daar 'n verskil? 

Maak'n lys van gospel-sangers. 

Aktiwiteit 3: 

Om "blues" (spesifiek morna) te ondersoek 

[LU 2.3, 2.4] 

Lees die volgende. Watter gevoel ervaar jy? 

"When I'm feeling blue " / Blou-Maandag: Neerslagtigheid of bedruktheid 

Agtergrondinligting 

Soos werkliedere en spirituals, is die "blues" ook 'n vermenging van Afrika- en Westerse musiek. 

Net soos hierdie twee genres, vertel die lirieke van die "blues" ook die gevoel, vrees en hoop van sangers, 
maar op 'n meer persoonlike manier, aangesien slegs een Sanger sing! 

Solosang is dus 'n kenmerk, in teenstelling met die groepsang in werkliedere en spirituals. 



• Lees eers die storie omtrent Cesaria Evora. 

• Luister dan na 'n opname van Cesaria Evora. 

• Gee dan jou opinie omtrent hierdie musiek. 



53 

"Cesaria Evora kom van die Kaap Verdiese eilande af en staan bekend as die "kaalvoet diva". Die rede 
hiervoor is dat sy gewoonlik tussen optredes kaalvoet op die verhoog verskyn ter ondersteuning van die 
minder bevoorregte vrouens en kinders van haar land. Haar liedere spruit uit haar land se geskiedenis van 
isolasie, slawehandel en emigrasie: meer as die helfte van die mense in die land het reeds na ander lande 
verhuis. 

Die woorde van die liedere is in Portugees-Kreools en die styl word "morna" genoem - 'n tipe "blues", 
aangesien dit ook die swaarkry van die lewe in musiek uitbeeld." 

Ten Slotte: Versamel inligting omtrent hierdie drie style en plak dit in jou leerderjoernaal. Dit kan in 
die vorm wees van CD-omslae, lirieke of prente en algemene inligting. 

3.3.6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte 
en style van die verlede en die hede te reflekteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK 



2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek; 



2.4 m.b.v. 'n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit 
watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik 
word, verduidelik; 



Table 3.10 

3.4 Verskillende tipes drama 4 

3.4.1 KUNS EN KULTUUR 

3.4.2 Graad 6 

3.4.3 KRITIESE EN KREATIEWE DENKE 

3.4.4 Module 12 

3.4.5 VERSKILLENDE TIPES DRAMA 
Drama 

4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24400/l.l/>. 



54 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



3.4.5.1 Aktiwiteit 1: 

3.4.5.2 Om uit te vind oor die verskillende tipes drama:"DIE KIND IN DIE WINKEL" 

3.4.5.3 [LU 2.2] 

• Met hierdie aktiwiteit gaan ons die verskillende tipes drama ondersoek wat in Suid-Afrika voorkom. 
Dit gaan beslis 'n avontuur wees wat jy sal geniet. Daar is ook 'n praktiese aktiwiteit wat baie prettig 
gaan wees. Geniet dit! 

• Voordat ons op ons ontdekkingsreis gaan, kyk ons na die tipes drama wat ons in Suid-Afrika kan kry. 
Drama-genres in Suid-Afrika (tipes drama) 

• Drama - 'n hoogs emosionele en tragiese situasie 

• Storievertelling -vertelling van gebeure 

• Politieke protesteater -dramas geskep om te betoog teen onregverdigheid 

• Klug en komedie -humoristiese toneelstuk gebaseer op onwaarskynlike situasies 

• Musiekblyspele -sang, dans en drama in een opvoering 

• Pantomime -gebarespel opgevoer gedurende Kersfeestyd, gekarakteriseer deur klug, musiek, groot 
stelle en grappe 

Genres: 

Bespreek elkeen van hierdie genres in die klas. 
Tuiswerk 

• Soek na afloop van die bespreking voorbeelde van elkeen van hierdie genres, asook name van toneel- 
stukke, opvoerings, dramaturge, ens. 

• Kies drie genres - enige drie - en identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die drie, bv.: 



Drama 


Komedie 


Musiekblyspel 


ernstigakteurs praat 


snaaksakteurs loop in deure vas 


ernstig en snaaksakteurs sing en dans 



























Table 3.11 



Praktiese Werk 



• Selekteer drie genres wat julle graag wil ondersoek. Verdeel in groepe. Elke groep kry 'n genre om mee 
te werk. Werk aan 'n kort toneeltjie met die volgende reel: 



55 



'n Kind gaan na die winkel om lekkers te koop, maar wanneer 

hy/sy wil betaal, besef hy/sy skielik dat sy/haar beursie weg is. . . 

• Gebruik die volgende kriteria vir die toneeltjie: 

• elkeen in die groep moet 'n rol in die toneel speel 

• die karakters moet 'n motivering vir hulle aksies he 

• dialoog is opsioneel 

• musiek, sang of dans kan gebruik word 

• rekwisiete kan gebruik word 

• gehoorsaam die eienskappe van die genre 

• die voorgeskrewe reel kan in die begin, middel of einde voorkom 

• daar moet 'n klimaks/hoogtepunt wees 

• die toneeltjie moenie langer as vyf minute wees nie 

• Voer die tonele vir die res van die klas op. 

Klasbespreking 

• Bespreek die volgende aspekte na die opvoerings: 

• Het die verskillende groepe aan die genre voldoen? 

• Kon julle die verskillende genres identifiseer met elke opvoering? 

• Hoe kan elke toneeltjie verbeter word? 

Nabetragting 

Voltooi die vraelys. 

1. Watter deel van die aktiwiteit het jy die meeste geniet: die navorsing of die prakties? Waarom? 

2. Watter tipe drama was vir jou die interessantste? Waarom? 

3. Watter tipe drama het jy die meeste geniet om te sien? Waarom? 

4. Van watter tipe drama sal jy meer wil weet? Waarom? 

3.4,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte 
en style van die verlede en die hede te reflekteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



continued on next page 



56 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele 
inhoude, doel en unieke eienskappe; 



DRAMA 



2.2 uitvind oor verskillende tipes drama in die land en verbande volgens oorsprong en ooreenkoms tussen 
party van hulle raaksien; 



MUSIEK 



2.3 m.b.v. beluistering die gebruik van herhaling in die samestelling van Afrika-musiek bespreek; 



2.4 m.b.v. 'n repertorium van geselekteerde liedere uit verskillende kulterele omgewings kan beskryf uit 
watter kulterele gebeurtenis die liedere spruit, en die boodskap van die lirieke en waarvoor die lied gebruik 
word, verduidelik; 



VISUELE KUNSTE 



2.5 die hoofdoel en ontwerp-kwaliteite van kunswerke in die huis, die gemeenskap en openbare plekke 
identifiseer volgens tema, onderwerp en skaal. 



Table 3.12 

3.5 Kwartaal 4 

3.5.1 Stemvoorbereiding 5 

3.5.1.1 KUNS EN KULTUUR 

3.5.1.2 Graad 6 

3.5.1.3 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING 

3.5.1.4 Module 13 

3.5.1.5 STEMVOORBEREIDING 

3.5.1.6 Drama 

Voordat ons kan begin kreatief raak in ons dramaklas, moet jy eers goed opwarm om jou liggaam en stem 
voor te berei vir die opvoering. 

3.5.1.6.1 Aktiwiteit 1: 

3.5.1.6.2 Om onstpannings-, asemhalings-, resonansie-, toon-, en artikulasie-oefeninge uit te 
voer: die opwarming 

3.5.1.6.3 [LU 1.4] 

• Geniet die volgende oefeninge, want dit sal jou nie net help met die voorbereiding van jou "instrumente" 
nie, maar dis ook pret om te doen. 



5 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24606/l.l/>. 



57 

3.5.1.7 Ontspanning: 

Ontspanning is fundamenteel vir die effektiewe gebruik van die liggaam, nie net in drama nie, maar ook om 
daaglikse roetines met maksimale doeltreffendheid te gebruik. 

Ontspanningsoefening 

Skouers 

Strek die arms op so hoog soos jy kan. 

Kyk op. 

Laat val jou arms. 

Herhaal vier keer. 

Skud jou skouers. 

Lig hulle op so hoog soos jy kan. 

Hou vir 'n oomblik. 

Laat sak. 

Herhaal vier keer. 

Rol jou kop versigtig vier keer in die rondte - eers kloksgewys en dan anti-kloksgewys. 

Stel jou voor dat 'n sterk elastiese rek van jou kop, deur jou ruggraat tot by die laaste werwel in jou 

rug loop. 

Stel jou voor die rek word getrek en dat dit jou kop versigtig lig en jou ruggraat reguit maak. 

Laat jou kop en rug versigtig bons en opwaarts strek. 

Laat jou kop na bo 'dryf sonder hulp van jou skouers. 

Gesig 



• Trek die snaaksste en afskuwelikste gesigte wat jy kan. 

• Strek en tuit jou lippe. 

• Bol jou wange. 

• Trek jou oe op skrefies en maak hulle dan wyd oop. 

• Prons en ontspan. 
Beweeg jou kakebeen. 



• 



• Skud jou kop. 
Arms en hande 

• Swaai jou arms soos 'n windmeul. 

• Beweeg jou arms soos 'n voel wat vlieg. 

• Lig jou arms en laat sak asof jy in water is. 

• Skud jou hande en jou vingers. 

• Speel klavier met jou vingers. 

• Draai jou hande vanaf jou gewrigte, kloksgewys en dan anti-kloksgewys. 

Bolyf 



• Asem in deur jou neus. 

• Asem uit deur jou mond, draai jou heupe in die rondte, eers links, dan regs. 

• Staan met jou voete effens uitmekaar en asem in. 

• Strek sover as wat jy kan en, laat sak jou bolyf vorentoe vanaf jou heupe soos jy uitasem, eers jou 
arms, kop, skouers en dan bors. 

• Laat jou rug vorentoe krul. 



58 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



• Laat hang jou kop vir 'n oomblik. 

• Asem in en krul op. 

• Strek op soos 'n kat. 

• Herhaal vier keer. 



Enkels en Voete 

• Skud elke been. 

• Trek elke voet saam en ontspan. 

• Hardloop liggies op die plek op die balle van jou voete. 

• Staan op een been - lig die ander been effens - draai jou voet vanaf die enkel. 

• Ruil bene om. 

• Skop met elke been (soos 'n voetbalspeler). 

• Bons liggies op die balle van jou voete. 

• Verander jou gewig van voet na voet. 

• Strek op en asem in. 

• Staan stil - haal gemaklik asem. 



3.5.1.8 Asemhaling 

Goeie asemhaling is 'n belangrike vereiste vir goeie stemprojeksie. 
Asemhalingsoefening: 

• Staan gemaklik en regop met jou voete van mekaar af. 

• Plaas die agterkante van jou hande op jou lae-ribbes. 

• Maak seker dat jou skouers los is en nie gelig is nie. 

• Asem in, sonder 'n geluid, vir 'n telling van een-twee-drie. 

• Voel hoe die ribbes uitbeweeg en jou hande wegstoot. 

• Asem versigtig uit vir drie tellings. 

• Herhaal ses keer. 



3.5.1.9 Resonansie 

Resonansie is die geluid of klank wat die liggaam kan voortbring. 

Jy is afhanklik van die resonansie-holtes vir die kwaliteit van die klank wat jy voortbring. 
Die resonansie-holtes is die farinks (keel), die mond en die nasale en sinusholtes. 
Asemhaling prikkel die stembande, en die klank kry resonansie in hierdie holtes. 
Resonansie-oefening: 

• Staan regop - arms langs jou sye. 

• Asem natuurlik in en uit 'n paar keer. 

• Asem dan vinnig in deur 'n oop mond, projekteer jou klanke oor die kamer en se hardop 'een'; asem 
in: 'een-twee'; asem in: 'een-twee-drie'; en so aan tot by tien. 



3.5.1.10 Toon 

Toon is die kwaliteit van die klank wat jy maak, die kleur van die stem. 
Toonoefening: 

• Se die volgende reel met jou kakebeen toe, maar jou lippe oop: 

Ek het 'n man ontmoet met 'n piesang in sy oorl 



59 



Die resultaat sal nasaal en wollerig klink. 

Maak jou kakebeen oop en ontspanne. 

S§ weer die reel. 

Se die reel in 'n diep stem. 

Dit sal grof klink, omdat jy jou ken afgetrek het en jou bors uitgesteek het. 

S& weer die reel terwyl jy jou neus toeknyp. 

Dit sal 'n komiese onherkenbare klank he. 



3.5.1.11 Artikulasie 

Artikulasie word bepaal deur die uitspreek van klinkers (vokale) en konsonante. 
Die vokale is: a e i o u 
Die konsonante is die res van die alfabet. 
Oefeninge vir die kakebeen, lippe en tong: 
Die Kakebeen 



• 



Beweeg jou kakebeen van kant tot kant, op en af, vorentoe en agtertoe. 



• Strek jou lippe wyd en tuit hulle. 



Druk jou lippe sover na bo as moontlik en dan af. 
Herhaal ses keer. 



Die Tong 



Steek jou tong uit en trek terug - herhaal ses keer. 

Druk jou tong sover vorentoe as wat jy kan en draai dit in albei rigtings. 

Probeer die tippie van jou neus met jou tong raak. 

Probeer die punt van jou ken met jou tong raak. 

Met jou lippe oop, druk jou tong uit en trek die kante van jou tong op - maak 'n tuit met jou tong 

Herhaal ses keer. 



Die Klanke 

Herhaal hierdie klanke soveel keer as wat jy kan en se dit duidelik en hoorbaar. Geniet dit!: 

• Hah Hoo Hah Hee Ha Hoo Hah Hee 

• Mah Nah Moo Noo May Nay Mee Nee 

• PahBah BahPah PahBah Bah Pah 

• KooGoo GooKoo KooGoo GooKoo 

• DayTay DayTay DayTay TayDay 

3.5.1.12 Opwarmingsoefening: 

Opwarming is nie net om die liggaam te ontspan en die liggaam en verbeelding te oefen nie, maar ook om 
selfvertoue op te doen en jou mede-leerders op dieselfde tyd beter te leer ken. 
Opwarmingsoefening: Rooi, Blou, Geel 

• Sit in 'n sirkel op stoele met 'n ruimte tussen elke stoel. 

• Jou opvoeder sal elkeen van julle 'n kleur gee - blou of rooi. 

• Vir die doel van hierdie oefening is presiese beweging, geen gesukkel en algehele STILTE noodsaaklik. 

• Op die bevel ROOI moet al die Rooies opstaan en op 'n ander stoel gaan sit. 

• Op die bevel BLOU, moet die Bloues 'n ander stoel vind. 

• Op die bevel GEEL, moet almal 'n ander stoel vind. 

• Varieer die beweging van stadige aksie tot vinnige aksies. 

• Daar mag geen kontak wees nie. 



60 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.5.1.12.1 Aktiwiteit 2: 

3.5.1.12.2 Om 'n storie uit Afrika te ontwikkel tot 'n drama: DIE SKILPAD EN DIE AKKEDIS 

3.5.1.12.3 [LU 1.5] 

• Noudat jou liggaam goed opgewarm is en jou stem gereed is, gaan jy 'n drama, gebaseer op 'n storie 
uit Afrika, skep en opvoer. Jou opvoeder gaan vir jou die storie hardop voorlees. 

• Luister aandagtig en probeer die storie visualiseer, terwyl jy daarna luister. 

3.5.1.12.3.1 DIE SKILPAD EN DIE AKKEDIS 

Die Skilpad het al sy sout opgebruik en hy het sy kos sonder sout so smaakloos gevind, dat hy besluit het 
om sy broer te gaan vra of hy nie vir horn sout kan leen nie. Sy broer het baie gehad. 

"Hoe gaan jy dit by jou huis kry?" het hy vir Skilpad gevra. 

"As jy die sout in 'n stuk baslap toedraai en vasmaak met tou, kan ek die tou oor my skouer gooi en die 
pakkie op die grond agter my aansleep," se Skilpad. 

" 'n Wonderlike idee!" roep sy broer uit, en hulle draai die sout netjies toe. 

Skilpad begin sy lang, stadige tog terug huis toe, met die bondel sout wat bom, bom, bom op die grond 
agter horn aansleep. Skielik, met 'n ruk, kom hy tot stilstand en toe hy omdraai, sien hy dat 'n groot akkedis 
op die pakkie sout gespring het en daar sit en horn aanstaar. 

"Loop van my sout af !" roep Skilpad uit. "Hoe verwag jy van my om dit huis toe te sleep met jou daar 
bo-op?" 

"Dis nie jou sout nie!" antwoord die akkedis. "Ek het met die pad afgeloop en toe sien ek die bondel daar 
le, so dit behoort nou aan my." 

"Twak!" se Skilpad. "Jy weet dit is myne, want ek hou dan die tou vas waarmee dit vasgebind is." 

Maar die akkedis hou aan dat hy die pakkie in die pad sien le het en weier om af te klim, tensy Skilpad 
saam met horn na die oudstes van die stam gaan en die saak in die hof verhoor word. 

Arme Skilpad moes instem en saam het hulle na die oudstes van die stam gegaan. Skilpad het eerste sy 
saak gestel en verduidelik dat sy arms en bene so kort is dat hy altyd pakkies agter horn moet sleep. 

Die akkedis stel toe sy saak en se dat hy die pakkie in die pad sien lg het. "As jy iets in die pad optel, 
behoort dit mos aan jou!" se die akkedis. 

Die ou mans het die saak ernstig bespreek vir 'n lang tyd; maar baie van hulle was familie van die akkedis 
en het gedink dat hulle dalk 'n deel van die sout kan kry, daarom het hulle uiteindelik besluit dat die pakkie 
in twee gedeel moet word, en dat elke dier die helfte moes kry. Skilpad was baie teleurgesteld, omdat hy 
geweet het dat dit eintlik sy sout was, maar hy het gesug en hulle die pakkie laat opdeel. 

Die akkedis het onmiddellik die helfte gevat wat met die grootste deel van die lap bedek was, en vir 
arme Skilpad gelos met meeste van die sout versprei oor die grond. Skilpad het tevergeefs sy sout probeer 
bymekaar skraap. Sy hande was te klein en die lap was te klein om dit mee toe te maak. Uiteindelik het hy 
huis toe gegaan, met net 'n klein hoeveelheid van sy deel, toegemaak in blare en die res van die lap, terwyl 
die oudstes van die stam die res opgeskraap het en geneem het na hulle vrouens. 

Skilpad se vrou was baie teleurgesteld toe sy sien hoe min sout hy gebring het en toe hy haar die hele 
storie vertel het, was sy baie omgekrap oor die manier waarop hy behandel is. Die lang, stadige tog het horn 
moeg gemaak, en hy moes vir baie dae rus. 

Maar hoewel Skilpad so stadig is, is hy ook baie slim en het hy uiteindelik aan 'n plan gedink om die 
akkedis te uitoorle. Hy groet toe sy vrou en durf die pad na die akkedis se huis met 'n glinster in sy oog 
aan. Na 'n lang tyd sien hy die akkedis wat besig is om 'n maaltyd van vlieende miere te geniet. 

Stadig en stil bekruip Skilpad die akkedis van agter en plaas sy hande op die middel van die akkedis se 

lyf- 

"Kyk wat het ek gekry!" roep Skilpad uit. 
"Wat doen jy?" vra die verwilderde akkedis. 

"Ek het rustig met die pad afgeloop toe ek iets sien wat daar le," verduidelik Skilpad. "Toe tel ek dit op 
en nou behoort dit aan my, net soos jy my sout opgetel het die ander dag." 



61 

Die akkedis probeer homself los wikkel en beveel Skilpad om horn vry te laat, maar Skilpad dring daarop 
aan dat hulle hof toe gaan sodat die oudstes van die stam 'n uitspraak kan gee. 

Die ou mans het belangstellend na albei kante van die saak geluister, en toe se een: "As ons regverdig 
moet wees, moet ons dieselfde uitspraak lewer soos met die sout." 

"Ja," se die ander, en knik hulle wit koppe, "ons het die sak sout in twee gesny, daarom moet ons die 
akkedis ook in twee sny, en Skilpad kan die helfte kry." 

"Dit klink regverdig", antwoord Skilpad, en voordat die akkedis kon ontsnap, het hy 'n mes van een van 
die oudstes se gordel gegryp en die akkedis in die helfte deur gesny. Dit was die einde van die gulsige akkedis. 

Nadat jou opvoeder die storie gelees het, volg die riglyne om jou toneelstukkie van "Die Skilpad en die 
Akkedis" te skryf. 

Die volgende vorm kan jou dalk van hulp wees om jou drama te struktureer. 

• Die storielyn: 



Die plekke/tonele waar die aksie plaasvind: 



• Die karakters: 



• Die rekwisiete: 

1. Skryf van die toneelstuk 

• Volg die riglyne en skryf jou eie drama, gebaseer op hierdie storie. 

• Onthou om toneel aanwysings in te sluit. 

• Jy kan die dialoog van die storie gebruik of jou eie dialoog skep. 

2. Die Opvoering 

• Jou opvoeder sal 'n aantal toneelstukke kies wat deur julle geskryf is. 

• Die klas sal opgedeel word in groepe, afhangende van die aantal toneelstukke wat gekies is. 



Vul die volgende portefeuljes in: 





NAME 


- karakters (rolle) 




- regisseur 




- rekwisietemeester 




- verhoogassistente 




- souffleur 





Table 3.13 



• Oefen julle toneelstuk. 

• Voer jou toneelstuk op vir die res van die klas. 



3.5.1.13 Assessering 



62 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die 

kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



1.1 demonstreer toenemende vaardighede en begrip van opwarming tydens liggaamsvoorbereiding, inslui- 
tend: 



• die ontwikkeling van ruggraatbuigsaamheid en krag; 



• die beheerde en ontspanne gebruik van die gewrigte, veral die kniee, heupe en enkels; 



1.2 improviseer en skep dansreekse wat die volgende gebruik: 



passies en style uit verskillende Suid-Afrikaanse dansvorms; 



kostuums, rekwisiete, beelde en musiek; 



wisselende energie, soos spanning en ontspanning, stilte en vloeiing; 



• persoonlike en algemene ruimte; 



1.3 leer, interpreteer en voer danse uit die Suid-Afrikaanse kultuur bevoeg en in die gepaste styl op. 



continued on next page 



63 



DRAMA 

1.4 voer eenvoudige ontspannings-, asemhalings-, resonansie-, toonhoogte- en artikulasie-oefeninge uit 
wanneer die stem en liggaam opgewarm en afgekoel word; 



1.5 gebruik Afrikastories om drama te ontwikkel wat: 



'n duidelike intrige het; 



• kernmomente uitlig; 



geloofwaardige karakters bevat; 



ruimte doeltreffend gebruik; 



Table 3.14 

3.5.2 Om met toenemende vaardigheid op te warm 6 

3.5.2.1 KUNS EN KULTUUR 

3.5.2.2 Graad 6 

3.5.2.3 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING 

3.5.2.4 Module 14 

3.5.2.5 OM MET TOENEMENDE VAARDIGHEID OP TE WARM 

3.5.2.6 Dans 

Voordat jy enige van die aktiwiteite kan uitvoer, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefening sal 
verhoed dat jy gedurende die dansbewegings seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer. 

3.5.2.6.1 Aktiwiteit 1: 

3.5.2.6.2 Om met toenemende vaardigheid op te warm 

3.5.2.6.3 [LU 1.1] 

• Voordat jy enige van die aktiwiteite kan uitvoer, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefeninge 
sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer. 

Voorbereiding - staan met jou voete 'n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye. Onthou: 

• Dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word, te isoleer. 

• Korrekte liggaamslyne sal beserings verhoed. 

• Beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf. 



6 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24607/l.l/>. 



64 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

Asemhalingsoefening 

• Asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op. 

• Strek jou ruggraat. 

• Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat jou arms geleidelik sak. 

• Herhaal asemhalingsoefening. 

• Staan met jou voete 'n heupwydte van mekaar af, kniee effens gebuig, arms langs jou sye. 

Kop- en nek-isolasies 

• Staan met jou voete 'n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye. 



Sak en lig jou kop, van kant tot kant (herhaal agt keer). 

Maak halfsirkels met jou kop van regs na links, dan links na regs (herhaal agt keer): 

moenie enige ander deel van jou liggaam beweeg nie; 
hou voete stewig op die vloer; 
moenie jou kniee sluit nie. 



Skouer-isolasies 

Lig jou regterskouer, laat sak, lig dan jou linkerskouer, laat sak. (herhaal agt keer). 
Draai regterskouer, dan linkerskouer. (herhaal agt keer). 
Kombineer kop- en skoueroefeninge: 

kop op, af, regs, links, draai 
skouers op, af, draai 
herhaal agt keer 

Moenie die res van jou liggaam beweeg nie. 

Probeer jou skouers so hoog as moontlik oplig sodat die strek effektief kan wees. 

Moenie jou kop beweeg nie; kyk vorentoe. 

Beweeg van kant tot kant op een plek. 

Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek, terwyl jy nog steeds van kant tot kant 

beweeg op een plek (herhaal agt keer). 

Hou beweging - laat sak jou arms - draai skouers om die beurt (herhaal agt keer). 

Hou beweging - draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer). 

Buig en maak kniee reguit - stoot boude uit - kniee en voete wys vorentoe (herhaal agt keer). 

Stap op die plek op maat van die musiek vir agt tellings. 

Stap vorentoe vir vier tellings. 

Stap agtertoe vir vier tellings. 

Herhaal agt keer. 

Voeg armbewegings by die stapaksie: 

arms reguit, op en af na die kant, voor, bo die kop 

arms gebuig by die elmboog, opgelig op en af voor, na die kant en af 

swaai arms vorentoe en agtertoe terwyl jy stap 

maak sirkelbewegings met die arms. 



65 



Dyspieropwarming 



Bly op een plek en lig jou kniee om die beurt op en af. 

Herhaal agt keer. 

Beweeg vorentoe terwyl jy jou kniee lig (vier keer). 

Beweeg agtertoe terwyl jy jou kniee lig (vier keer). 

Herhaal agt keer. 

Voeg armbewegings by terwyl jy vorentoe en agtertoe beweeg. 



Hamp eesop war ming 



Tree na die regterkant (kyk vorentoe), lig linkerbeen op agter jou, buig jou knie. 

Tree na links (kyk vorentoe), lig jou regterbeen op agter jou, buig jou knie. 

Herhaal agt keer. 

Tree vorentoe terwyl jy jou been agtertoe oplig (vier keer). 

Tree agtertoe (vier keer). 

Voeg armbewegings by. 



Rugopwarming 

• Buig jou kniee - voete en kniee vorentoe, boude uit, plaas jou hande op jou kniee, trek jou rug op (soos 
'n kat) en ontspan (herhaal agt keer). 

Leun 

• Bly in vorige posisie - lig tone om die beurt - hou hakke op die vloer (herhaal agt keer). 

• Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer). 

• Maak bene wyer oop - sit jou hande op jou heupe - voete en kniee wys na buite - leun van kant tot 
kant - hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer). 

• Leun na regs en hou strek vir vier tellings. 

• Leun na links en hou strek vir vier tellings. 

• Kom terug in plie-posisie (kniee gebuig, kniee en voete na buite) - hande op heupe - buig en maak 
kniee reguit (herhaal agt keer). 

• Hou bene oop en kniee gebuig en lig jou voete om die beurt terwyl jy op een plek bly (herhaal agt 
keer) . 

• Bring voete na mekaar toe en stap op die plek (agt tellings). 

• Stap op een plek met voete bymekaar en dan oop vir agt tellings 

• Stap op een plek - lig arms op en af (herhaal agt keer) . 

• Stap op een plek - herhaal asemhalingsoefening. 

Die opwarming moenie minder as drie minute en nie langer as vyf minute wees nie. Jy moet normaal regdeur 
hierdie oefening asemhaal. 

3.5.2.6.4 Aktiwiteit 2: 

3.5.2.6.5 Om danse van Suid-Afrika te skep: DIE "GUMBOOT"-DANS 

3.5.2.6.6 [LU 1.2] 

3.5.2.7 Agtergrond: 

"Gumboot"-danse was geskep in die goudmyne gedurende die Suid-Afrikaanse Apartheid-era. Die mynwerkers 
het rubberstewels in die myne gedra en 'n uitbundige en baie fisiese dans ontwikkel gedurende hulle aftye, 
met invloede van Duitse volksdanse, tradisionele Zulu-bewegings en westerse invloede. 



66 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Die mynwerkers in die myne is verhoed om met mekaar te praat en dus het hulle 'n unieke manier van 
kommunikasie ontwikkel deur hulle rubberstewels te slaan en hulle enkelkettings te ratel. 
Die musiek: 

• Verwys na Graad 6 Module 4: Musiek. 
Die kostuum: 

• Dra 'n sweetpakbroek om jou bene te beskerm wanneer jy gedurende die dansbewegings teen jou bene 
klap. 

• Dra 'n paar rubberstewels wat driekwart van jou been beskerm. 

• Dra twee of drie pare sokkies/kouse onder die stewels om jou enkels te beskerm. 

Die postuur/liggaamshouding: 

• Effens gebuig - soos in 'n sitposisie. 
Die inleidende beweging: 

• Bolyf reguit en stil. 

• Bene swaai van kant tot kant. 




Figure 3.4 



Die 'vee'-beweging: 



• Neem een voet terug en vee die vloer met jou voet soos jy die been terug bring na die beginposisie. 

• Ruil bene om. 




Figure 3.5 



Die 'kantklap op die stewel': 

• Lig een been effens van die vloer af op na die kant - buig knie effens - buig liggaam effens vorentoe. 

• Klap die kant van die stewel soos die been opkom. 



67 
• Bring been af en maak liggaam reguit. 




Figure 3.6 



Hierdie bewegings is die fundamentele dansbewegings 
Die aandag-sekwens 

• Hersien weer die fundamentele dansbewegings. 

• Fokus op die kantklap van die stewel. 

• Voer die aandag-sekwens uit en deel dit op in drie dele: 



• die regter-beweging 

• die regter-linker-beweging 



die een-aandag! twee-aandag!-sekwens 



• Verwys na die danstranskripsie van die aandag-sekwens. 

• Herhaal die sekwens soveel keer as moontlik. 



Transkripsie van die aandag-sekwens: 



• 



Stamp regtervoet op die grond. 
Stamp linkervoet op die grond. 



Regterhand klap die regterstewel - voet gelig van die grond af. 



• Stewels teenmekaar. 



Klap hande voor die liggaam. 

Regtervoet stamp op die grond. 
Linkervoet stamp op die grond. 
Altwee voete stamp op die grond. 

Linkerhand slaan linkerstewel (voet op grond). 
Regterhand slaan regterstewel (voet op grond). 
Regterhand klap op regterstewel (voet gelig van grond af). 



68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



• 



Linkerhand klap op die linkerstewel (voet gelig van die grond af). 



• Stewels saam. 

• Linker- en regterstewels beweeg na mekaar. 

• Regterhand klap, dan linkerhand klap op linkerstewel (voet van grond af). 

• Regterhand klap, dan linkerhand klap op regterstewel (voet gelig van grond af). 

• Linkerstewel skop regterstewel. 

• Regterstewel skop linkerstewel. 

• Linkerstewel swaai na regterstewel. 

• Regterstewel swaai na linkerstewel. 

• Regterstewel (gelig van die grond af) slaan op die binnekant met linkerhand. 

• Linkerstewel (gelig van die grond af) slaan op die binnekant met die regterhand. 

• Klap hande voor liggaam. 

• Regterhand beweeg op na voorkop - asof jy 'n keppie vashou. 

• Regterhand af langs sy. 

Herhaal sekwens. 

3.5.2.7.1 Aktiwiteit 3: 

3.5.2.7.2 Om die spiere af te koel en te strek na afloop van die oefeninge 

3.5.2.7.3 [LU 1.3] 

• Dit is belangrik om die spiere wat gedurende die oefeninge gebruik is te strek, anders sal jy stywe spiere 
vir die volgende drie dae ervaar. 

Kies musiek met 'n stadige tempo. 

• Le op jou rug op die vloer - arms bo jou kop uitgestrek - bene reguit. 
Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (hou strek vir agt tellings en ontspan). 
Bring arms af na sye. 

Buig jou kniee, maar hou jou voete op die vloer. 

Bring een been na jou bolyf - trek die been met albei hande na jou bolyf toe - jou knie is nog steeds 
gebuig (hou vir agt tellings). 

Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strek forseer nie) (hou vir agt 
tellings). 

Ruil bene om. 

Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande - lig jou kop en skouers effens 

(hou vir agt tellings). 

Maak albei bene reguit - hande agter jou kniee -beweeg jou voete - trek jou reguit bene stadig na jou 
kop totdat jy die strek agter jou bene voel (hampees) - hou strek vir agt tellings. 

Maak jou bene toe - hou bene reguit - beweeg jou voete - hou strek vir agt tellings. 

Laat sak jou bene na links - hou jou bolyf en skouers op die vloer - arms uitgestrek na die kante. 



• 



• 



69 

• Ruil om na regterkant. 

• Bring bene weer na middel - sit regop - kniee gebuig - hande op kniee - maak jou rug reguit - trek 
jou bolyf deur jou bene met jou hande op jou kniee. 

• Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig. 

• Krul stadig op - hou bene gebuig - en laat jou kop laaste opkom. 

• Skud alle ledemate. 

• Alle strekke moet vir agt tellings gehou word. 

• Die afkoel en strek moet nie korter as drie minute en nie langer as vyf minute wees nie. 

• Alle strekke moet stadig uitgevoer word om beserings te vermy. 

3.5.2.8 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die 

kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



1.1 demonstreer toenemende vaardighede en begrip van opwarming tydens liggaamsvoorbereiding, inslui- 
tend: 



• die ontwikkeling van ruggraatbuigsaamheid en krag; 



• die beheerde en ontspanne gebruik van die gewrigte, veral die kniee, heupe en enkels; 



1.2 improviseer en skep dansreekse wat die volgende gebruik: 



passies en style uit verskillende Suid-Afrikaanse dansvorms; 



continued on next page 



70 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



kostuums, rekwisiete, beelde en musiek; 



wisselende energie, soos spanning en ontspanning, stilte en vloeiing; 



persoonlike en algemene ruimte; 



1.3 leer, interpreteer en voer danse uit die Suid-Afrikaanse kultuur bevoeg en in die gepaste styl op. 



Table 3.15 

3.5.3 Om ruimte deur perspektief te verken 7 

3.5.3.1 KUNS EN KULTUUR 

3.5.3.2 Graad 6 

3.5.3.3 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING 

3.5.3.4 Module 15 

3.5.3.5 OM RUIMTE DEUR PERSPEKTIEF TE VERKEN 

Visuele Kuns 

Goeie dag! Ons hoop jy gaan die volgende program geniet - jy gaan daarna anders na huise en geboue 
kyk! 

Aktiwiteit 1: 

Om ruimte deur perspektief te verken 

[LU 1.7] 

• Jy het al met kleur, lyn, toonwaardes, patroon, kunsvorme en ook skaal kennis gemaak. 

• In hierdie leereenheid sal daar op skaal en perspektief gefokus word. Ruimte en perspektief sal 

verder verken word in 'n projek waar twee- en drie-dimensionaliteit gekombineer word. 

• 'Perspektief is 'n metode om die gevoel van ruimte en afstand in 'n prent te skep. 

Jou opvoeder gaan jou help om die volgende te doen: 

STAP 1 

Kyk eers na die parallelle lyne in die klas. Kyk byvoorbeeld na die bo- en onderkante van die deur en 
die vensters. Die lyne waar die muur by die plafon en die vloer aansluit, is ook parallel. Dit beteken dat die 
afstand tussen die plafon en die vloer aan die een kant van die muur presies dieselfde as die afstand aan die 
ander kant is. Kyk na die prentjie van 'n gebou hieronder en trek dan met die liniaal strepe op die grond, 
die onder- en bokante van die deur(e) en venster(s), die onderste deel van die dak en die boonste deel van 
die dak. 



7 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m25866/l.l/>. 



71 











— — 












- - 


□ 


-1 








LI 







Figure 3.7 



STAP 2 

Soek 'n foto van 'n huis of gebou wat vanuit 'n skuinshoek gesien word. Huisagente se pamflette of die 
huisgids in die koerant kan hier van groot hulp wees. Plak die foto op 'n bladsy. Trek weereens dieselfde 
lyne soos in Stap 1, maar trek die lyne verby die huis of gebou se einde. Wat gebeur met die lyne? Verleng 
nou die lyne tot hulle by een punt bymekaar kom. Dit mag dalk van die bladsy af gebeur. 




Figure 3.8 



STAP 3 

Teken eers die voorkant van 'n huis in potlood. Trek dan horisontale en parallelle lyne deur die volgende 
dele van die huis: die bokant van die dak, die onderkant van die dak, die bo- en onderkante van die vensters 
en deur(e) en die onderkant van die muur op die grond. Die tekening mag slegs in lyn gedoen word. Trek 
nou 'n vertikale lyn aan die kant van die huis en plaas 'n kolletjie op elke plek waar die horisontale lyne met 
die vertikale lyn kruis. 



7 V 

— i — i — n — r~~ i — r I — ' — ' 

— ! 1 — I — I a — I 1 

I — I i — 



Figure 3.9 



72 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



STAP 4 

Neem 'n ander bladsy en kopieer aan die regterkant van die bladsy die vertikale lyn met die kolletjies 
wat jy in die vorige stap gedoen het. Trek dan 'n horisontale grondlyn aan die onderkant , waar die laagste 
kolletjie op die vertikale lyn 16, dwarsoor die bladsy. Maak aan die linkerkant van die bladsy 'n kolletjie 
op daardie grondlyn. Hierdie kolletjie aan die linkerkant moet dan deur middel van sagte potloodlyne met 
die kolletjies op die vertikale lyn verbind word. Die res van die huis kan daarna deur middel van verdere 
vertikale lyne geteken word. Hierdie metode kan herhaal word om 'n klomp huise langs mekaar, of selfs 'n 
hele straat van huise, te skep. 




Figure 3.10 



Aktiwiteit 2: 

Om 'n straat van huise in perspektief te skep 

[LU 1.7] 

• Nou gaan jy meer huise in perspektief teken en dieselfde tegniek gebruik! Jou opvoeder sal weer help: 

Stap 1 

Trek 'n horisontale lyn amper aan die onderkant van die papier, wat dwars gedraai is. Maak dan 'n 
kolletjie min of meer in die middel van daardie lyn. Herhaal die proses in Stap 4 van die vorige aktiwiteit 
aan beide kante van die papier om sodoende 'n straattoneel te skep. In die agtergrond kan jy lug met wolke, 
berge of borne inteken om die toneel te voltooi. Daarna moet jy dele van die huise aan die voorkant van 
jou tekening, naaste aan jou, toeplak met riffelkarton. Laastens kan jy pastelle, kryte, verf of 'n kombinasie 
daarvan gebruik om kleur aan die prent te gee. 



73 




Figure 3.11 



Onthou dat warm kleure vorentoe kom en koue kleure agtertoe beweeg. Gebruik dus die warmer kleure 
voor en die koue kleure na agter om die gevoel van afstand nog verder te beklemtoon. 

Hierdie straattoneel kan op groter skaal as agtergrond vir 'n poppeteater dien of, op 'n baie groot skaal, 
as agtergrond vir 'n drama-opvoering. 



/ \ 


SB 


□ 


H 



Figure 3.12 



Leeruitkomstes(LUs) 




LU 1 


SKEPPING, INTERPRETERING EN 

kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer 


PRESENTERINGDie 


leerder 


kan 


in 


elk 


van 


die 












continuec 


on 


next 


page 



74 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



VISUELE KUNSTE 



1.7 omskep visuele inligting in gestruktureerde komposisies op werklike of denkbeeldige Suid-Afrikaanse 
situasies wat individueel geselekteer is, deur gebruik te maak van beskikbare materiaal en gepaste tegnieke 
in sowel tweedimensionele as driedimensionele werk. 



Table 3.16 

3.5.4 Om 'n eenvoudige melodie te lees 8 

3.5.4.1 KUNS EN KULTUUR 

3.5.4.2 Graad 6 

3.5.4.3 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING 

3.5.4.4 Module 16 

3.5.4.5 OM 'N EENVOUDIGE MELODIE TE LEES 

Musiek 

Aktiwiteit 1: 

Om eenvoudige melodiee te lees 

[LU 1.6] 

Stap 1 

Luister na gedeeltes van "I just can't wait to be king" en "Can you feel the love tonight?" uit "Lion King" 

Stap 2 

Kan jy die volgende twee frases saamsing? 

" I'm gonna be a mighty king, so enemies beware!" en 

" Can you feel the love tonight, the peace the evening brings?" 

Stap 3 

Trek 'n grafiek van die twee melodiee om styging en daling (toonhoogte) uit te beeld: 



I'm gonna be a mighty king, so enemies beware! 



Can you feel the love tonight, the peace the evening brings? 



Table 3.17 



Stap 4 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m25973/l.l/>. 



75 




JmmJgE 



Figure 3.13 



Gee die lettername van die note op die lyne: 

Gee die lettername van die note in die spasies: 

Stap 5 

Bestudeer die gegewe notasie en voer dan die opdragte uit: 

(i) Teken grafieke van die gegewe notasie- voorbeelde. 

Is daar enige ooreenkomste met die grafieke in STAP 3? 

Stap 6 

(ii) Kies die regte titel vir elke notasie- voorbeeld. 

Stap 7 

(iii) Voeg die lettername van die note by. 




Qtw gou feel 
the love 
tonight? 

I just can't 

wait to Be 

king! 



Figure 3.14 



TITEL: 



76 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



J r i r r r ^i^ PPP 



Figure 3.15 



TITEL: 



Grafiek 










Lettername 











Table 3.18 



Figure 3.16 



Grafiek 










Lettername 











Table 3.19 



Aktiwiteit 2: 

Om handtegnieke vir trom te ondersoek 

[LU 1.6] 



77 



®$M®£ 




Figure 3.17 



Speel op 'n Djembe! As jy nie een tot jou beskikking het nie. 






as 



*tv 



e % 



tn&ak 'n from 

LLggaam.bpeX.ku.teie. 



**&** 

vom 



Figure 3.18 



Hoe verkry ons klank op strykinstrumente? 

• Sodra 'n mensdie strykstok oor die snaar trek (stryk), vibreer die snaar. Dit veroorsaak klank! Hoe 



78 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



langer die snaar is, hoe laer is die klank; hoe korter die snaar, hoe hoer is die klank. 

• Om die snare korter of langer te maak, druk die linkerhand op die snare. 

Hoe verkry ons klank op 'n blaasinstrument? 

• Sodra in die pyp geblaas word, vibreer die lug binne in die pyp. Dit veroorsaak klank! 

• Deur die gate oop of toe te maak, verander die toonhoogte. 

• Hoe langer die lugkolom, hoe laer is die klank; hoe korter die lugkolom, hoe hoer die klank. 

Hoe verkry ons klank op 'n trom? 

• Die lugkolom binne in die trom vibreer as op die tromvel gekap word. 

• Die toonhoogte word bepaal waar jy op die tromkop kap: 

- In die middel - laer basklank 

- By die kant - hoer klank 

• Daar is heelwat tegnieke in die speel van handtromme. Dit wissel van area tot area, trom tot trom. 

• Ons gaan volstaan met die volgende twee moontlikhede: 

- Met die volhand, oop en plat, (kap-aksie) in die middel van die tromkop: lae klank ("bass") 

- Met al die vingers aan die kant van die tromkop: hoe klank ("tone"). 




Figure 3.19 



Handtegiek en Vingertegniek 
Oefen die volgende moontlikhede: 



R 


L 


r 


1 


Regterhand (plat- 
hand). - Middel van 
trom (lae klank). 


Linkerhand (plat- 
hand). - Middel van 
trom (lae klank). 


- Regterhand (vingers). 

- Kant van tromkop 
(hoe klank). 


- Linkerhand (vingers). 

- Kant van tromkop 
(hoe klank). 



Table 3.20 



Aktiwiteit 3: 

Om eenvoudige ritme-patrone op trom te speel 

[LU 1.6] 



79 



RITMBIS PIEHARTKLOP van afrika 





A?4 4?4 

fkf*f 



Figure 3.20 



Hoe klink 'n mens se hartklop? (laaank-kort) 

Aktiwiteit 4: 

Om musikale frases te improviseer 

[LU 1.6] 

Stap 1 (inleidend) 



PRATBNPB TROMME van afrika 

Laatjou trom die praatwerk doen! 



Hoe gaan dit? 




Waar woon jy? 



Figure 3.21 



PATRONE 



80 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Kan jy die volgende ontsyfer EN speel? 



1 


2 


3 


4 


1 


2 


3 


4 


R 








R 








R 




L 




R 




L 




R 


L 






R 


L 






1 


R 


1 


r 


L 


R 


1 


r 


1 




1 


r 


L 




1 


r 




1 


r 


1 




1 


r 


1 


1 


R 






1 


R 






R 


1 


r 


1 


R 


1 


r 


1 



Probeer nou twee patrone kombineer: 



Lied van die Dobbelsteen: 
Benodigdhede: 



Table 3.21 



1 


2 


3 


4 


1 


2 


3 


4 


R 




L 






1 


r 


1 


1 


R 






L 


R 


1 


r 




1 


r 


1 


R 




L 




R 


L 






R 




L 




R 


1 


r 


1 


R 


1 


r 


1 


R 








1 


R 







Table 3.22 




Figure 3.22 



Voorbereiding: 

Verdeel in ses groepe: nommers 1 tot 6. 

Elke groep skep 'n ritme-patroon in vier maatslag (agt tellings in totaal). 

Besluit watter handtegnieke julle gaan gebruik. 



81 

Besluit waar julle dinamiek gaan gebruik: hard of sag, crescendo (geleidelik harder) of diminuendo 
(geleidelik sagter). 

OEFEN die patroon totdat julle dit ken! Tel hardop saam. 

Die komposisie: 

Juffrou (of leerders) gooi die dobbelsteen 'n paar maal en skryf die volgorde van die nommers op die bord 
neer. 

Die groepe speel nou in die volgorde wat deur die dobbelsteen bepaal is. Bv. 16 4 12 5 1 ens. 

Hierdie tipe musiek is in werklikheid Kansmusiek, een van die genres van 20ste eeu se klassieke musiek. 
Daar word ook selfs beweer dat Mozart soms hierdie metode gebruik het! 

Moenie tussenin stop nie! Tel nog steeds 1-2-3-4-1-2-3-4- ens. 

Om te eindig: Al die groepe speel saam hulle patrone twee maal. Luister na jou opvoeder - sy sal aandui 
hoe om geleidelik vinniger en harder te speel om sodoende op 'n hoogtepunt te eindig. Almal eindig met 
hulle hande in die lug! 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die 

kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK 



1.6 fokus op 'n verskeidenheid Suid-Afrikaanse musiekvorms; 



• improviseer en skep musiek frases met die stem en/of instrumente wat dinamika, artikulasie, toon- 
hoogte en ritmiese patrone verken; 



speel eenvoudige ritmiese patrone op 'n trom of soortgelyke instrument; 



• verken en gebruik tromslag-handtegnieke, so verken en gebruik handtegnieke vir trom (hand- en 
vingertegniek) die basis van die handpalm, die oop handpalm, en gedemp; 



continued on next page 



82 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



• lees en sing of speel die toonleer en eenvoudige melodiee in C majeur. 



Table 3.23 



ATTRIBUTIONS 83 

Attributions 

Collection: Kuns en Kultuur Graad 6 

Edited by: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.0rg/content/colllOO6/l.l/ 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Visuele kuns: Kleur" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24307/l-l/ 

Pages: 1-3 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om 'n kanon te sing" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24308/l-l/ 

Pages: 3-10 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om dialoog met 'n maat te ontwikkel" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24309/Ll/ 

Pages: 10-14 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Opwarmings- en vaardigheidsbou" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24313/Ll/ 

Pages: 14-16 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om rituele te identifiseer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24336/l-l/ 

Pages: 17-23 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om die belangrikheid van rituele te verduidelik" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24381/Ll/ 

Pages: 23-26 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



84 ATTRIBUTIONS 

Module: "Om 'n bepaalde ritueel na te vors" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24382/l-l/ 

Pages: 26-30 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Om maskers as artefakte vir rituele te skep" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24386/l-l/ 

Pages: 31-39 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Historoese agtergrond van die danse van ouer mense" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24389/Ll/ 

Pages: 41-44 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om kunsvorme in die alledaagse lewe te klassifiseer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24408/l-l/ 

Pages: 44-48 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Musiek wat swaarkry uitbeeld" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m25971/Ll/ 

Pages: 48-53 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Verskillende tipes drama" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24400/l-l/ 

Pages: 53-56 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Stemvoorbereiding" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24606/l-l/ 

Pages: 56-63 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om met toenemende vaardigheid op te warm" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24607/l-l/ 

Pages: 63-70 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



ATTRIBUTIONS 85 

Module: "Om ruimte deur perspektief te verken" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m25866/l-l/ 

Pages: 70-74 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Om 'n eenvoudige melodie te lees" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m25973/l-l/ 

Pages: 74-82 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



About Connexions 

Since 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials and 
make them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching and 
learning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors and 
lifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities. 

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12 
schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, including 
English, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is part 
of an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexions 
has partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed course 
materials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.